Peniskanker

Peniskanker is ’n kwaadaardige groeisel aan die vel of weefsel van die penis.

Sowat 95 persent van peniskankers is plaveiselselkarsinoom (PSS). Ander soorte is taamlik skaars.

Peniskanker
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10 C60
ICD-9 187
DiseasesDB 29392
MedlinePlus   001276
MeSH D010412
Peniskanker Mediese waarskuwing

Klassifikasie

Plaveiselselsarkinoom word in die volgende soorte geklassifiseer:

  • Basaloïed (4%)
  • Vratagtig (6%)
  • Gemeng vratagtig/basaloïed (17%)
  • Vol vratte (8%)
  • Tepelvormig (7%)
  • Ander PSS gemeng (7%)
  • Sarkomatoïed (1%)
  • Ander, nie gespesifiseer (49%)

Vorming en simptome

Soos baie ander kwaadaardige gewasse kan peniskanker deur die liggaam versprei. Dit is gewoonlik die primêre bron van kanker, wat beteken die kanker ontstaan in die penis. Dit is selde ’n sekondêre kwaadaardigheid, wanneer die kanker van ’n ander plek na die penis versprei.

Die menslike papilloomvirus kom voor in tot 40 persent van peniskankergevalle. MPV16 is die soort wat die meeste peniskankers veroosaak – sowat 63 persent van MPV-positiewe gewasse. In die geval van vratagtige/basaloïede kankers is die voorkoms van MPV 70 tot 100 persent, terwyl dit in ander gevalle sowat 30 persent is.

Simptome sluit in:

  • ’n Rooi kleur van die penis
  • ’n Uitslag aan die penis
  • ’n Afskeiding met ’n slegte reuk
  • Pyn in die penis
  • ’n Groeisel of seerplek aan die penis wat nie binne vier weke gesond word nie (dit kan soos ’n vrat, sweer of blaas lyk; dit kan seer wees of nie)
  • Bloeding van die penis of onder die voorhuid
  • ’n Verandering in die penis se kleur
  • Voorhuidvernouing

Risikofaktore

Infeksies

MIV-positiewe mans se kans om peniskanker te kry is agt keer so groot as ander mans s'n. Die menslike papilloomvirus is ’n groot faktor in die ontwikkeling van dié kanker – tot 40 persent van gevalle in die VSA. Daar is meer as 120 soorte MPV. Genitale vratte verhoog die kans van peniskanker met tot 3,7 keer as dit langer as twee jaar voorgekom het. Sowat die helfte van mans met peniskanker het ook genitale vratte, wat deur MPV veroorsaak word.

Higiëne en beserings

Swak higiëne kan die kans op peniskanker vergroot. Smegma, ’n kombinasie van afgeskeide stukkies vel en olie wat onder die voorhuid kan saampak, word verbind met ’n groter voorkoms van peniskanker. Die Amerikaanse Kankervereniging reken smegma kan nie kanker veroorsaak nie, maar verhoog die risiko omdat dit ’n irritasie en inflammasie van die penis veroorsaak.

’n Infeksie van die eikel van die penis, bekend as balanitis, en ’n besering van die penis word verbind met ’n kans op peniskanker van sowat 3,1 keer dié van ander mans. Infeksie word gewoonlik veroorsaak deur swak higiëne, ’n allergiese reaksie op sekere seepsoorte of ’n onderliggende gosondheidstoestand soos reaktiewe artritis of diabetes. Klein skeurtjies en skaafwonde aan die penis word verbind met ’n verhoogde kans van 3,9 keer.

Voorhuidvernouing is ’n mediese toestand waar die voorhuid nie heeltemal oor die eikel kan terugtrek nie en word verbind met ’n hoër kans op peniskanker. Dit kan ook ’n simptoom van peniskanker wees. Parafimose is ’n mediese toestand waar die voorhuid agter die eikel vashaak en is ook ’n risikofaktor.

Sommige studies toon besnydenis as kind verskaf ’n sekere mate van beskerming teen peniskanker, maar dit is nie die geval wanneer ’n volwassene besny word nie. Daar is voorgestel die afname in risiko in eersgenoemde geval word veroorsaak deur ’n kleiner kans op voorhuidvernouing, smegma en MPV-infeksies.

Ander

Peniskanker kom selde voor by mans jonger as 50 jaar. Sowat vier uit elke vyf mans wat daarmee gediagnoseer word, is ouer as 55. Ligeensklerose, ’n siekte waar die vel wit verkleur, is ’n risikofaktor. Die presiese oorsaak van die siekte is onbekend en daar is dus geen bekende manier om dit te voorkom nie.

Rook of die kou van twak verhoog die kans op peniskanker met tot ses keer, na gelang van hoeveel en hoe lank die persoon gerook het. Mans met psoriase wat met UV-lig en ’n middel bekend as psoralen behandel is, het ’n groter kans op peniskanker.

Voorkoming

Inenting teen MPV kan die risiko op MPV en dus peniskanker verlaag. Die gebruik van kondome kan waarskynlik ook help om iemand teen MPV-verwante peniskanker te beskerm. Verder kan goeie genitale higiëne – die daaglikse was van die penis, skrotum en voorhuid met seep – die kans op balanitis en dus peniskanker verklein. Om op te hou rook kan ook die risiko verklein. Sekere geleerdes meen besnydenis as kind kan ’n mens teen peniskanker beskerm; die Amerikaanse Kankervereniging noem egter hoe skaars die siekte is en dat nie die Amerikaanse of Kanadese akademie van pediaters die roetinebesnydenis van babas aanbeveel nie.

Voorhuidvernouing kan voorkom word deur die toepassing van behoorlike higiëne en die terugtrek van die voorhuid oor die eikel op ’n gereelde grondslag. Parafimose kan voorkom word deur die voorhuid nie vir lang tydperke teruggetrek te hou nie.

Behandeling

Verskeie soorte behandeling is beskikbaar na gelang van die stadium van die kanker. Dit sluit in chirurgie, bestraling, chemo- en biologiese terapie. Die gewas en van die omringende weefsel kan ook verwyder word, die kankerselle kan met laserlig weggebrand word, die voorhuid kan besny of die penis of ’n deel daarvan weggesny word.

Meer gevorderde kankers kan ’n kombinasie van chirurgie, bestraling en chemoterapie vereis.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Peniskanker KlassifikasiePeniskanker Vorming en simptomePeniskanker RisikofaktorePeniskanker VoorkomingPeniskanker BehandelingPeniskanker VerwysingsPeniskanker Eksterne skakelsPeniskankerPenis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PriemgetalVigsAardbewingDuitse maselsNeurenberg-verhoreSoogdierMiltSeekoeiMetafoorTydWes-KaapHeks van HexrivierNamakwalandVakbondWinnie Madikizela-MandelaVerbondsarkBynierKrieketMisdaadVoornaamwoordSelAardverwarming7de LaanBywoordAarverkalkingPaasfeesSatellietfotoGrondwetDuitslandInentingElon MuskMantisVoortrekkermonumentAsemhalingSharpeville-slagtingSeekatTransatlantiese slawehandelSosiale mediaWaatlemoenBlomAtmosfeer1990Lys van visseSokkerMierSimboolIdioomOnomatopeeApartheidPinksterItaliëRugbyKolitisOos-KaapRuslandCounter-Strike 2Lys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureKasterolieWaterstofNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKlankVoorsetselSlawernyAnti-inflammatoriese middelSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeTelkomViëtnamoorlogDemokrasieBlourokkeAfrikaanse woordelys en spelreëlsDansMaatskaplike verantwoordelikheidEkonomiese geskiedenis van Suid-Afrika🡆 More