Kamdeboo- Nasionale Park: Nasionale park in Oos-Kaap, Suid-Afrika

Die Kamdeboo- Nasionale Park is geleë rondom die dorp Graaff-Reinet in die Kamdebooarea van die Oos-Kaapprovinsie.

Die park is eers in 2005 geproklameer en beslaan 20 000 hektaar. Die mees unieke punt in die park, wat meestal uit Karooekosisteem bestaan, is die Vallei van Verlatenheid, 'n unieke klompie dolomietpilare wat 90 tot 120 meter hoog staan. Die voet van die Sneeuberge en die Nqweba-dam van 1 000 hektaar is in die Kamdeboo Nasionale Park geleë. Die Sondagsrivier voed dié dam. Die bekende Spandaukop (1 316 m) is ook in die park geleë. Die hoogste punt in die park is 1 565 m bo seevlak.

Kamdeboo- Nasionale Park
Land Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Naaste dorp Graaff-Reinet
Ligging van Kamdeboo- Nasionale Park op 'n kaart (Oos-Kaap)
Kamdeboo- Nasionale Park
Kamdeboo- Nasionale Park
Koördinate: 32°15′0″S 24°30′0″O / 32.25000°S 24.50000°O / -32.25000; 24.50000 24°30′0″O / 32.25000°S 24.50000°O / -32.25000; 24.50000
Oppervlak 20 000 ha
Openingsjaar 2005
Bestuursliggaam SANParke
Webblad Kamdeboo- Nasionale Park
Kamdeboo- Nasionale Park: Wildlewe, Plantlewe, Akkommodasie
Uitsig oor die Vallei van Verlatenheid in die Kamdeboo- Nasionale Park.

Die naam Kamdeboo is 'n Khoikhoi-woord wat beteken groen hoogtes of groen holte.

Wildlewe

'n Aantal wildsoorte word in die park aangetref, insluitend:

Ongeveer 250 voëlspesies en 10 visspesies kom ook hier voor; onder andere die Vleikurper, Grootbekbaars en Karp.

Plantlewe

Daar kom verskeie bome in die park voor. Die soetdoring is baie prominent, veral naby die dam.

Akkommodasie

  • Nqweba kampterrein
  • Lakeview tentkamp
  • Gastehuise, hotelle en 'n karavaanpark in die dorp

Algemeen

Die N9 nasionale pad loop deur die park. Daar word beplan om in die toekoms die Kamdeboo- Nasionale Park met die Nasionale Bergkwaggapark te verbind, wat 'n bewaringsgebied van 520,000 ha in die Karoo sal vestig.

Bron

  • Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Kaapstad: Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.

Tags:

Kamdeboo- Nasionale Park WildleweKamdeboo- Nasionale Park PlantleweKamdeboo- Nasionale Park AkkommodasieKamdeboo- Nasionale Park AlgemeenKamdeboo- Nasionale Park BronKamdeboo- Nasionale ParkDolomietGraaff-ReinetKamdebooKarooNqweba-damOos-KaapprovinsieSneeubergeSondagsrivierSpandaukopVallei van Verlatenheid

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HeuningbyHipoteseBysteekDriehoekStokely CarmichaelMaatskaplike verantwoordelikheidSirkelMielieKorrupsieHoenderSaartjie BaartmanWiki CommonsSeevlakMosambiekWaterbesoedelingKlavierBateLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSeekoeiDieregeluideSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994VulvaBoelieryVryheidsmanifesKoedoeVrymesselaryKankerGalileo GalileiVarkgriepOligopolieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalMisdaadSmaakKrokodilHeks van HexrivierGeografie van Suid-AfrikaSeksuele penetrasieByvoeglike naamwoordVoedingNarsismeKewerAnrich HerbstDesmond TutuMangelGoogleDemografie van Suid-AfrikaMenslike seksuele gedragTweede Nuwe JaarEjakulasieGordelroosKriekArmoedeJodeAngolese BurgeroorlogAtletiekGrondsoorteNamakwalandAnglo-BoereoorlogWikimedia-stigtingLetterlike en figuurlike taalgebruikSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeCarles PuigdemontRassismeArmoedeverligtingTweede VryheidsoorlogLabia (geslagsdele)BelastingVerenigde State van AmerikaPerdebyeAngssteuringFinansiële staatElon MuskPenisSpreeu🡆 More