Kampioenetrofee 2017

Die Kampioenetrofee 2017 (Engels: 2017 ICC Champions Trophy) is van 1 tot 18 Junie 2017 in Engeland en Wallis beslis.

Dit was die agtste Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is.

Kampioenetrofee 2017
Kampioenetrofee 2017
Kenteken van die Kampioenetrofee 2017
Datums 1 Junie – 18 Junie
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Engeland Engeland
Vlag van Wallis Wallis
Kampioen Vlag van Pakistan Pakistan (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Indië Indië
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
Speler van die reeks Vlag van Pakistan Hasan Ali
Meeste lopies Vlag van Indië Shikhar Dhawan (338)
Meeste paaltjies Vlag van Pakistan Hasan Ali (13)
2013
2025

Die toernooi se formaat van 2009 en 2013 het onveranderd gebly en die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys het aan die Kampioenetrofee 2017 deelgeneem: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Bangladesj, Engeland, Indië en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Bangladesj en Pakistan het Engeland geklop, waardeur die twee aartsvyande Indië en Pakistan in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op The Oval in Londen het Pakistan die verdedigende kampioen Indië met 180 lopies verslaan en sodoende sy eerste Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinning tydens die Krieketwêreldbeker 1992 en die T20I-wêreldbeker 2009 was dit Pakistan se derde internasionale kriekettitel. Suid-Afrika is reeds in die groepfase uitgeskakel

Die laaste Kampioenetrofee sou oorspronklik in 2013 aangebied word en dié toernooi sou van 2017 af met die Wêreldtoetskampioenskap vervang word. In Januarie 2014 is dié plan egter herroep en aangekondig dat in 2017 wel ’n Kampioenetrofee sal plaasvind en die Wêreldtoetskampioenskap gekanselleer is. In 2016 het die Internasionale Krieketraad aangekondig dat die Kampioenetrofee na 2017 geskrap sal word om aan die IKR se doelwit te voldoen om vir elke krieketformaat een toernooi te hê. In November 2021 het die IKR bekend gemaak dat die Kampioenetrofee in 2025 weer sal plaasvind en in Pakistan aangebied word.

Oorspronklik was in die tydstip die Wêreldtoetskampioenskap in Engeland beplan. Nadat daar nie op ’n geskikte formaat vir dié toernooi besluit kon word nie, is in Februarie 2014 aangekondig om nog ’n Kampioenetrofee aan te bied. In aanloop tot die toernooi het daar ’n konflik ontstaan binne die IKR oor die verdeling van die finansiële middele, met Indië wat gedreig het om toekomstige IKR-toernooie soos die Kampioenetrofee te boikot. Vervolgens het die Indiese beheerliggaam Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI) die sperdatum vir die indiening van die Indiese span laat verstryk. Ná twee weke se vertraging en op druk deur mediavennote het die BCCI wel ’n span vir die toernooi bekend gemaak.

Toewysing

Die Internasionale Krieketraad het Engeland en Wallis as gashere vir die Kampioenetrofee 2017 aangewys.

Deelnemers

Die destydse beste agt spanne op die EDI-ranglys soos op 30 September 2015 het vir die Kampioenetrofee 2017 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika. Bangladesj, wat Wes-Indië vervang het, is die enigste verandering in die agt-span-lys van die Kampioenetrofee 2009 en 2013. Die wedstrydskedule en groepe is op 1 Junie 2016 bekend gemaak. Wes-Indië en Zimbabwe kon weens hul lae plekke op die EDI-ranglys nie vir die Kampioenetrofee 2017 kwalifiseer nie. Daar het ook geen assosiaatlid aan die toernooi deelgeneem nie. Pakistan se kwalifisering pleks van Wes-Indië was nie onomstrede nie, aangesien Pakistan homself op kort termyn uit ’n driehoekige toernooi met Wes-Indië en Zimbabwe onttrek het, waarin Wes-Indië die kans gehad het om Pakistan verby te steek en nog vir die Kampioenetrofee 2017 te kwalifiseer.

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Kampioenetrofee 2017  Australië (3) Volle lede Agtste 2013 Kampioen (2006, 2009)
Kampioenetrofee 2017  Bangladesj (8) Vyfde 2006 9de plek (2000, 2006)
Kampioenetrofee 2017  Engeland (4) Agtste 2013 Naaswenner (2004, 2013)
Kampioenetrofee 2017  Indië (1) Agtste 2013 Kampioen (2002, 2013)
Kampioenetrofee 2017  Nieu-Seeland (5) Agtste 2013 Kampioen (2000)
Kampioenetrofee 2017  Pakistan (2) Agtste 2013 3de plek (2000, 2009)
Kampioenetrofee 2017  Sri Lanka (7) Agtste 2013 Kampioen (2002)
Kampioenetrofee 2017  Suid-Afrika (6) Agtste 2013 Kampioen (1998)

Stadions

Tydens die toernooi is twee Engelse en een Walliese stadion gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2017 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Al die drie stadions het groepwedstryde en wedstryde in die uitklopfase aangebied. Op 17 Desember 2014 is aangekondig dat dieselfde stadions soos tydens die vorige 2013-toernooi gebruik sal word. Aangesien in dieselfde tydstip in Cardiff ook die UEFA Champions League 2016/17-eindstryd beslis is, het dié stadion een wedstryd miner as in 2013 gehuisves.

Birmingham Cardiff Londen
Edgbaston Sophia Gardens The Oval
52°27′20.93″N 1°54′08.96″W / 52.4558139°N 1.9024889°W / 52.4558139; -1.9024889 (Edgbaston) 51°29′14″N 3°11′29″W / 51.48722°N 3.19139°W / 51.48722; -3.19139 (Sophia Gardens) 51°29′1″N 0°6′54″W / 51.48361°N 0.11500°W / 51.48361; -0.11500 (The Oval)
Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 15 634 Kapasiteit: 27 500
Kampioenetrofee 2017  Kampioenetrofee 2017  Kampioenetrofee 2017 
Kampioenetrofee 2017 (Engeland)

Formaat

Die Kampioenetrofee 2017 is oor 18 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 1 Junie 2017 op The Oval in Londen met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Bangladesj begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 18 Junie met die eindstryd tussen Indië en Pakistan, waartydens Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofeë in 2009 en 2013 gebruik.

Kalender

Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2017 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
4
Ma
5
Di
6
Wo
7
Do
8
Vr
9
Sa
10
So
11
Ma
12
Groep A 1 1 1 1 1 1
Groep B 1 1 1 1 1 1
Uitklopfase
Junie
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Uitklopfase 1 1 1
Verklaring

   Groepfase

   Uitklopfase

   Eindstryd

Groepe

Groep A Groep B

Kampioenetrofee 2017  Australië (3)
Kampioenetrofee 2017  Bangladesj (8)
Kampioenetrofee 2017  Engeland (4)
Kampioenetrofee 2017  Nieu-Seeland (5)

Kampioenetrofee 2017  Indië (1)
Kampioenetrofee 2017  Pakistan (2)
Kampioenetrofee 2017  Sri Lanka (7)
Kampioenetrofee 2017  Suid-Afrika (6)

Groepfase

Die Kampioenetrofee 2017 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.

Wedstryde

Groepfase

Groep A

Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
Kampioenetrofee 2017  Engeland 3 3 0 0 6 +1.045
Kampioenetrofee 2017  Bangladesj 3 1 1 1 3 +0.000
Kampioenetrofee 2017  Australië 3 0 1 2 2 −0.992
Kampioenetrofee 2017  Nieu-Seeland 3 0 2 1 1 −1.058
1 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Bangladesj
305/6 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Engeland
308/2 (47.2 boulbeurte)
Tamim Iqbal 128 (142)
Liam Plunkett 4/59 (10 boulbeurte)
Joe Root 133* (129)
Sabbir Rahman 1/13 (1 boulbeurte)
Engeland wen met agt paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Sundaram Ravi (Ind) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Joe Root (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Beide Tamim Iqbal (Ban) en Joe Root (Eng) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Vir die eerste keer in ’n kampioenetrofeewedstryd word ’n teiken van meer as 300 lopies suksesvol gejaag.
2 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Nieu-Seeland
291 (45 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Australië
53/3 (9 boulbeurte)
Kane Williamson 100 (97)
Josh Hazlewood 6/52 (9 boulbeurte)
Moisés Henriques 18 (14)
Adam Milne 2/9 (2 boulbeurte)
Onbeslis
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Richard Illingworth en Richard Kettleborough (Eng)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Reën verkort die wedstryd tot 46 boulbeurte per span.
  • Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 235 lopies in 33 boulbeurte vir Australië.
  • Ná verdere reën is die wedstryd afgelas.
  • Kane Williamson (NZ) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Josh Hazlewood (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
  • Hy behaal ook die beste boulsyfers in ’n kampioenetrofeewedstryd.
5 Junie 2017
13:30 (BST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Bangladesj
182 (44.3 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Australië
83/1 (16 boulbeurte)
Tamim Iqbal 95 (114)
Mitchell Starc 4/29 (8.3 boulbeurte)
David Warner 40* (44)
Rubel Hossain 1/21 (4 boulbeurte)
Onbeslis
The Oval, Londen
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Nigel Llong (Eng)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Wedstryd afgelas weens reën.
  • Dis is Australië se 900ste EDI-wedstryd.
  • David Warner (Aus) word volgens aantal kolfbeurte (93) die vinnigste Australiese kolwer wat die mylpaal van 4 000 EDI-lopies behaal.
6 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Engeland
310 (49.3 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Nieu-Seeland
223 (44.3 boulbeurte)
Joe Root 64 (65)
Corey Anderson 3/55 (9 boulbeurte)
Kane Williamson 87 (98)
Liam Plunkett 4/55 (9.3 boulbeurte)
Engeland wen met 87 lopies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Bruce Oxenford en Paul Reiffel (Aus)
Speler van die wedstryd: Jake Ball (Eng)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Engeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.
9 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Nieu-Seeland
265/8 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Bangladesj
268/5 (47.2 boulbeurte)
Ross Taylor 63 (82)
Mosaddek Hossain 3/13 (3 boulbeurte)
Shakib Al Hasan 114 (115)
Tim Southee 3/45 (9 boulbeurte)
Bangladesj wen met vyf paaltjies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Ian Gould en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Shakib Al Hasan (Ban)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Beide Shakib Al Hasan en Mahmudullah (albei Ban) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Mahmudullah en Shakib Al Hasan behaal ook die beste EDI-vennootskap vir Bangladesj met 224 lopies.
  • Dit is Bangladesj se eerste oorwinning in ’n kampioenetrofeewedstryd.
  • Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
10 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Australië
277/9 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Engeland
240/4 (40.2 boulbeurte)
Travis Head 71* (64)
Mark Wood 4/33 (10 boulbeurte)
Ben Stokes 102* (109)
Josh Hazlewood 2/50 (9 boulbeurte)
Engeland wen met 40 lopies (DLS-metode)
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Chris Gaffaney (NZ)
Speler van die wedstryd: Ben Stokes (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën gedurende Engeland se kolfbeurt het enige verdere spel verhoed.
  • Ben Stokes (Eng) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Bangladesj vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep B

Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
Kampioenetrofee 2017  Indië 3 2 1 0 4 +1.370
Kampioenetrofee 2017  Pakistan 3 2 1 0 4 −0.680
Kampioenetrofee 2017  Suid-Afrika 3 1 2 0 2 +0.167
Kampioenetrofee 2017  Sri Lanka 3 1 2 0 2 −0.798
3 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Suid-Afrika
299/6 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Sri Lanka
203 (41.3 boulbeurte)
Hashim Amla 103 (115)
Nuwan Pradeep 2/54 (10 boulbeurte)
Upul Tharanga 57 (69)
Imran Tahir 4/27 (8.3 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 96 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Ian Gould (Eng)
Speler van die wedstryd: Imran Tahir (RSA)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Hashim Amla (RSA) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Hy word ook die vinnigste kolwer volgens aantal kolfbeurte (151) wat 25 EDI-honderdtalle slaan.
  • Die Sri Lankaanse kaptein Upul Tharanga word weens ’n stadige boultempo vir twee wedstryde geskors.
4 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Indië
319/3 (48 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Pakistan
164 (33.4 boulbeurte)
Rohit Sharma 91 (119)
Shadab Khan 1/52 (10 boulbeurte)
Azhar Ali 50 (65)
Umesh Yadav 3/30 (7.4 boulbeurte)
Indië wen met 124 lopies (DLS-metode)
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Marais Erasmus (RSA)
Speler van die wedstryd: Yuvraj Singh (Ind)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 48 boulbeurte per span.
  • Wahab Riaz (Pak) neem met 0/87 die swakste boulsyfers in ’n kampioenetrofeewedstryd.
7 Junie 2017
13:30 (BST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Suid-Afrika
219/8 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Pakistan
119/3 (27 boulbeurte)
David Miller 75* (104)
Hasan Ali 3/24 (8 boulbeurte)
Fakhar Zaman 31 (23)
Morné Morkel 3/18 (7 boulbeurte)
Pakistan wen met 19 lopies (DLS-metode)
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Richard Illingworth (Eng) en Sundaram Ravi (Ind)
Speler van die wedstryd: Hasan Ali (Pak)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Fakhar Zaman (Pak) het sy EDI-debuut gemaak.
8 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Indië
321/6 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Sri Lanka
322/3 (48.4 boulbeurte)
Shikhar Dhawan 125 (128)
Lasith Malinga 2/70 (10 boulbeurte)
Kusal Mendis 89 (93)
Bhuvneshwar Kumar 1/54 (10 boulbeurte)
Sri Lanka wen met sewe paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Richard Kettleborough (Eng) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Kusal Mendis (SL)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit was die 150ste EDI-wedstryd tussen die twee spanne.
  • Shikhar Dhawan (SL) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Dit was die gesamentlik mees suksesvolle EDI-lopiejaag vir Sri Lanka en vir enige span tydens ’n kampioenetrofeewedstryd.
11 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Suid-Afrika
191 (44.3 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Indië
193/2 (38 boulbeurte)
Quinton de Kock 53 (72)
Bhuvneshwar Kumar 2/22 (7.3 boulbeurte)
Shikhar Dhawan 78 (83)
Imran Tahir 1/37 (6 boulbeurte)
Indië wen met agt paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Paul Reiffel (Aus)
Speler van die wedstryd: Jasprit Bumrah (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.
12 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Sri Lanka
236 (49.2 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Pakistan
237/7 (44.5 boulbeurte)
Niroshan Dickwella 73 (86)
Junaid Khan 3/40 (10 boulbeurte)
Sarfaraz Ahmed 61* (79)
Nuwan Pradeep 3/60 (10 boulbeurte)
Pakistan wen met drie paaltjies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Sarfaraz Ahmed (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Faheem Ashraf (Pak) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.

Uitklopfase

  Halfeindrondte Eindrondte
             
14 Junie – Cardiff
 Kampioenetrofee 2017  Engeland 211  
 Kampioenetrofee 2017  Pakistan 215/2   18 Junie – Londen
     Kampioenetrofee 2017  Pakistan 338/4
15 Junie – Birmingham    Kampioenetrofee 2017  Indië 158
 Kampioenetrofee 2017  Bangladesj 264/7
 Kampioenetrofee 2017  Indië 265/1  

Halfeindrondte

14 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Engeland
211 (49.5 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Pakistan
215/2 (37.1 boulbeurte)
Joe Root 46 (56)
Hasan Ali 3/35 (10 boulbeurte)
Azhar Ali 76 (100)
Jake Ball 1/37 (8 boulbeurte)
Pakistan wen met agt paaltjies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Hasan Ali (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Rumman Raees (Pak) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Pakistan haal vir die eerste keer ’n kampioenetrofee-eindstryd en hul eerste EDI-eindstryd sedert 1999.
15 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Bangladesj
264/7 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Indië
265/1 (40.1 boulbeurte)
Tamim Iqbal 70 (82)
Kedar Jadhav 2/22 (6 boulbeurte)
Rohit Sharma 123* (129)
Mashrafe Mortaza 1/29 (8 boulbeurte)
Indië wen met nege paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Rohit Sharma (Ind)
  • Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Dit was Bangladesj se eerste verskyning in ’n halfeindstryd van enige IKR-toernooi.
  • Yuvraj Singh speel in sy 300ste EDI-wedstryd.
  • Rohit Sharma (Ind) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Virat Kohli (Ind) word die vinnigste kolwer volgens aantal kolfbeurte (175) wat die mylpaal van 8 000 EDI-lopies behaal.

Eindstryd

18 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2017  Pakistan
338/4 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2017  Indië
158 (30.3 boulbeurte)
Fakhar Zaman 114 (106)
Kedar Jadhav 1/27 (3 boulbeurte)
Hardik Pandya 76 (43)
Mohammad Amir 3/16 (6 boulbeurte)
Pakistan wen met 180 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Fakhar Zaman (Pak)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Fakhar Zaman (Pak) slaan sy eerste EDI-honderdtal.
  • Pakistan se telling van 338 is die hoogste in enige IKR-toernooi-eindstryd.
  • Die wentelling is die hoogste in enige EDI-toernooi-eindstryd volgens aantal lopies.


Kampioenetrofeewenner 2017
Kampioenetrofee 2017  Pakistan

Statistiek

Meeste lopies en paaltjies

Meeste lopies:
Naam Lopies
1 Kampioenetrofee 2017  Shikhar Dhawan 338
2 Kampioenetrofee 2017  Rohit Sharma 304
3 Kampioenetrofee 2017  Tamim Iqbal 293
4 Kampioenetrofee 2017  Joe Root 258
Kampioenetrofee 2017  Virat Kohli
Meeste paaltjies:
Naam Paaltjies
1 Kampioenetrofee 2017  Hasan Ali 13
2 Kampioenetrofee 2017  Josh Hazlewood 9
3 Kampioenetrofee 2017  Junaid Khan 8
Kampioenetrofee 2017  Liam Plunkett
5 Kampioenetrofee 2017  Adil Rashid 7
Kampioenetrofee 2017  Bhuvneshwar Kumar

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Kampioenetrofee Kampioenetrofee 2017 

Bangladesj 1998 • Kenia 2000 • Sri Lanka 2002 • Engeland 2004 • Indië 2006 • Suid-Afrika 2009 • Engeland / Wallis 2013 • Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029

Tags:

Kampioenetrofee 2017 ToewysingKampioenetrofee 2017 DeelnemersKampioenetrofee 2017 StadionsKampioenetrofee 2017 FormaatKampioenetrofee 2017 WedstrydeKampioenetrofee 2017 StatistiekKampioenetrofee 2017 Sien ookKampioenetrofee 2017 VerwysingsKampioenetrofee 2017 Eksterne skakelsKampioenetrofee 2017EngelandEngelsInternasionale KrieketraadInternasionale eendagwedstrydKampioenetrofeeKrieketWallis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BynierAntjie KrogRobbie WesselsAngina pectorisKaliforniese KanaaleilandeWiskundeEugenetikaAardverwarmingSelBoer Soek 'n VrouHartversakingWerkloosheidBonné de BodBeroerteTasché BurgerNeologismeErdwurmMiltGenadedoodUnited Democratic FrontAt BothaKoolstofdioksiedStresSendelingposisieReg tot ‘n gesonde omgewingOranjerivierMoedersdagPeriodieke tabelBloedingFrankrykSpringbokkeKonsentrasiekampLys van Suider-Afrikaanse soogdiereTatoeëermerkGrootste rampe in Suid-AfrikaAgtervoegselHarry PotterAnette EngelbrechtRivierEwenaarRatelTaylor SwiftKunstenaarKatoenArabiesMielieLys van nedersettings in Suid-AfrikaTweede Nuwe JaarNarsismeJakobNederduitsch Hervormde KerkSuid-AfrikaOogproblemeLionel MessiAluminiumLabia (geslagsdele)Groot DepressieAppelErektiele disfunksieGeskiedenis van Suid-AfrikaRugbyAfrikaanse TaalmonumentNaaldekokerAardedagVerkleinwoordMosesInstagramGasPoesRudi ClaaseWerkwoordNasionale VrouedagLikkewaan🡆 More