Maan Kalipso

Kalipso (Grieks: Καλυψώ) is ’n maan van Saturnus.

Dit is in 1980 deur Dan Pascu, P. Kenneth Seidelmann, William A. Baum en Douglas G. Currie ontdek uit grondgebaseerde waarnemings en het die voorlopige naam S/1980 S 25 gekry. In 1983 is dit amptelik genoem na Kalipso uit die Griekse mitologie. Dit is ook bekend as Saturnus XIV en Tethis C.

Kalipso   
Maan Kalipso
Kalipso, op 13 Februarie 2010 deur Cassini afgeneem.
Ontdekking
Ontdek deur
  • Dan Pascu
  • P. Kenneth Seidelmann
  • William A. Baum
  • Douglas G. Currie
Datum 13 Maart 1980
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 294 619 km
Wentelperiode 1,887802 d
Baanhelling 1,56°
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Afmetings 30,2 × 23 × 14 km 
Gem. radius 10,7±0,7 km
Rotasieperiode Sinkronies
Ashelling Nul

Beskrywing

Kalipso kom in die wentelbaan van Tethis voor: by die L5-punt 60 grade agter Tethis. Dié verhouding is die eerste keer in 1981 deur Seidelmann et al. waargeneem. Die maan Telesto lê by Tethis se L4-punt, 60 grade voor Tethis. Kalipso en Telesto is al "Tethis-trojane" genoem, na analogie van die trojaanasteroïdes, en is twee van net vier bekende trojaanmane.

Soos baie klein mane van Saturnus en die asteroïdes het Kalipso ’n onreëlmatige vorm. Dit het groot kraters en vermoedelik los oppervlakmateriaal wat die kraters gladder laat lyk. Dit het een van die bes weerkaatsende oppervlakke (by visuale golflengtes) in die Sonnestelsel, met ’n albedo van 1,34. Hierdie hoë albedo is die gevolg van die maan se bestrooiing met deeltjies uit Saturnus se E-ring, ’n dowwe ring wat bestaan uit klein waterysdeeltjies uit die geisers by die maan Enkelados se suidpool.

Verwysings

Bronne

  • Marsden, Brian G. (31 Julie 1980). "Satellites of Saturn" (discovery). IAU Circular. 3496. Besoek op 23 Desember 2011.
  • Marsden, Brian G. (11 Desember 1980). "Satellites of Saturn". IAU Circular. 3549. Besoek op 23 Desember 2011.
  • Marsden, Brian G. (16 April 1981). "Satellites of Saturn". IAU Circular. 3593. Besoek op 23 Desember 2011.
  • Marsden, Brian G. (18 Mei 1981). "Satellites of Saturn". IAU Circular. 3605. Besoek op 23 Desember 2011.
  • Marsden, Brian G. (30 September 1983). "Satellites of Jupiter and Saturn". IAU Circular. 3872. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2011. Besoek op 23 Desember 2011.
  • Mason, Betsy (15 Februarie 2010). "New Close-Ups of Saturn's Moons Mimas and Calypso". wired.com. Condé Nast Digital. Besoek op 23 Desember 2011.
  • Seidelmann, P. K.; Harrington, R. S.; Pascu, D.; Baum, W. A.; Currie, D. G.; Westphal, J. A.; Danielson, G. E. (1981). "Saturn satellite observations and orbits from the 1980 ring plane crossing". Icarus. 47 (2): 282. Bibcode:1981Icar...47..282S. doi:10.1016/0019-1035(81)90172-X.
  • Thomas, P. C. (Julie 2010). "Sizes, shapes, and derived properties of the saturnian satellites after the Cassini nominal mission" (PDF). Icarus. 208 (1): 395–401. Bibcode:2010Icar..208..395T. doi:10.1016/j.icarus.2010.01.025. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Desember 2018. Besoek op 13 Oktober 2018.
  • Verbiscer, A.; French, R.; Showalter, M.; Helfenstein, P. (9 Februarie 2007). "Enceladus: Cosmic Graffiti Artist Caught in the Act". Science. 315 (5813): 815. Bibcode:2007Sci...315..815V. doi:10.1126/science.1134681. PMID 17289992. Besoek op 20 Desember 2011.

Eksterne skakels

Tags:

Maan Kalipso BeskrywingMaan Kalipso VerwysingsMaan Kalipso Eksterne skakelsMaan KalipsoGrieksGriekse mitologieKalipso (mitologie)Natuurlike satellietSaturnus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HoofstadWeer (meteorologie)BelastingWetenskaplike klassifikasieSamestellingThys die BosveldklongVerenigde State van AmerikaLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKlimaatsverandering in AfrikaVarkHaasAarde se atmosfeerEkostelselBruto binnelandse produkBees2001TennisOos-KaapLiesbreukVars waterGawes van die Heilige GeesHokkieChristiane JaccottetXenofobie in Suid-AfrikaJodeKongo-krisisLandbou in Suid-AfrikaBek-en-klouseerKonflik (proses)WebwerfBevolkingsafnameNuwe TestamentAbstraksie (rekenaarwetenskap)RoofvoëlNamibiëJacques LootsHemelBesemPuberteitOnderhandelinge om apartheid te beëindigAfrikaansToestand van materieAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidVlag van Suid-AfrikaVerantwoordelikheidLys van Afrikaanse televisiereekse23 AprilEkonomiese sektorKlavierLys van Nederlandse skildersGriekwa-AfrikaansIronieInentingLionel PetersonIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieMiddeloorontstekingLys van nedersettings in Suid-AfrikaMetaalSwart nasionalisme1200United Democratic FrontLys van visseWebjoernaalGoogleArthur GrumiauxKBeroerteAspoestertjieJazzAngina pectorisNagmaalFacebookBesoedelingClanwilliam-sandvisDigvormAppelBors🡆 More