Kamala Devi Harris (/ˈkɑːmələ/, gebore op 20 Oktober 1964) is 'n Amerikaanse politikus en prokureur wat op 20 Januarie 2021 as 49ste adjunkpresident van die Verenigde State van Amerika ingehuldig is.
Sy is die eerste vroulike vise-president en die hoogste vroulike amptenaar in die geskiedenis van die VSA, sowel as die eerste Afro-Amerikaanse en eerste Asiatiese Amerikaanse vise-president.
Kamala Harris | |
49ste Adjunkpresident van die Verenigde State | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 20 Januarie 2021 | |
President | Joe Biden |
---|---|
Voorafgegaan deur | Mike Pence |
Amerikaanse Senator van Kalifornië | |
Ampstermyn 3 Januarie 2017 – 18 Januarie 2021 | |
Voorafgegaan deur | Barbara Boxer |
Opgevolg deur | Alex Padilla |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 20 Oktober 1964 Oakland, Kalifornië, V.S.A. |
Politieke party | Demokrate |
Harris was Joe Biden se adjunkpresidentskandidaat vir die 2020-verkiesing; hulle het die vorige president, Donald Trump, en sy adjunkpresident, Mike Pence, geklop. Harris het tussen 2010 en 2017 as die prokureur-generaal van Kalifornië gedien en was tussen 2017 en 2021 die junior Amerikaanse senator vir Kalifornië as lid van die Demokratiese Party.
As 'n senator het sy gepleit vir gesondheidsorghervorming, federale deskedulering van dagga, 'n pad na burgerskap vir ongedokumenteerde immigrante, die DREAM-wet, 'n verbod op aanvalswapens en progressiewe belastinghervorming.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kamala Harris, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.