Kampioenetrofee 2006

Die Kampioenetrofee 2006 (Engels: 2006 ICC Champions Trophy) is van 7 Oktober tot 5 November 2006 in Indië beslis.

Dit was die vyfde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is.

Kampioenetrofee 2006
Kampioenetrofee 2006
Kenteken van die Kampioenetrofee 2006
Datums 7 Oktober – 5 November
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Indië Indië
Kampioen Vlag van Australië Australië (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
Deelnemers 10
Wedstryde gespeel 21
Speler van die reeks Vlag van Wes-Indië Chris Gayle
Meeste lopies Vlag van Wes-Indië Chris Gayle (474)
Meeste paaltjies Vlag van Wes-Indië Jerome Taylor (13)
2004
2009

Die tien destydse toetskrieketlande het aan die Kampioenetrofee 2006 deelgeneem: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Die vier laagste spanne op die EDI-ranglys soos op 1 April 2006 het in die kwalifiseringsrondte gespeel, waarvan die twee beste spanne tot die groepfase gevorder het. Die groepfase het uit twee groepe met vier spanne elk bestaan, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer, wat dit die eerste vername IKR-toernooi sedert die Krieketwêreldbeker 1975 gemaak het, waartydens geen span van die Indiese subkontinent die uitklopfase gehaal het nie. Australië het Nieu-Seeland en Wes-Indië het Suid-Afrika geklop, waardeur Australië en Wes-Indië in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op die Brabourne-stadion in Mumbai het Australië die verdedigende kampioen Wes-Indië met agt paaltjies (D/L-metode) verslaan en sodoende sy eerste Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1999 en 2003 was dit Australië se vierde internasionale kriekettitel. Die gasheer Indië is reeds in die groepfase uitgeskakel.

Toewysing

Die Internasionale Krieketraad het Indië as gasheer vir die Kampioenetrofee 2006 aangewys.

Deelnemers

Die destydse tien toetslande het regstreeks vir die Kampioenetrofee 2006 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Die deelnemende spanne is bepaal volgens die IKR se EDI-ranglys soos op 1 April 2006. Bangladesj het op 23 Maart 2006 die laaste kwalifiserende span geword, nadat hulle Kenia verbygesteek het. Die ses beste spanne op die IKR se EDI-ranglys (Australië, Suid-Afrika, Pakistan, Nieu-Seeland, Indië en Engeland) het regstreeks vir die groepfase gekwalifiseer, terwyl die volgende vier spanne (Sri Lanka, Wes-Indië, Zimbabwe en Bangladesj) in ’n kwalifiseringsrondte moes speel om te bepaal watter twee spanne tot die hooftoernooi vorder. Geen assosiaatlid het aan die toernooi deelgeneem nie.

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Kampioenetrofee 2006  Australië Volle lede Vyfde 2004 3de plek (2004)
Kampioenetrofee 2006  Bangladesj Vierde 2004 9de plek (2000)
Kampioenetrofee 2006  Engeland Vyfde 2004 Naaswenner (2004)
Kampioenetrofee 2006  Indië Vyfde 2004 Kampioen (2002)
Kampioenetrofee 2006  Nieu-Seeland Vyfde 2004 Kampioen (2000)
Kampioenetrofee 2006  Pakistan Vyfde 2004 3de plek (2000)
Kampioenetrofee 2006  Sri Lanka Vyfde 2004 Kampioen (2002)
Kampioenetrofee 2006  Suid-Afrika Vyfde 2004 Kampioen (1998)
Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië Vyfde 2004 Kampioen (2004)
Kampioenetrofee 2006  Zimbabwe Vyfde 2004 8ste plek (2000)

Stadions

Tydens die toernooi is vier Indiese stadions gebruik. Altesaam 21 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2006 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Ahmedabad Jaipur Mohali Mumbai
Sardar Patel-stadion Sawai Mansingh-stadion Inderjit Singh Bindra-stadion Brabourne-stadion
23°5′30″N 72°35′51″O / 23.09167°N 72.59750°O / 23.09167; 72.59750 (Sardar Patel-stadion) 26°53′38.51″N 75°48′11.61″O / 26.8940306°N 75.8032250°O / 26.8940306; 75.8032250 (Sawai Mansingh-stadion) 30°41′27.09″N 76°44′14.13″O / 30.6908583°N 76.7372583°O / 30.6908583; 76.7372583 (Inderjit Singh Bindra-stadion) 18°55′56″N 72°49′29″O / 18.93222°N 72.82472°O / 18.93222; 72.82472 (Brabourne-stadion)
Kapasiteit: 49 000 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 26 000 Kapasiteit: 20 000
Kampioenetrofee 2006  Kampioenetrofee 2006  Kampioenetrofee 2006  Kampioenetrofee 2006 
Kampioenetrofee 2006 
Kampioenetrofee 2006 
Sardar Patel-stadion
Kampioenetrofee 2006 
Sawai Mansingh-stadion
Kampioenetrofee 2006 
Inderjit Singh Bindra-stadion
Kampioenetrofee 2006 
Brabourne-stadion
Kampioenetrofee 2006 (Indië)

Formaat

Die Kampioenetrofee 2006 is oor 30 dae tussen tien verskillende spanne oor 21 wedstryde beslis. Dit het op 7 Oktober 2006 op die Inderjit Singh Bindra-stadion in Mohali met die kwalifiseringswedstryd tussen Bangladesj en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op die Brabourne-stadion in Mumbai op 5 November met die eindstryd tussen Australië en Wes-Indië, waartydens Australië die Kampioenetrofee ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2006 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die kwalifiseringsrondte, ’n siaan blokkie die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Oktober
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
Kwalifiseringsrondte 1 1 1 1 1 1
Groepfase
Oktober
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Di
24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Groep A 1 1 1 1 1 1
Groep B 1 1 1 1 1 1
Uitklopfase
November
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
5
Uitklopfase 1 1 1
Verklaring

   Kwalifiseringsrondte

   Groepfase

   Uitklopfase

   Eindstryd

Kwalifiseringsrondte en groepfase

Die Kampioenetrofee 2006 is deur tien nasionale krieketspanne beslis. Die ses beste spanne op die EDI-ranglys soos op 1 April 2006 het vir die groepfase gekwalifiseer, terwyl die vier volgende spanne in die kwalifiseringsrondte begin het, waarvandaan die twee beste spanne die groepfase gehaal het. In die kwalifiseringsrondte het die vier spanne een wedstryd elk teen die ander drie spanne gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die groepfase deurgedring.

Die groepfase is deur agt spanne in twee groepe van vier elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die kwalifiseringsrondte.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.

Wedstryde

Kwalifiseringsrondte

Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
Kampioenetrofee 2006  Sri Lanka 3 3 0 0 6 +2.672
Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië 3 2 1 0 4 +0.404
Kampioenetrofee 2006  Bangladesj 3 1 2 0 2 +0.019
Kampioenetrofee 2006  Zimbabwe 3 0 3 0 0 −2.927
7 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Sri Lanka
302/8 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Bangladesj
265/9 (50 boulbeurte)
Upul Tharanga 105 (129)
Abdur Razzak 2/49 (10 boulbeurte)
Shakib Al Hasan 67* (107)
Farveez Maharoof 3/47 (7 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 37 lopies
Inderjit Singh Bindra-stadion, Mohali
Skeidsregters: Daryl Harper (Aus) en Steve Bucknor (WI)
Speler van die wedstryd: Upul Tharanga (SL)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Upul Tharanga (SL) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
8 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Zimbabwe
85 (30.1 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië
90/1 (14.2 boulbeurte)
Prosper Utseya 27* (41)
Chris Gayle 3/3 (3.1 boulbeurte)
Chris Gayle 41 (34)
Elton Chigumbura 1/17 (3 boulbeurte)
Wes-Indië wen met nege paaltjies
Sardar Patel-stadion, Ahmedabad
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Rudi Koertzen (RSA)
Speler van die wedstryd: Chris Gayle (WI)
  • Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
10 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Sri Lanka
285/7 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Zimbabwe
141 (42.3 boulbeurte)
Upul Tharanga 110 (130)
Tafadzwa Kamungozi 2/55 (10 boulbeurte)
Brendan Taylor 30 (40)
Lasith Malinga 3/25 (9.3 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 144 lopies
Sardar Patel-stadion, Ahmedabad
Skeidsregters: Aleem Dar en Asad Rauf (Pak)
Speler van die wedstryd: Upul Tharanga (SL)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Upul Tharanga (SL) teken sy tweede agtereenvolgende kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Sri Lanka vorder hiermee tot die groepfase.
  • Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
11 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Bangladesj
161 (46.3 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië
164/0 (36.4 boulbeurte)
Aftab Ahmed 59 (55)
Dwayne Bravo 3/14 (10 boulbeurte)
Chris Gayle 104* (118)
Shakib Al Hasan 0/12 (5 boulbeurte)
Wes-Indië wen met tien paaltjies
Sawai Mansingh-stadion, Jaipur
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Chris Gayle (WI)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Chris Gayle (WI) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Wes-Indië vorder hiermee tot die groepfase.
  • Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.
13 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Bangladesj
231/6 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Zimbabwe
130 (44.4 boulbeurte)
Shahriar Nafees 123* (161)
Ed Rainsford 2/41 (10 boulbeurte)
Brendan Taylor 52 (74)
Shakib Al Hasan 3/18 (10 boulbeurte)
Bangladesj wen met 101 lopies
Sawai Mansingh-stadion, Jaipur
Skeidsregters: Daryl Harper (Aus) en Steve Bucknor (WI)
Speler van die wedstryd: Shahriar Nafees (Ban)
  • Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Mehrab Hossain het sy EDI-debuut gemaak.
  • Shahriar Nafees (Ban) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
14 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië
80 (30.4 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Sri Lanka
83/1 (13.2 boulbeurte)
Wavell Hinds 28 (86)
Farveez Maharoof 6/14 (9 boulbeurte)
Sanath Jayasuriya 45 (47)
Fidel Edwards 1/17 (4 boulbeurte)
Sri Lanka wen met nege paaltjies
Brabourne-stadion, Mumbai
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Rudi Koertzen (RSA)
Speler van die wedstryd: Farveez Maharoof (SL)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Farveez Maharoof (NZ) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
  • Sri Lanka en Wes-Indië vorder hiermee tot die gropefase.
  • Wes-Indië kwalifiseer hiermee vir Groep A en Sri Lanka vir Groep B.

Groepfase

Groep A

Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
Kampioenetrofee 2006  Australië 3 2 1 0 4 +0.529
Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië 3 2 1 0 4 +0.009
Kampioenetrofee 2006  Indië 3 1 2 0 2 +0.482
Kampioenetrofee 2006  Engeland 3 1 2 0 2 −1.044
15 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Engeland
125 (37 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Indië
126/6 (29.3 boulbeurte)
Paul Collingwood 38 (54)
Munaf Patel 3/18 (8 boulbeurte)
Sachin Tendulkar 35 (41)
Jamie Dalrymple 2/5 (4 boulbeurte)
Indië wen met vier paaltjies
Sawai Mansingh-stadion, Jaipur
Skeidsregters: Daryl Harper en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Munaf Patel (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
18 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië
234/6 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Australië
224/9 (50 boulbeurte)
Runako Morton 90* (103)
Nathan Bracken 2/42 (10 boulbeurte)
Adam Gilchrist 92 (120)
Jerome Taylor 4/49 (10 boulbeurte)
Wes-Indië wen met tien lopies
Brabourne-stadion, Mumbai
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Rudi Koertzen (RSA)
Speler van die wedstryd: Runako Morton (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Jerome Taylor (WI) behaal ’n driekuns en boul Michael Hussey, Brett Lee en Brad Hogg (almal Aus) in drie agtereenvolgende aflewerings uit.
21 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Engeland
169 (45 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Australië
170/4 (36.5 boulbeurte)
Andrew Strauss 56 (90)
Shane Watson 3/16 (7 boulbeurte)
Damien Martyn 78 (91)
Sajid Mahmood 2/57 (10 boulbeurte)
Australië wen met ses paaltjies
Sardar Patel-stadion, Ahmedabad
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Steve Bucknor (WI)
Speler van die wedstryd: Damien Martyn (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Engeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
26 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Indië
223/9 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië
224/7 (49.4 boulbeurte)
MS Dhoni 51 (65)
Ian Bradshaw 3/30 (10 boulbeurte)
Shivnarine Chanderpaul 51 (72)
Ajit Agarkar 2/52 (9.4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met drie paaltjies
Sardar Patel-stadion, Ahmedabad
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Daryl Harper (Aus)
Speler van die wedstryd: Shivnarine Chanderpaul (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Wes-Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
28 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië
272/4 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Engeland
276/7 (48.3 boulbeurte)
Dwayne Bravo 112* (124)
Sajid Mahmood 2/44 (7 boulbeurte)
Kevin Pietersen 90* (86)
Chris Gayle 3/31 (10 boulbeurte)
Engeland wen met drie paaltjies
Sardar Patel-stadion, Ahmedabad
Skeidsregters: Daryl Harper en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Chris Gayle (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Beide Chris Gayle en Dwayne Bravo (albei WI) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
29 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Indië
249/8 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Australië
252/4 (45.4 boulbeurte)
Virender Sehwag 65 (90)
Glenn McGrath 2/34 (10 boulbeurte)
Damien Martyn 73* (104)
Shanthakumaran Sreesanth 2/43 (8 boulbeurte)
Australië wen met ses paaltjies
Inderjit Singh Bindra-stadion, Mohali
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Steve Bucknor (WI)
Speler van die wedstryd: Damien Martyn (Aus)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep B

Span Wed Wen Ver Onb LT Pte
Kampioenetrofee 2006  Suid-Afrika 3 2 1 0 +0.767 4
Kampioenetrofee 2006  Nieu-Seeland 3 2 1 0 +0.572 4
Kampioenetrofee 2006  Sri Lanka 3 1 2 0 −0.195 2
Kampioenetrofee 2006  Pakistan 3 1 2 0 −1.107 2
16 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Nieu-Seeland
195 (45.4 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Suid-Afrika
108 (34.1 boulbeurte)
Stephen Fleming 89 (112)
Jacques Kallis 3/28 (7 boulbeurte)
Graeme Smith 42 (57)
Kyle Mills 3/18 (6 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 87 lopies
Brabourne-stadion, Mumbai
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Mark Benson (Eng)
Speler van die wedstryd: Stephen Fleming (NZ)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
17 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Sri Lanka
253 (49.2 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Pakistan
255/6 (48.1 boulbeurte)
Sanath Jayasuriya 48 (35)
Abdul Razzaq 4/50 (7.2 boulbeurte)
Imran Farhat 53 (64)
Chaminda Vaas 2/61 (10 boulbeurte)
Pakistan wen met vier paaltjies
Sawai Mansingh-stadion, Jaipur
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Abdur Razzaq (Pak)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
20 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Nieu-Seeland
165 (49.2 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Sri Lanka
166/3 (36 boulbeurte)
Daniel Vettori 46* (53)
Muttiah Muralitharan 4/23 (10 boulbeurte)
Upul Tharanga 56 (77)
Jeetan Patel 2/32 (9 boulbeurte)
Sri Lanka wen met sewe paaltjies
Brabourne-stadion, Mumbai
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Rudi Koertzen (RSA)
Speler van die wedstryd: Muttiah Muralitharan (SL)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
24 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Suid-Afrika
219/9 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Sri Lanka
141 (39.1 boulbeurte)
AB de Villiers 54 (88)
Lasith Malinga 4/53 (9 boulbeurte)
Mahela Jayawardene 36 (50)
André Nel 3/41 (9 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 78 lopies
Sawai Mansingh-stadion, Jaipur
Skeidsregters: Daryl Harper en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Shaun Pollock (RSA)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
25 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Nieu-Seeland
274/7 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Pakistan
223 (46.3 boulbeurte)
Scott Styris 86 (113)
Umar Gul 2/47 (9 boulbeurte)
Mohammad Yousuf 71 (92)
Shane Bond 3/45 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 51 lopies
Inderjit Singh Bindra-stadion, Mohali
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Rudi Koertzen (RSA)
Speler van die wedstryd: Stephen Fleming (NZ)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Nieu-Seeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.
27 Oktober 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Suid-Afrika
213/8 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Pakistan
89 (25 boulbeurte)
Mark Boucher 69 (98)
Umar Gul 3/36 (8 boulbeurte)
Yasir Arafat 27 (37)
Makhaya Ntini 5/21 (6 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 124 lopies
Inderjit Singh Bindra-stadion, Mohali
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Mark Benson (Eng)
Speler van die wedstryd: Makhaya Ntini (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Makhaya Ntini (RSA) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
  • Suid-Afrika vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.

Uitklopfase

  Halfeindrondte Eindrondte
             
1 November – Mohali
 Kampioenetrofee 2006  Australië 240/9  
 Kampioenetrofee 2006  Nieu-Seeland 206   5 November – Mumbai
     Kampioenetrofee 2006  Australië 116/2
2 November – Mumbai    Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië 138
 Kampioenetrofee 2006  Suid-Afrika 258/8
 Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië 262/4  

Halfeindrondte

1 November 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Australië
240/9 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Nieu-Seeland
206 (46 boulbeurte)
Andrew Symonds 58 (58)
Kyle Mills 4/38 (10 boulbeurte)
Daniel Vettori 79 (103)
Glenn McGrath 3/22 (10 boulbeurte)
Australië wen met 34 lopies
Inderjit Singh Bindra-stadion, Mohali
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Rudi Koertzen (RSA)
Speler van die wedstryd: Glenn McGrath (Aus)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
2 November 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Suid-Afrika
258/8 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië
262/4 (44 boulbeurte)
Herschelle Gibbs 77 (90)
Jerome Taylor 2/48 (10 boulbeurte)
Chris Gayle 133* (135)
Graeme Smith 1/43 (10 boulbeurte)
Wes-Indië wen met ses paaltjies
Brabourne-stadion, Mumbai
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Chris Gayle (WI)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Chris Gayle (WI) teken sy derde kampioenetrofeehonderdtal tydens dieselfde toernooi aan.

Eindstryd

5 November 2006
14:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Kampioenetrofee 2006  Wes-Indië
138 (30.4 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2006  Australië
116/2 (28.1 boulbeurte)
Chris Gayle 37 (27)
Nathan Bracken 3/22 (6 boulbeurte)
Shane Watson 57* (88)
Ian Bradshaw 1/21 (6 boulbeurte)
Australië wen met agt paaltjies (D/L-metode)
Brabourne-stadion, Mumbai
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Rudi Koertzen (RSA)
Speler van die wedstryd: Shane Watson (Aus)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 116 lopies in 35 boulbeurte vir Australië.


Kampioenetrofeewenner 2006
Kampioenetrofee 2006  Australië

Statistiek

Meeste lopies en paaltjies

Meeste lopies:
Naam Lopies
1 Kampioenetrofee 2006  Chris Gayle 474
2 Kampioenetrofee 2006  Upul Tharanga 320
3 Kampioenetrofee 2006  Damien Martyn 241
4 Kampioenetrofee 2006  Shivnarine Chanderpaul 222
5 Kampioenetrofee 2006  Mahela Jayawardene 188
Meeste paaltjies:
Naam Paaltjies
1 Kampioenetrofee 2006  Jerome Taylor 13
2 Kampioenetrofee 2006  Farveez Maharoof 12
3 Kampioenetrofee 2006  Lasith Malinga 11
4 Kampioenetrofee 2006  Kyle Mills 10
Kampioenetrofee 2006  Glenn McGrath
Kampioenetrofee 2006  Nathan Bracken

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Kampioenetrofee Kampioenetrofee 2006 

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029

Tags:

Kampioenetrofee 2006 ToewysingKampioenetrofee 2006 DeelnemersKampioenetrofee 2006 StadionsKampioenetrofee 2006 FormaatKampioenetrofee 2006 WedstrydeKampioenetrofee 2006 StatistiekKampioenetrofee 2006 Sien ookKampioenetrofee 2006 VerwysingsKampioenetrofee 2006 Eksterne skakelsKampioenetrofee 2006EngelsIndiëInternasionale KrieketraadInternasionale eendagwedstrydKampioenetrofeeKrieket

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Clanwilliam-sandvisLInsekJohannes HahnAardeKompasSendelingposisieViëtnam2001MaanOranje-VrystaatLuiperdSelfoonDirekte en Indirekte redeSoweto-opstandPad na jou hartFabelN.P. van Wyk LouwSeksuele penetrasieHoenderAandagstreepKaapstadPikkewynBywoordKinderregteSpysverteringstelselMynbouDistillasieMantisEkologieVeeartsWolkEugenetikaVraag en aanbodJavaScriptMenslike seksuele gedragMisdaadSlag van Cuito CuanavaleChristiane JaccottetPapierGasLys van visseKoerantBeeldspraakWoestynBrandmondsindroomStaalHaelGroepsdrukSlawernyDuitslandAfkortingLiewe HeksieLys van bekende Suid-AfrikanersPeter SnydersSlaginstrumentJakkalsNasiebouLys van kinderspeletjiesTaalSharpeville-slagtingReënvalbepalingJudaïsmeHoofkarakterVryheidsmanifesKinkhoesKongo-krisisSokkerLyfstraf in skoleGriepSamestellingNatuurrampAnilingusGeld🡆 More