Karië

Karië (van Loewiaans Karoewa wat styl land beteken, Antieke Grieks: Καρία) was 'n streek van wes-Anatolië, vanaf die kus van mid-Ionië (Mykale) suidwaarts tot Lycië en ooswaarts tot Frigië.

Karië
Ligging van Karië
Karië
Antieke teater te Kaunos, Karië

Die inwoners van Karië, wat weens hul tuisland as Kariërs bekend gestaan het, was reeds lank voor die Grieke in Karië aanwesig. Volgens Herodotos se beskrywing was hulle van Minoïese afkoms, terwyl die Kariërs hulself beskryf het as komende van die Anatoliese vasteland, met uitgebreide seevarende belange, en as bloedverwante van die Mysiërs en die Lidiërs.

Die Kariese taal is in 1980 deur John Ray ontsyfer en blyk 'n Anatoliese taal te wees, soos die naburige tale van Lisië, Lidië ens. Ook in noue verband met die Kariërs was die Lelegers, wat 'n vroeëre benaming vir die Kariërs kon wees, of vir 'n volk wat hulle in die streek voorafgegaan het en voortbestaan het as 'n ondergroep van hul gemeenskap, na bewering in 'n hoedanigheid van laer status.

Die Ioonse en Doriese Grieke het die weste daarvan gekoloniseer en het die Kariese bevolking aangevul om Grieks-oorheersde state daar te vorm.

Verwysings

Sien ook

Tags:

AnatoliëAntieke GriekelandFrigiëIoniëLycië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HomofoonNicole StraussSeksuele opwekkingSinoniemLys van Afrikaanse skrywersDemokrasieStaalGewone breukeJo BlackKaapstadse waterkrisis 2015-2018KonjunktivitisWoordLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)EuropaGemeenskapLetterkundeKriekLeierFinansiële staatEkonomiese sektorKlein-KarooEkonomie van Suid-AfrikaLys van nedersettings in Suid-AfrikaSeekatRonelda KamferToestand van materieBernice WestMuskietNatuurKappie (skryfteken)Toekoms van die AardeSwartkwasmuishondWaterbesoedelingTydsoneSpringbokkeKoppeltekenAtoomWeervoorspellingTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)Drie-eenheidKolitisHemelvaartsdagInnes en Franna BenadéKasteel die Goeie HoopWortelPampoentjiesMigrasie van voëlsBysteekSeevlakstygingFinale OplossingProteïenAsiëLiewe HeksieNatuurrampCovid-19-pandemieGroot vyfBek-en-klouseerMateriaalWolkMaselsSirkelLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaBoontjieSoogdierSkaakViëtnamoorlogMensPseudowetenskapWithaaiWaarheid-en-versoeningskommissieRelatiwiteitsteorieDistrik SesBosluisbytkoorsSeevlakMiddeloorontstekingOranjerivierImmunologieFamilie (verwantskap)🡆 More