Kanadese Skild

Die Kanadese Skild, wat dikwels ook die Laurentiese Skild genoem word, vorm die geologiese kern van die Noord-Amerikaanse vasteland.

Dit beslaan die noordelike helfte van Noord-Amerika, wat tydens die laaste ystydperke byna heeltemal met ysmassas bedek was. Die yslae het ook die huidige voorkoms van die landskap meegebring.

Kanadese Skild
Die Kanadese Skild

Ligging

Die Kanadese Skild behels die Kanadese gebiede Labrador, Noord-Quebec, Noord-Ontario, die Hudsonbaai-vlakte, die Noordwes-Gebiede, die Yukon-Gebied en die Kanadees-Arktiese Eilandsee; soms word ook die gebiede tot by die vlaktes van die Sint-Laurensrivier in die suid-ooste en die gebiede tot by Minnesota en Wisconsin by die Kanadese Skild gereken.

Geologie

Ten opsigte van sy geologiese struktuur bestaan die ondergrondse deel van die skild uit argaïese en proterosoïese lae van kristalliene gesteentes met ou eruptiewe massas. In die westelike gedeelte - die kraton van die Groot Slawemeer - is in 1999 die oudste gesteentes ter wêreld gevind, die Acasta-gneise uit die geologiese Hadaïkum-tydperk.

Glasiale landskapvorming

Kanadese Skild 
'n Tipiese landskap in die Kanadese Skild-gebied van Ontario met dennebome, mere, moeras en rotse

Die uitbreiding en latere afsmelting van die ysmassas het die uitgestrekte gebied glasiaal omvorm en 'n laagliggende landskap met 'n enkele sagte heuwels geslyp. Tussen die heuwels het derduisende mere gevorm, terwyl die los grond van die boonste lae saam met die ys en smeltwater na die suide verplaas en in die gebied van die Groot Mere afgeset is.

Ná die afsmelting van die groot ysmassas het die gebied verrys en teen die rande gewelf. Hierdie proses het nuwe erosievorme geskep en benewens die vorming van die groot aantal stroomversnellings en watervalle bevorder. Groot gebiede het tot moeras ontwikkel.

Klimaat

Die groot oop ruimtes na die noorde en die ligging in die poolgebied bepaal die klimaat van die Kanadese Skild, wat streng kontinentaal en in die noorde polêr is. Die winters is lank en koud, die somers fris. Noord van die isoterm met 'n gemiddelde jaarlikse temperatuur van -2 °C begin die ysgrondgebied. Weens die bevrore grond kan water in die somermaande nie wegsypel nie en vorm groot moerasgebiede teen die oppervlak, wat 'n geskikte broeigebied vir groot swerms muskiete vorm.

Vegetasie

Die noorde van die Kanadese Skild maak deel uit van die toendra, wat tot by die suidelike oewers van die Groot Beremeer, Groot Slawemeer, Athabascameer en Hudsonbaai strek. In die suide word die toendra deur die taïga begrens, 'n streek van naaldbosse met 'n wydte van tussen 1 000 en 1 400 kilometer. Teen die mees suidelike rand van die Kanadese Skild lê gebiede met gemengde bosse, wat in die vrugbare streke tussen die Rotsgebergte en die Groot Mere grotendeels uitgekap is om plek te maak vir landbou.

Tags:

Kanadese Skild LiggingKanadese Skild GeologieKanadese Skild Glasiale landskapvormingKanadese Skild KlimaatKanadese Skild VegetasieKanadese SkildNoord-AmerikaYstydperk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Peach van PletzenD.J. OppermanPersoonlikheidBybelTaalSonTandbederfPlantluisYstertydperkOnderwysPaddaAngina pectorisKarakteriseringSneeuJohannes MeintjesGedigFabelLionel MessiHorlosieChemiese elementPrivaat maatskappyNierversakingLionel PetersonWoordVolstruisHeupvervangingGalileo GalileiNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaUnie van Suid-AfrikaSiya KolisiDemokrasieFisiese oefeningGipsSaartjie BaartmanGroepsdrukDiarreeMondAppel (sanger)YsterEreksieBysteekDroomAfkortingLys van elemente volgens simboolMangelCristiano RonaldoWêreld- Ekonomiese ForumRassismeKitaarRob HersovNatuurLys van myne in Suid-AfrikaFilistyneJak de PriesterVarkIntensiewe vormLetterkundeVingerseksJacques LootsAborsie in Suid-AfrikaOorstromingKoorsblaarSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Nag van die lang messeVryheidsmanifesWinterLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Water (molekuul)Lys van kinderspeletjiesNamakwalandRookgewoonteKaaps-Hollandse stylBeaufortskaalKriekMetafoorSkuinsstreepPrimêre sektor van die ekonomie🡆 More