Kampioenetrofee 2013

Die Kampioenetrofee 2013 (Engels: 2013 ICC Champions Trophy) is van 6 tot 23 Junie 2013 in Engeland en Wallis beslis.

Dit was die sewende Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is.

Kampioenetrofee 2013
Kampioenetrofee 2013
Kenteken van die Kampioenetrofee 2013
Datums 6 Junie – 23 Junie
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Engeland Engeland
Vlag van Wallis Wallis
Kampioen Vlag van Indië Indië (2de titel)
Naaswenner Vlag van Engeland Engeland
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
Speler van die reeks Vlag van Indië Shikhar Dhawan
Meeste lopies Vlag van Indië Shikhar Dhawan (363)
Meeste paaltjies Vlag van Indië Ravindra Jadeja (12)
2009
2017

Die toernooi se formaat van 2009 het onveranderd gebly en die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys het aan die Kampioenetrofee 2013 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Engeland, Indië, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Suid-Afrika en Indië het Sri Lanka geklop, waardeur Engeland en Indië in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op Edgbaston in Birmingham het Indië die gasheer met vyf lopies (D/L-metode) verslaan en sodoende sy tweede Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1983 en 2011, die T20I-wêreldbeker 2007 en die gedeelde titel met Sri Lanka tydens die Kampioenetrofee 2002 was dit Indië se vierde internasionale kriekettitel. Die verdedigende kampioen Australië is reeds in die groepfase uitgeskakel.

Dit sou oorspronklik die laaste Kampioenetrofee gewees het en in 2017 deur die Wêreldtoetskampioenskap vervang word, maar in Januarie 2014 is dié plan herroep en aangekondig dat in 2017 wel ’n Kampioenetrofee sal plaasvind en die Wêreldtoetskampioenskap gekanselleer is.

Toewysing

Die Internasionale Krieketraad het Engeland en Wallis as gashere vir die Kampioenetrofee 2013 aangewys.

Deelnemers

Die destydse agt beste spanne op die EDI-ranglys soos ses maande voor die toernooi het vir die Kampioenetrofee 2013 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Die wedstrydskedule en groepe is op 21 Augustus 2012 bekend gemaak. Bangladesj en Zimbabwe kon weens hul lae plekke op die EDI-ranglys nie vir die Kampioenetrofee 2013 kwalifiseer nie. Daar het ook geen assosiaatlid aan die toernooi deelgeneem nie.

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Kampioenetrofee 2013  Australië Volle lede Sewende 2009 Kampioen (2006, 2009)
Kampioenetrofee 2013  Engeland Sewende 2009 Naaswenner (2004)
Kampioenetrofee 2013  Indië Sewende 2009 Kampioen (2002)
Kampioenetrofee 2013  Nieu-Seeland Sewende 2009 Kampioen (2000)
Kampioenetrofee 2013  Pakistan Sewende 2009 3de plek (2000, 2009)
Kampioenetrofee 2013  Sri Lanka Sewende 2009 Kampioen (2002)
Kampioenetrofee 2013  Suid-Afrika Sewende 2009 Kampioen (1998)
Kampioenetrofee 2013  Wes-Indië Sewende 2009 Kampioen (2004)

Stadions

Tydens die toernooi is twee Engelse en een Walliese stadion gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2013 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Al die drie stadions het groepwedstryde en wedstryde in die uitklopfase aangebied.

Birmingham Cardiff Londen
Edgbaston Sophia Gardens The Oval
52°27′20.93″N 1°54′08.96″W / 52.4558139°N 1.9024889°W / 52.4558139; -1.9024889 (Edgbaston) 51°29′14″N 3°11′29″W / 51.48722°N 3.19139°W / 51.48722; -3.19139 (Sophia Gardens) 51°29′1″N 0°6′54″W / 51.48361°N 0.11500°W / 51.48361; -0.11500 (The Oval)
Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 15 634 Kapasiteit: 27 500
Kampioenetrofee 2013  Kampioenetrofee 2013  Kampioenetrofee 2013 
Kampioenetrofee 2013 (Engeland)

Formaat

Die Kampioenetrofee 2013 is oor 18 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 6 Junie 2013 op Sophia Gardens in Cardiff, Wallis, met die openingswedstryd tussen Indië en Suid-Afrika begin. Die toernooi het geëindig op Edgbaston in Birmingham, Engeland, op 23 Junie met die eindstryd tussen Engeland en Indië, waartydens Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofee 2009 gebruik.

Kalender

Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2013 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
9
Ma
10
Di
11
Wo
12
Do
13
Vr
14
Sa
15
So
16
Ma
17
Groep A 1 1 1 1 1 1
Groep B 1 1 1 1 1 1
Uitklopfase
Junie
Di
18
Wo
19
Do
20
Vr
21
Sa
22
So
23
Uitklopfase 1 1 1
Verklaring

   Groepfase

   Uitklopfase

   Eindstryd

Groepe

Groep A Groep B

Kampioenetrofee 2013  Australië
Kampioenetrofee 2013  Engeland
Kampioenetrofee 2013  Nieu-Seeland
Kampioenetrofee 2013  Sri Lanka

Kampioenetrofee 2013  Indië
Kampioenetrofee 2013  Pakistan
Kampioenetrofee 2013  Suid-Afrika
Kampioenetrofee 2013  Wes-Indië

Groepfase

Die Kampioenetrofee 2013 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.

Wedstryde

Groepfase

Groep A

Kampioenetrofee 2013 
Wedstryd tussen Australië en Engeland op Edgbaston in Birmingham
Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
Kampioenetrofee 2013  Engeland 3 2 1 0 4 +0.308
Kampioenetrofee 2013  Sri Lanka 3 2 1 0 4 −0.197
Kampioenetrofee 2013  Nieu-Seeland 3 1 1 0 1 0.777
Kampioenetrofee 2013  Australië 3 0 2 0 1 −0.680
8 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Engeland
269/6 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Australië
221/9 (50 boulbeurte)
Ian Bell 91 (115)
Clint McKay 2/38 (10 boulbeurte)
George Bailey 55 (69)
James Anderson 3/30 (10 boulbeurte)
Engeland wen met 48 lopies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Marais Erasmus (RSA)
Speler van die wedstryd: Ian Bell (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
9 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Sri Lanka
138 (37.5 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Nieu-Seeland
139/9 (36.3 boulbeurte)
Kumar Sangakkara 68 (87)
Mitchell McClenaghan 4/43 (8.5 boulbeurte)
Nathan McCullum 32 (42)
Lasith Malinga 4/34 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met een paaltjie
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Bruce Oxenford en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Nathan McCullum (NZ)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
12 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Australië
243/8 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Nieu-Seeland
51/2 (15 boulbeurte)
Adam Voges 71 (76)
Mitchell McClenaghan 4/65 (10 boulbeurte)
Kane Williamson 18* (37)
Clint McKay 2/10 (4 boulbeurte)
Onbeslis
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Nigel Llong (Eng)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Wedstryd afgelas weens reën.
13 Junie 2013
13:00 (BST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Engeland
293/7 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Sri Lanka
297/3 (47.1 boulbeurte)
Jonathan Trott 76 (87)
Rangana Herath 2/46 (10 boulbeurte)
Kumar Sangakkara 134* (135)
James Anderson 2/51 (10 boulbeurte)
Sri Lanka wen met sewe paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Aleem Dar (Pak)
Speler van die wedstryd: Kumar Sangakkara (SL)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Kumar Sangakkara (SL) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
16 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Engeland
169 (23.3 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Nieu-Seeland
159/8 (24 boulbeurte)
Alastair Cook 64 (47)
Kyle Mills 4/30 (4.3 boulbeurte)
Kane Williamson 67 (54)
James Anderson 3/32 (5 boulbeurte)
Engeland wen met tien lopies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Rod Tucker en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Alastair Cook (Eng)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 24 boulbeurte per span.
  • Corey Anderson (NZ) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Engeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
17 Junie 2013
13:00 (BST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Sri Lanka
253/8 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Australië
233 (42.3 boulbeurte)
Mahela Jayawardene 84* (81)
Mitchell Johnson 3/48 (10 boulbeurte)
Adam Voges 49 (62)
Nuwan Kulasekara 3/42 (9 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 20 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Mahela Jayawardene (SL)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Sri Lanka vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep B

Kampioenetrofee 2013 
Wedstryd tussen Indië en Suid-Afrika op Sophia Gardens in Cardiff
Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
Kampioenetrofee 2013  Indië 3 3 0 0 6 +0.938
Kampioenetrofee 2013  Suid-Afrika 3 1 1 1 3 +0.325
Kampioenetrofee 2013  Wes-Indië 3 1 1 1 3 −0.075
Kampioenetrofee 2013  Pakistan 3 0 3 0 0 −1.035
6 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Indië
331/7 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Suid-Afrika
305 (50 boulbeurte)
Shikhar Dhawan 114 (94)
Ryan McLaren 3/70 (10 boulbeurte)
Ryan McLaren 71* (61)
Ravindra Jadeja 2/31 (9 boulbeurte)
Indië wen met 26 lopies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Shikhar Dhawan (Ind)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Shikhar Dhawan (Ind) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
7 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Pakistan
170 (48 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Wes-Indië
172/8 (40.4 boulbeurte)
Misbah-ul-Haq 96* (127)
Kemar Roach 3/28 (10 boulbeurte)
Chris Gayle 39 (47)
Mohammad Irfan 3/32 (9 boulbeurte)
Wes-Indië wen met twee paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Kemar Roach (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
10 Junie 2013
13:00 (BST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Suid-Afrika
234/9 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Pakistan
167 (45 boulbeurte)
Hashim Amla 81 (97)
Shoaib Malik 1/27 (6 boulbeurte)
Misbah-ul-Haq 55 (75)
Ryan McLaren 4/19 (8 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 67 lopies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Hashim Amla (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Chris Morris (RSA) het sy EDI-debuut gemaak.
11 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Wes-Indië
233/9 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Indië
236/2 (39.1 boulbeurte)
Johnson Charles 60 (55)
Ravindra Jadeja 5/36 (10 boulbeurte)
Shikhar Dhawan 102* (107)
Sunil Narine 2/49 (10 boulbeurte)
Indië wen met agt paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Ravindra Jadeja (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Ravindra Jadeja (Ind) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
  • Shikhar Dhawan (Ind) teken sy tweede agtereenvolgende kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.
14 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Suid-Afrika
230/6 (31 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Wes-Indië
190/6 (26.1 boulbeurte)
Colin Ingram 73 (63)
Dwayne Bravo 2/43 (5 boulbeurte)
Marlon Samuels 48 (38)
Dale Steyn 2/33 (6 boulbeurte)
Gelykop (D/L-metode)
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Steve Davis en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Colin Ingram (RSA)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 31 boulbeurte per span.
  • Suid-Afrika vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
15 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Pakistan
165 (39.4 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Indië
102/2 (19.1 boulbeurte)
Asad Shafiq 41 (57)
Bhuvneshwar Kumar 2/19 (8 boulbeurte)
Shikhar Dhawan 48 (41)
Wahab Riaz 1/20 (4 boulbeurte)
Indië wen met agt paaltjies (D/L-metode)
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Ian Gould en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Bhuvneshwar Kumar (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 40 boulbeurte per span.
  • Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 102 lopies in 22 boulbeurte vir Indië.

Uitklopfase

  Halfeindrondte Eindrondte
             
19 Junie – Londen
 Kampioenetrofee 2013  Engeland 179/3  
 Kampioenetrofee 2013  Suid-Afrika 175   23 Junie – Birmingham
     Kampioenetrofee 2013  Engeland 124/8
20 Junie – Cardiff    Kampioenetrofee 2013  Indië 129/7
 Kampioenetrofee 2013  Indië 182/2
 Kampioenetrofee 2013  Sri Lanka 181/8  

Halfeindrondte

19 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Suid-Afrika
175 (38.4 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Engeland
179/3 (37.3 boulbeurte)
David Miller 56* (51)
James Tredwell 3/19 (7 boulbeurte)
Jonathan Trott 82* (84)
Rory Kleinveldt 1/10 (4 boulbeurte)
Engeland wen met sewe paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: James Tredwell (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
20 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Sri Lanka
181/8 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Indië
182/2 (35 boulbeurte)
Angelo Mathews 51 (89)
Ishant Sharma 3/33 (9 boulbeurte)
Shikhar Dhawan 68 (92)
Angelo Mathews 1/10 (4 boulbeurte)
Indië wen met agt paaltjies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Ishant Sharma (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.

Eindstryd

23 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Kampioenetrofee 2013  Indië
129/7 (20 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2013  Engeland
124/8 (20 boulbeurte)
Virat Kohli 43 (34)
Ravi Bopara 3/20 (4 boulbeurte)
Eoin Morgan 33 (30)
Ravichandran Ashwin 2/15 (4 boulbeurte)
Indië wen met vyf lopies (D/L-metode)
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Ravindra Jadeja (Ind)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 20 boulbeurte per span.


Kampioenetrofeewenner 2013
Kampioenetrofee 2013  Indië

Statistiek

Meeste lopies en paaltjies

Meeste lopies:
Naam Lopies
1 Kampioenetrofee 2013  Shikhar Dhawan 363
2 Kampioenetrofee 2013  Jonathan Trott 229
3 Kampioenetrofee 2013  Kumar Sangakkara 222
4 Kampioenetrofee 2013  Rohit Sharma 177
5 Kampioenetrofee 2013  Virat Kohli 176
Meeste paaltjies:
Naam Paaltjies
1 Kampioenetrofee 2013  Ravindra Jadeja 12
2 Kampioenetrofee 2013  Mitchell McClenaghan 11
Kampioenetrofee 2013  James Anderson
4 Kampioenetrofee 2013  Ishant Sharma 10
5 Kampioenetrofee 2013  Ryan McLaren 8
Kampioenetrofee 2013  Ravichandran Ashwin

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Kampioenetrofee Kampioenetrofee 2013 

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029

Tags:

Kampioenetrofee 2013 ToewysingKampioenetrofee 2013 DeelnemersKampioenetrofee 2013 StadionsKampioenetrofee 2013 FormaatKampioenetrofee 2013 WedstrydeKampioenetrofee 2013 StatistiekKampioenetrofee 2013 Sien ookKampioenetrofee 2013 VerwysingsKampioenetrofee 2013 Eksterne skakelsKampioenetrofee 2013EngelandEngelsInternasionale KrieketraadInternasionale eendagwedstrydKampioenetrofeeKrieketWallis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wiki CommonsEnkelvoudige sinEugenetikaJan van TonderNetbalParkinson se siekteNarsismeWayde van NiekerkVoortrekkersPeter SnydersSeksueel oordraagbare infeksieKunsmatige algemene intelligensieHulpwerkwoordThys die BosveldklongPersOmgewingsbeheerMaagBeeldspraakBreingewasKameelperdTydSekondêre sektor van die ekonomieKoue OorlogNierSoortnaamTradisionele Afrika-medisyneMagnetismeKlereSinoniemCorioliskragLys van Afrikaanse digtersVaginale kankerKunsLarry PageNazi-DuitslandLuiperdJeugdagMensYsterFiela se kindAgtervoegselHoofpynGeprosesseerde kosRooikatKoorsKoppeltekenKoringFrankrykClanwilliam-sandvisWet op Bantoe-onderwysSkoolCheslin KolbeBreinkaartStellenboschStilleweOmtrek, oppervlakte en volumeGoogle MapsElon MuskKankerRymAardedagVerenigde KoninkrykTafelbergVergelykings (taalkunde)WeeluisElektroniese of digitale media2001DoelwitTrigeminale neuralgieNeerslagLys van Kaapstad se voorstedeHindoeïsmeDansVersoeningsdag🡆 More