Kalsiumoksalaat: Chemiese verbinding

Kalsiumoksalaat is kalsium-sout van oksaalsuur.

Dit het die formule CaC2O4, maar dit kan as verskeie hidrate voorkom wat ook as minerale bekend is.

Eienskappe

Algemeen

Naam Kalsiumoksalaat
Struktuurformule van
Struktuurformule van
 
SEM-beeld van niersteen; dihidraat
Chemiese formule CaC2O4H2O
Molêre massa 128.10 (anh.); 146,11 (mono) g/mol
CAS-nommer 5794-28-5
Fasegedrag
Smeltpunt (sien teks)
Kookpunt -
Digtheid 2,12 g/mL
Oplosbaarheid  
Ksp 2,7 10-9

Suur-basis eienskappe

pKa geen

Veiligheid

Flitspunt geen

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Kalsiumoksalaat: Chemiese verbinding Chemie
Kalsiumoksalaat: Chemiese verbinding
Termogravimetriese meting van die monohidraat
  • CaC2O4 - die anhidraat word by 'n temperatuur bo 150 °C gevorm.
  • CaC2O4H2O - die vorm waarin dit verhandel word, bekend as die mineraal whewelliet
  • CaC2O4∙2H2O - bekend as weddelliet;
  • CaC2O4∙3H2O - bekend as caoxiet

Indien die monohidraatin droë stiktof verhit word, verloor dit eers sy kristalwater, daarna ontbind dit in twee stappe, eers na kalsiumkarbonaat en dan na kalsiumoksied:

    Die oorgangstemperatuur van die eerste stap kan in die teenwoordigheid van vog baie hoër wees.

Kristalstukture

Die anhidraat CaC2O4 het 'n monokliniese kristalstruktuur met ruimtegroep P2/m (nommer 10). Die eenheidsel is: a=616,44pm b=736,23pm c==953,72pm β=90.242°. Die kristalstruktuur van watervrye kalsiumoksalaat bevat twee tipes lae wat afwisselend gestapel word langs die x-as. Lae met kalsium wissel af met oksalaatlae. Daar is twee oksalaatione wat verskillende omringing het.

Die monohidraat kristalliseer in 'n monokliniese struktuur met ruimtegroep P21/n (nommer 14; gewoonlik as P21/c weergegee) en selkonstantes a=997,63(3) pm; b=1458,84 (4) pm c=629,13(3) pm en β=107,03(2)°. Dit is nogtans 'n superstruktuur. Daar is 'n omkeerbare faseoorgang teen 55°C, waarby die superstruktuurrefleksies verdwyn en die b-as gehalveer word. Die substruktuur het ruimtegroep I2/m (nommer 12, gewoonlik weergege as C2/m).

Die "weddeliet"-vorm van kalsiumoksalaat is tetragonaal. Dit is waarskynlik 'n dihidraat wat nog ekstra water kan opneem soos 'n seoliet. Die samestelling is ongeveer CaC2O4.(2+x)H2O met 0

Biologiese rol

Die meeste nierstene bestaan uit kalsiumoksalaat. Dit is die volopste vorm van nierstene. Dit word by 83% van mans en 66% van vroue met nierstene aangetref. Dit kan óf die monohidraat (whewelliet) óf die dihidraat (weddeliet) betref. Dikwels is dit effens gemeng met kalsiumfosfaat (apatief of brushiet). Dit kan die kristalkiem vorm. Whewellietstene hou verband met hiperoksaluria, terwyl weddelietstene met hiperkalsiuria verband hou.

Dit word ook in grond en blaarvullis aangetref, veral die mono- en die dihidraat. Swamme vorm dit and dit is 'n belangrike onderdeel van die biologiese en geochemiese prosesse wat in grond plaasvind. Die vorming van kalsiumoksalaat skep 'n kalsiumreservoir in die grond en beïnvloed die beskikbaarheid van fosfate.

Verwysings

Tags:

HidraatKalsiumMineraalOksaalsuurSout (chemiese stof)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeksismeDie Laaste Avondmaal (Leonardo)Spelerposisies in rugbyEkologieMateriaalTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)Pussy RiotFotosinteseResensieKorrupsieSatellietLabia (geslagsdele)Republiek die KongoKindermishandelingMorfeemAntisemitismeVierkantswortelWitbloedselLys van Nederlandse skildersHartversakingWelwitschia7de LaanYstertydperkRamsar-vleilande in Suid-AfrikaChemiese verbindingKunselementeBank (finansiële instelling)ReënJaarEerste WêreldoorlogBipolêre gemoedsteuringTweede WêreldoorlogVolhoubare ontwikkelingVerenigde State van AmerikaVervoerMiljardRina HugoVroueregteSoweto-opstandKlereOnderhandelinge om apartheid te beëindigStadJode in Suid-AfrikaReënspinnekopKoppelteken1990WortelMikro-ekonomieAnglisismeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaDomkragKrieketDriehoekWinnie Madikizela-MandelaRegeringRekenaarVulkaanMigrasie van voëlsSteenkool in Suid-AfrikaVeelvoudige sinBoontjieKlimaatsverandering in AfrikaGlobaliseringPlae van EgipteSelfstandige naamwoordLeah van NiekerkLys van kleureOopbroninhoudLiewe HeksieKonsonantKlein-KarooFinale OplossingMona Lisa🡆 More