Karel die Stoute (Dijon, 10 November 1433 – Nancy, 5 Januarie 1477) was die hertog van Boergondië, Brabant, Limburg en Luxemburg, en die graaf van Vlaandere, Artesië, Henegouwen, Holland, Zeeland en Namen.
Hy was die seun van Filips die Goeie en Isabella van Portugal. Sy naam verwys na sy durf oftewel "stoutmoedigheid", en nie na sy onvanpaste gedrag nie.
Karel die Stoute | |
---|---|
Hertog van Boergondië, Brabant, Limburg en Luxemburg Graaf van Vlaandere, Artesië, Henegouwen, Holland, Zeeland en Namen | |
Karel die Stoute Rogier van der Weyden (1460) | |
Dinastie | Valois |
Bewind | 15 Junie 1467 – 5 Januarie 1477 |
Gebore | 10 November 1433 |
Dijon, Boergondië, Frankryk | |
Gesterf | 5 Januarie 1477 |
Nancy, Lotaringe, Frankryk | |
Voorganger | Filips die Goeie, hertog van Boergondië |
Opvolger | Maria |
Eggenote | Catherine van Frankryk |
Isabella van Bourbon | |
Margareta van York | |
Kinders | Maria |
Vader | Filips die Goeie |
Moeder | Isabella van Portugal |
Hy vestig die rekenkamer en die parlement in Mechelen. Karel het een dogter, Maria, maar geen seuns gehad nie.
Karel het verskeie tale gepraat. Hy was bekend as 'n uitmuntende, maar soms wreedaardige militêre aanvoerder. Hy was begerig om 'n ambisieuse ryk op te bou wat van die Middellandse See tot aan die Noordsee strek, in navolging van die ou koninkryk van Lotharius. As deel van hierdie projek het hy die Hertogdom Lotaringe in 1477 ingeval, waar hy tydens die Slag van Nancy omgekom het.
Hy is in die Onze-Lieve-vrouekerk in Brugge begrawe.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Karel die Stoute, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.