Kampioenetrofee 2004

Die Kampioenetrofee 2004 (Engels: 2004 ICC Champions Trophy) is van 10 tot 25 September 2004 in Engeland beslis.

Dit was die vierde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is.

Kampioenetrofee 2004
Datums 10 September – 25 September
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Engeland Engeland
Kampioen Vlag van Wes-Indië Wes-Indië (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Engeland Engeland
Deelnemers 12
Wedstryde gespeel 15
Speler van die reeks Vlag van Wes-Indië Ramnaresh Sarwan
Meeste lopies Vlag van Engeland Marcus Trescothick (261)
Meeste paaltjies Vlag van Engeland Andrew Flintoff (9)
2002
2006

Die toernooi se formaat van 2002 het onveranderd gebly en twaalf nasionale krieketspanne het aan die Kampioenetrofee 2004 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) saam met die assosiaatlede Kenia en die Verenigde State. Die spanne is in vier groepe van drie elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Australië, Engeland, Pakistan en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Australië en Wes-Indië het Pakistan geklop, waardeur Engeland en Wes-Indië in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op The Oval het Wes-Indië die gasheer met twee paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel sedert die Krieketwêreldbeker 1979 ingepalm. Die verdedigende medekampioene Indië en Sri Lanka asook Suid-Afrika is reeds in die groepfase uitgeskakel.

Toewysing

Die Internasionale Krieketraad het Engeland as gasheer vir die Kampioenetrofee 2004 aangewys.

Deelnemers

Die destydse tien toetslande het regstreeks vir die Kampioenetrofee 2004 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Daarbenewens het Kenia en die Verenigde State, wat destyds oor EDI-status beskik het, vir dié toernooi gekwalifiseer. Nadat die Verenigde State die IKR Sesnasiesuitdaagtoernooi met ’n beter lopietempo bo Kanada, Namibië, Nederland, Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate afgesluit het, het hulle vir hul eerste vername kriekettoernooi gekwalifiseer.

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Kampioenetrofee 2004  Australië Volle lede Vierde 2002 4de plek (2002)
Kampioenetrofee 2004  Bangladesj Derde 2002 9de plek (2000)
Kampioenetrofee 2004  Engeland Vierde 2002 5de plek (1998)
Kampioenetrofee 2004  Indië Vierde 2002 Kampioen (2002)
Kampioenetrofee 2004  Nieu-Seeland Vierde 2002 Kampioen (2000)
Kampioenetrofee 2004  Pakistan Vierde 2002 3de plek (2000)
Kampioenetrofee 2004  Sri Lanka Vierde 2002 Kampioen (2002)
Kampioenetrofee 2004  Suid-Afrika Vierde 2002 Kampioen (1998)
Kampioenetrofee 2004  Wes-Indië Vierde 2002 Naaswenner (1998)
Kampioenetrofee 2004  Zimbabwe Vierde 2002 8ste plek (2000)
Kampioenetrofee 2004  Kenia EDI-status Derde 2002 10de plek (2000, 2002)
Kampioenetrofee 2004  Verenigde State Eerste Debuut

Stadions

Tydens die toernooi is drie Engelse stadions gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2004 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Birmingham Southampton Londen
Edgbaston Rose Bowl The Oval
52°27′20.93″N 1°54′08.96″W / 52.4558139°N 1.9024889°W / 52.4558139; -1.9024889 (Edgbaston) 50°55′26.4″N 1°19′18.8″W / 50.924000°N 1.321889°W / 50.924000; -1.321889 (Rose Bowl) 51°29′1″N 0°6′54″W / 51.48361°N 0.11500°W / 51.48361; -0.11500 (The Oval)
Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 27 500
Kampioenetrofee 2004  Kampioenetrofee 2004  Kampioenetrofee 2004 
Kampioenetrofee 2004 
Kampioenetrofee 2004 
Rose Bowl
Kampioenetrofee 2004 (Engeland)

Formaat

Die Kampioenetrofee 2004 is oor 16 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 10 September 2004 op Edgbaston in Birmingham met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Zimbabwe begin. Die toernooi het geëindig op The Oval in Londen op 25 September met die eindstryd tussen Engeland en Wes-Indië, waartydens Wes-Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofee 2002 gebruik.

Kalender

Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2004 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
September
Vr
10
Sa
11
So
12
Mo
13
Di
14
Wo
15
Do
16
Vr
17
Sa
18
So
19
Groep A 1 1 1
Groep B 1 1 1
Groep C 1 1 1
Groep D 1 1 1
Uitklopfase
September
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
Uitklopfase 1 1 1
Verklaring

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Eindstryd

Groepe

Groep A Groep B Groep C Groep D

Kampioenetrofee 2004  Australië
Kampioenetrofee 2004  Nieu-Seeland
Kampioenetrofee 2004  Verenigde State

Kampioenetrofee 2004  Bangladesj
Kampioenetrofee 2004  Suid-Afrika
Kampioenetrofee 2004  Wes-Indië

Kampioenetrofee 2004  Indië
Kampioenetrofee 2004  Kenia
Kampioenetrofee 2004  Pakistan

Kampioenetrofee 2004  Engeland
Kampioenetrofee 2004  Sri Lanka
Kampioenetrofee 2004  Zimbabwe

Groepfase

Die Kampioenetrofee 2004 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die beste span van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die beste span van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die wenner van die eerste groep het teen die wenner van die vierde groep en die wenner van die tweede groep het teen die wenner van die derde groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.

Wedstryde

Groepfase

Groep A

Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
Kampioenetrofee 2004  Australië 2 2 0 0 4 +3.237
Kampioenetrofee 2004  Nieu-Seeland 2 1 1 0 2 +1.603
Kampioenetrofee 2004  Verenigde State 2 0 2 0 0 −5.121
10 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Nieu-Seeland
347/4 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Verenigde State
137 (42.4 boulbeurte)
Nathan Astle 145* (151)
Richard Staple 2/76 (10 boulbeurte)
Clayton Lambert 39 (84)
Jacob Oram 5/36 (9.4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 210 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Nathan Astle (NZ)
  • Die Verenigde State het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Aijaz Ali, Rohan Alexander, Jignesh Desai, Howard Johnson, Mark Johnson, Steve Massiah, Rashid Zia, Tony Reid, Leon Romero en Richard Staple (almal VSA) het hul EDI-debuut gemaak.
  • Rashid Zia (VSA) het ook sy A-lys-debuut gemaak.
  • Nathan Astle (NZ) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Nathan Astle teken die gesamentlik beste individuele telling tydens ’n Kampioenetrofeewedstryd aan – gedeel met Andy Flower (Zim) tydens die 2002-toernooi.
  • Jacob Oram (NZ) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
13 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Verenigde State
65 (24 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Australië
66/1 (7.5 boulbeurte)
Steve Massiah 23 (42)
Michael Kasprowicz 4/14 (7 boulbeurte)
Adam Gilchrist 24* (25)
Howard Johnson 1/26 (3 boulbeurte)
Australië wen met nege paaltjies
Rose Bowl, Southampton
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Billy Bowden (NZ)
Speler van die wedstryd: Michael Kasprowicz (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Donovan Blake en Nasir Javed (albei VSA) het hul EDI-debuut gemaak.
  • Die Verenigde State is hiermee uit die toernooi geskakel.
16 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Nieu-Seeland
198/9 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Australië
199/3 (37.2 boulbeurte)
Brendon McCullum 47 (68)
Michael Kasprowicz 3/32 (10 boulbeurte)
Andrew Symonds 71* (47)
Scott Styris 1/9 (2 boulbeurte)
Australië wen met sewe paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Rudi Koertzen (RSA)
Speler van die wedstryd: Andrew Symonds (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep B

Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
Kampioenetrofee 2004  Wes-Indië 2 2 0 0 4 +1.471
Kampioenetrofee 2004  Suid-Afrika 2 1 1 0 2 +1.552
Kampioenetrofee 2004  Bangladesj 2 0 2 0 0 −3.111
12 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Bangladesj
93 (31.3 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Suid-Afrika
94/1 (17.5 boulbeurte)
Nafees Iqbal 40 (59)
Charl Langeveldt 3/17 (7 boulbeurte)
Graeme Smith 42* (52)
Tapash Baisya 1/39 (6 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met nege paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Jeremy Lloyds (Eng) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Charl Langeveldt (RSA)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Aftab Ahmed en Nazmul Hossain (albei Ban) het hul EDI-debuut gemaak.
  • Nazmul Hossain (Ban) het ook sy A-Lys-debuut gemaak.
15 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Wes-Indië
269/3 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Bangladesj
131 (39.3 boulbeurte)
Chris Gayle 99 (132)
Tapash Baisya 2/58 (10 boulbeurte)
Khaled Mahmud 34* (51)
Mervyn Dillon 5/29 (10 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 138 lopies
Rose Bowl, Southampton
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Jeremy Lloyds (Eng)
Speler van die wedstryd: Chris Gayle (WI)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Mervyn Dillon (WI) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
  • Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.
18–19 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Suid-Afrika
246/6 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Wes-Indië
249/5 (48.5 boulbeurte)
Herschelle Gibbs 101 (135)
Chris Gayle 3/50 (10 boulbeurte)
Ramnaresh Sarwan 75 (99)
Makhaya Ntini 2/26 (5 boulbeurte)
Wes-Indië wen met vyf paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Jeremy Lloyds en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Ramnaresh Sarwan (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën onderbreek die speel nadat ses boulbeurte van Wes-Indië se kolfbeurt geboul is. Die res is op 19 September gespeel.
  • Herschelle Gibbs (RSA) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Wes-Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep C

Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
Kampioenetrofee 2004  Pakistan 2 2 0 0 4 +1.413
Kampioenetrofee 2004  Indië 2 1 1 0 2 +0.944
Kampioenetrofee 2004  Kenia 2 0 2 0 0 −2.747
11 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Indië
290/4 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Kenia
192/7 (50 boulbeurte)
Sourav Ganguly 90 (124)
Thomas Odoyo 2/43 (10 boulbeurte)
Morris Ouma 49 (93)
Harbhajan Singh 3/33 (10 boulbeurte)
Indië wen met 98 lopies
Rose Bowl, Southampton
Skeidsregters: Daryl Harper (Aus) en Rudi Koertzen (RSA)
Speler van die wedstryd: Sourav Ganguly (Ind)
  • Kenia het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Ragheb Aga en Morris Ouma (albei Ken) het hul EDI-debuut gemaak.
14–15 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Kenia
94 (32 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Pakistan
95/3 (18.4 boulbeurte)
Kennedy Otieno 33 (73)
Shahid Afridi 5/11 (6 boulbeurte)
Yasir Hameed 41 (48)
Ragheb Aga 2/17 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met sewe paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Darrell Hair (Aus)
Speler van die wedstryd: Shahid Afridi (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Op 14 September was geen speel moontlik nie, vervolgens moes die reserwedag gebruik word.
  • Malhar Patel (Ken) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Shahid Afridi (Pak) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
  • Kenia is hiermee uit die toernooi geskakel.
19 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Indië
200 (49.5 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Pakistan
201/7 (49.2 boulbeurte)
Rahul Dravid 67 (108)
Naved-ul-Hasan 4/25 (9 boulbeurte)
Mohammad Yousuf 81* (114)
Irfan Pathan 3/34 (9 boulbeurte)
Pakistan wen met drie paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Rudi Koertzen (RSA) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Mohammad Yousuf (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep D

Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
Kampioenetrofee 2004  Engeland 2 2 0 0 4 +2.716
Kampioenetrofee 2004  Sri Lanka 2 1 1 0 2 −0.252
Kampioenetrofee 2004  Zimbabwe 2 0 2 0 0 −1.885
10–11 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Engeland
299/7 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Zimbabwe
147 (39 boulbeurte)
Paul Collingwood 80 (93)
Ed Rainsford 2/43 (10 boulbeurte)
Elton Chigumbura 42* (47)
Andrew Flintoff 3/11 (6 boulbeurte)
Engeland wen met 152 lopies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Paul Collingwood (Eng)
  • Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën onderbreek die speel nadat 38 boulbeurte van Engeland se kolfbeurt geboul is. Die res is op 11 September gespeel.
14 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Zimbabwe
191 (49.1 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Sri Lanka
195/6 (43.5 boulbeurte)
Elton Chigumbura 57 (71)
Nuwan Zoysa 3/19 (10 boulbeurte)
Marvan Atapattu 43 (80)
Elton Chigumbura 3/37 (8.5 boulbeurte)
Sri Lanka wen met vier paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Daryl Harper (Aus) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Elton Chigumbura (Zim)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
17–18 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Engeland
251/7 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Sri Lanka
95/5 (24 boulbeurte)
Andrew Flintoff 104 (91)
Chaminda Vaas 2/51 (10 boulbeurte)
Sanath Jayasuriya 27 (32)
Andrew Flintoff 2/21 (5 boulbeurte)
Engeland wen met 49 lopies (D/L-metode)
Rose Bowl, Southampton
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Darrell Hair (Aus)
Speler van die wedstryd: Andrew Flintoff (Eng)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën onderbreek die speel nadat 32 boulbeurte van Engeland se kolfbeurt geboul is. Die res is op 18 September gespeel.
  • Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 145 lopies in 24 boulbeurte vir Sri Lanka.
  • Andrew Flintoff (Eng) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.
  • Engeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.

Uitklopfase

  Halfeindrondte Eindrondte
             
21 September – Birmingham
 Kampioenetrofee 2004  Australië 259/9  
 Kampioenetrofee 2004  Engeland 262/4   25 September – Londen
     Kampioenetrofee 2004  Engeland 217
22 September – Southampton    Kampioenetrofee 2004  Wes-Indië 218/8
 Kampioenetrofee 2004  Pakistan 131
 Kampioenetrofee 2004  Wes-Indië 132/3  

Halfeindrondte

21 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Australië
259/9 (50 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Engeland
262/4 (46.3 boulbeurte)
Damien Martyn 65 (91)
Darren Gough 3/48 (7 boulbeurte)
Michael Vaughan 86 (122)
Brett Lee 2/65 (8.3 boulbeurte)
Engeland wen met ses paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Rudi Koertzen (RSA)
Speler van die wedstryd: Michael Vaughan (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
22 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Pakistan
131 (38.2 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Wes-Indië
132/3 (28.1 boulbeurte)
Yasir Hameed 39 (56)
Corey Collymore 2/24 (9 boulbeurte)
Ramnaresh Sarwan 56* (85)
Shoaib Akhtar 2/18 (7 boulbeurte)
Wes-Indië wen met sewe paaltjies
Rose Bowl, Southampton
Skeidsregters: Darrell Hair en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Ramnaresh Sarwan (WI)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Salman Butt (Pak) het sy EDI-debuut gemaak.

Eindstryd

25 September 2004

Telkaart
Kampioenetrofee 2004  Engeland
217 (49.4 boulbeurte)
t
Kampioenetrofee 2004  Wes-Indië
218/8 (48.5 boulbeurte)
Marcus Trescothick 104 (124)
Wavell Hinds 3/24 (10 boulbeurte)
Shivnarine Chanderpaul 47 (66)
Andrew Flintoff 3/38 (10 boulbeurte)
Wes-Indië wen met twee paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Rudi Koertzen (RSA) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Ian Bradshaw (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Marcus Trescothick (Eng) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.


Kampioenetrofeewenner 2004
Kampioenetrofee 2004  Wes-Indië

Statistiek

Meeste lopies en paaltjies

Meeste lopies:
Naam Lopies
1 Kampioenetrofee 2004  Marcus Trescothick 261
2 Kampioenetrofee 2004  Ramnaresh Sarwan 166
3 Kampioenetrofee 2004  Nathan Astle 163
4 Kampioenetrofee 2004  Paul Collingwood 141
5 Kampioenetrofee 2004  Chris Gayle 139
Meeste paaltjies:
Naam Paaltjies
1 Kampioenetrofee 2004  Andrew Flintoff 9
2 Kampioenetrofee 2004  Steve Harmison 8
3 Kampioenetrofee 2004  Michael Kasprowicz 7
Kampioenetrofee 2004  Chris Gayle
5 Kampioenetrofee 2004  Shoaib Akhtar 6
Kampioenetrofee 2004  Jacob Oram
Kampioenetrofee 2004  Jason Gillespie
Kampioenetrofee 2004  Ian Bradshaw

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Kampioenetrofee Kampioenetrofee 2004 

Bangladesj 1998 • Kenia 2000 • Sri Lanka 2002 • Engeland 2004 • Indië 2006 • Suid-Afrika 2009 • Engeland / Wallis 2013 • Engeland / Wallis 2017 • Pakistan 2025Indië 2029

Tags:

Kampioenetrofee 2004 ToewysingKampioenetrofee 2004 DeelnemersKampioenetrofee 2004 StadionsKampioenetrofee 2004 FormaatKampioenetrofee 2004 WedstrydeKampioenetrofee 2004 StatistiekKampioenetrofee 2004 Sien ookKampioenetrofee 2004 VerwysingsKampioenetrofee 2004 Eksterne skakelsKampioenetrofee 2004EngelandEngelsInternasionale KrieketraadInternasionale eendagwedstrydKampioenetrofeeKrieket

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Deon MeyerMiskruierGewone luislangDemokrasieKatNederduitse Gereformeerde KerkAnton GoosenVaste stofTafelbergHidroëlektrisiteitRonelda KamferFinale OplossingHartNasiebouLys van oseane, seë en mereEjakulasieWaterstofBurgerregteBevolkingPoesSuikersiekteVaginale kankerGNU-lisensie vir vrye dokumentasieHoërskool OuteniquaBysteekKliniese depressieDermpoliepMeningsverskil oor aardverwarmingPubiese hareMoedersdagKoos KombuisViëtnamSlag van BloedrivierAbstraksie (rekenaarwetenskap)MenstruasieDoopSuiwelprodukVlag van Suid-AfrikaKoekie (rekenaarwetenskap)Regardt van den BerghKhoikhoiHulpwerkwoordBiodiversiteitMauritiusSkoolHernubare energieRivierKoringMiddeloorontstekingOos-KaapWindkragEreksieRugby, WarwickshireFopnuusJavaScriptTropiese sikloon2024 Chinese Grand PrixPlantPesachToestand van materieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalAdolessensieDieregeluideAmandelKriekJohannesburgAborsieGautengKookpuntNederduitsch Hervormde KerkSkisofrenieWêreld- Ekonomiese ForumPinksterSekondêre sektor van die ekonomie🡆 More