Kalkoen: Genus van groot grondvoedende voëls inheems aan die Amerikas

’n Kalkoen is ’n groot voël in die genus Meleagris wat inheems aan die Amerikas is.

Die mannetjies van albei spesies het ’n kenmerkende vlesige uitgroeisel of lel wat van die bokant van die snawel hang. Hulle is van die grootste voëls in hul soort. Soos die geval is met baie lede van die orde Galliformes, of Hoendervoëls, is die mannetjies groter en baie kleurryker as die wyfies.

Kalkoen
Tydperk: 23–0 m. jaar gelede
Vroeë Mioseen – tans
Kalkoen: Taksonomie, Fossielrekord, Gebruik deur mense
Wilde kalkoen (Meleagris gallopavo).
Kalkoen: Taksonomie, Fossielrekord, Gebruik deur mense
Poukalkoen (Meleagris ocellata).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Meleagridinae

Gray, 1840
Genus:
Meleagris

Linnaeus, 1758
spesies
  • Meleagris gallopavo
  • Meleagris ocellata
Kalkoen: Taksonomie, Fossielrekord, Gebruik deur mense
Meleagris gallopavo

Taksonomie

Kalkoene val in die familie Phasianidae (fisante, patryse, korhoenders en hul verwante) in die orde Galliformes. Die genus Meleagris is die enigste oorlewende genus in die subfamilie Meleagridinae.

Oorlewende spesies

Beeld Wetenskaplike naam Algemene naam Verspreiding
Kalkoen: Taksonomie, Fossielrekord, Gebruik deur mense  Meleagris gallopavo Wilde of mak kalkoen Woude van Noord-Amerika, van Mexiko (waar hulle eerste deur die Maja mak gemaak is) deur die midwestelike en oostelike VSA tot in Suidoos-Kanada
Kalkoen: Taksonomie, Fossielrekord, Gebruik deur mense  Meleagris ocellata Poukalkoen Woude van die Yucatán-skiereiland

Fossielrekord

’n Paar kalkoene is van fossiele af beskryf. Die Meleagridinae is van die vroeë Mioseen (sowat 23 miljoen jaar gelede) af bekend, met die uitgestorwe genera Rhegminornis (vroeë Mioseen) en Proagriocharis (laat Mioseen / vroeë Plioseen). Eersgenoemde was waarskynlik ’n basale kalkoen en die ander een ’n meer kontemporêre voël wat nie baie soos bekende kalkoene was nie; albei was baie kleiner. ’n Kalkoenfossiel wat nie tot Meleagris behoort nie, maar ’n soortgelyke voël was, is van die laat Mioseen af bekend. In die moderne genus Meleagris is ’n hele aantal spesies al beskryf, want kalkoenfossiele is taamlik sterk en volop, en daar is groot verskille tussen individue. Baie van hierdie veronderstelde fossiele spesies word nou beskou as junior sinonieme. Een van hulle, die Kaliforniese kalkoen, Meleagris californica, het onlangs genoeg uitgesterf dat hulle nog deur vroeë menslike setlaars gejag is. Daar word geglo hulle het uitgesterf weens die gesamentlike druk wat veroorsaak is deur menslike jagters en die klimaatsverandering aan die einde van die laaste ystyd.

Gebruik deur mense

Kalkoen: Taksonomie, Fossielrekord, Gebruik deur mense 
’n Geroosterde kalkoen op die Kerstafel.

Die mens gebruik die spesie Meleagris gallopavo vir hul vleis. Hulle is van minstens 800 v.C. deur die inheemse volke van Meksiko mak gemaak. Hulle is teen 200 v.C. óf na die Suidwes-VSA uitgevoer óf ’n tweede keer mak gemaak deur die plaaslike inheemse volke. Die kalkoene is aanvanklik aangehou vir hul vere, wat in seremonies gebruik is en om klere en komberse te maak. Hulle is teen omstreeks 1100 n.C. die eerste keer deur Noord-Amerikaners vir hul vleis gebruik. In vergelyking met wilde kalkoene word mak kalkoene selektief geteel om groter te wees vir hul vleis. Kalkoene word dikwels op fees- en spesiale dae soos Kersfees en Danksegging geëet.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Kalkoen TaksonomieKalkoen FossielrekordKalkoen Gebruik deur menseKalkoen GaleryKalkoen VerwysingsKalkoen Eksterne skakelsKalkoen

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrika-WetAnglisismePussy RiotAlliterasieBlaarKankerSmaakEerste WêreldoorlogGroot vyfSonkragKunsmatige algemene intelligensieSelfvertroueWêreld- Ekonomiese ForumMadison IvyVoornaamwoordNasionale VrouedagAkuutPizzaVeelvoudige sinMenslike seksuele gedragKultuurKrampMorfologie (taalkunde)WoordsoortMuskeljaatkatGrondbesoedelingEnkelvoudige sinAfro-AmerikanersInsekTydSan Andreas-breukHomofoonFacebookToringSelfkonsepTienie HollowayWaterstofPriemgetalGawes van die Heilige GeesGianna MichaelsAntoniemAkroniemDemi Lee MooreByElon MuskSpringbokkeNedersettingStereotipeBreinkaartNazi-DuitslandAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidHolocaustAnilingusRasionale getalKoorsKappie (skryfteken)Chemiese verbindingPerdebyeHorlosieThe CranberriesTatoeëermerkJo BlackGesonde dieetSelakantNasionalismeVolstruisMuishondLionel MessiIntensiewe vormVerkoueOu Apostoliese KerkVerlede tydLimfvatstelselNasionale Party🡆 More