Die Kammanassierivier in die Langkloof is 'n belangrike boloop van die Gouritsrivier.
Kammanassierivier | |
---|---|
Stroomgebied | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Oorsprong | noordwestelike punt van die Kougaberge |
Monding | 2 km oos van Oudtshoorn, Wes-Kaap Olifantsrivier |
Oorsprong-hoogte | 1 200 m |
Monding-hoogte | 293 m |
Koördinate: 33°37′20.82″S 22°14′8.74″O / 33.6224500°S 22.2357611°O 22°14′8.74″O / 33.6224500°S 22.2357611°O |
Hierdie rivier ontspring op 1200 m bo seespieël op die noordwestelike punt van die Kougaberge by omtrent 33° 37ˈ suid en 23° 13ˈ oos. Dit is 16 km oos van Uniondale, noordnoordoos van Avontuur en by die waterskeiding tussen die bekken van die Gouritsrivier en die Kougarivier ('n boloop van die Gamtoosrivier).
Die rivier is 120 km lank, vloei weswaarts tussen die Kammanassieberge en die Outeniquaberge, deur Uniondale en die Kammanassiedam en sluit 2 km oos van Oudtshoorn by die Olifantsrivier aan. Die Brakrivier, Dieprivier en Potjiesrivier (by die Potjiesberg op die N9-hoofpad) is die belangrikste sytakke. Saam met al die sytakke het die rivier 'n opvanggebied van nagenoeg 'n 1630 km². In die berge is die neerslag meer as 1000 mm per jaar.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kammanassierivier, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.