Borneo: Derde grootste eiland in die wêreld volgens gebied, geleë in Suidoos-Asië

Borneo (Indonesies: Kalimantan; Maleis: Pulau Borneo), die wêreld se derde grootste eiland, ná Groenland en Nieu-Guinee, beslaan 'n oppervlakte van 743 330 km² en word begrens deur die Suid-Chinese See in die noordweste, die Soeloesee in die noordooste, die Celebessee in die ooste en die Javasee in die suide.

Borneo is die grootste en mees noordelike van die vier Groot Soenda-eilande asook die grootste eiland van Asië. Dit is in die noorde van Java, in die noordooste van Soematra, in die ooste van die Maleise Skiereiland, in die suidweste van die Filippyne en in die noordweste van Soelawesi langs die ewenaar geleë. In die suidweste verbind die Karimatastraat die Javasee met die Suid-Chinese See en in die suidooste verbind die Makassarstraat die Celebessee met die Javasee.

Borneo
Inheemse naam: Kalimantan (Indonesië)
Pulau Borneo (Broenei en Maleisië)
Topografiese kaart van Borneo
Topografiese kaart van Borneo
Geografie
Borneo: Geografie, Flora, Fauna
Ligging Suidoos-Asië
Koördinate 01°N 114°O / 1°N 114°O / 1; 114 114°O / 1°N 114°O / 1; 114
Argipel Groot Soenda-eilande

Oppervlakte 743 330 vk km
Hoogste punt Berg Kinabalu 4 095 m
Administrasie
Vlag van Broenei Broenei
Distrikte Belait, Brunei en Muara, Temburong, Tutong

Hoofstad Bandar Seri Begawan
Grootste stad Bandar Seri Begawan (50 000)

Vlag van Indonesië Indonesië
Provinsies Wes-, Sentraal-, Suid-, Oos-, Noord-Kalimantan

Grootste stad Samarinda (842 691)

Vlag van Maleisië Maleisië
Deelstate Sabah, Sarawak

grootste stad Kuching (617 886)

Demografie
Bevolking 21 258 000

Bevolkingsgroepe Kadazan-Dusun, Murut, Rungus-Momogun, Dayak, Maleiers, Han-Chinese, Banjar, Javane, Soendanese
Die wêreld se derde grootste eiland en Asië se grootste eiland
Borneo: Geografie, Flora, Fauna
Nasa-Satellietbeeld van Borneo

Die grootste deel van Borneo se kus langs die Suid-Chinese See vorm die oostelike deel van Maleisië met die klein eksklawe Broenei tussenin, terwyl die oorblywende deel van dié eiland aan die eilandnasie Indonesië behoort. Dié eiland is op die aardbol net teenoor die Amasonerivier se reënwoud geleë en vorm dus die antipode. Borneo is veral bekend vir een van die wêreld se oudste reënwoude wat die enigste habitat van die Orangoetang vorm. As gevolg van sterk ontbossing is hierdie groot ape ernstig bedreig. Die eiland se langste rivier is die Kapuas wat in Sentraal-Borneo net suid van die grens tot Maleisië in die provinsie Wes-Kalimantan ontspring, in 'n suidwestelike rigting vloei en by Pontianak in die Karimatastraat uitmond.

Borneo se naam is dalk afgelei van die plaaslike naam vir die kokosneut, "Buah Nyiur". Broenei se naam is moontlik afgelei van die Sanskrit-woord váruṇa (वरुण) vir "water", of Varuna, die Hindoegod van reën. Inheemse Indonesiërs noem die eiland Kalimantan, wat afgelei is van die Sanskrit-woord Kalamanthana, wat "brandende weer-eiland" beteken en na die eiland se warm en vogtige tropiese weer verwys.

Borneo het 'n bevolking van sowat 21 miljoen, waarvan die meeste Javane is, gevolg deur verwante etniese groepe soos Maleiers en Soendanese. Hulle besig hul eie moedertale, onderskeidelik Javaans, Maleis en Soendanees, maar ook die ampstaal van Indonesië, Indonesies. Al dié tale behoort tot die Maleis-Polinesiese tale. Chinees is die moedertaal van die Han-Chinese wat hulle veral in onlangse dekades op Borneo kom vestig het.

In Augustus 2019 het die Indonesiese president Joko Widodo aangekondig om die hoofstad van die "sinkende" Djakarta na 'n nuwe stad in die provinsie Oos-Kalimantan op Borneo te verskuif.

Geografie

Borneo: Geografie, Flora, Fauna 
Politiese kaart van Borneo
Deelstaat
of Provinsie
Hoofstad Land Oppervlakte
(km²)
Oppervlakte
(%)
Bevolking
(2010-sensus)
Bevolking
(%)
Broenei Bandar Seri Begawan Onafhanklike Sultanaat 5 770 0,77 406 200
(2009-skatting)
2,1
Sarawak Kuching Maleisië 124 450 16,55 2 420 009 12,2
Sabah Kota Kinabalu Maleisië 73 619 9,79 3 120 040 15,7
Labuan Victoria Maleisië
Federale gebied
92 0,01 85 272 0,4
Oos-Maleisië Maleisië 198 161 26,4 5 625 321 28,4
Wes-Kalimantan Pontianak Indonesië 146 760 19,5 4 393 239 22,2
Sentraal-Kalimantan Palangkaraya Indonesië 152 600 20,3 2 202 599 11,1
Suid-Kalimantan Banjarmasin Indonesië 37 660 5,0 3 626 119 18,3
Oos-Kalimantan Samarinda Indonesië 210 985 28,1 3 550 586 17,9
Noord-Kalimantan Tanjung Selor Indonesië 71 177 9,46 525 000 2,65
Kalimantan Indonesië 548 005 72,9 13 772 543 69,5
Borneo Drie lande 751 936 100 19 804 064 100

Flora

Fauna

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Borneo GeografieBorneo FloraBorneo FaunaBorneo VerwysingsBorneo Eksterne skakelsBorneoAsiëCelebesseeEilandEwenaarFilippyneGroenlandGroot Soenda-eilandeIndonesiesJava (eiland)JavaseeMaleisMaleise SkiereilandNieu-GuineeSoelawesiSoeloeseeSoematraSuid-Chinese See

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

FilosofieGewone tarentaalMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaKolonoskopiePlae van EgipteApostoliese GeloofsbelydenisTydMediaWikiSeksualiteitNatuurbewaringBorsbeenLongGawes van die Heilige GeesKoolhidraatLys van Suid-Afrikaanse musikanteISBNOrthopteraDermpoliepRynhesseGrysstofYouTubeRugbywêreldbeker 1991AllergieRob HersovRam (sterreteken)VulvaOopbroninhoudOrgaanOlimpiese godeAppelblaarWit-DonderdagRefentse MorakeHeliosfeerPaarl GimnasiumMadison IvyPG du PlessisAspergersindroomOrtopedieAkira ToriyamaMuishondRenteKoppeltekenKonjunktivitisLewerLeeuSuid-Afrikaanse randLika BerningVrouVoorsetselAasblomTropiese huisgeitjieKameelperdWaarheid-en-versoeningskommissieIerse nasionale rugbyspanOssewaSwartbewussynsbewegingAuschwitz-konsentrasiekampUniversiteit StellenboschEreksieWeer (meteorologie)HartversakingHorlosiePeach van PletzenNagapieDuitse perdebyHomoniemMeervoudPeniskankerDissipel vir wie Jesus baie lief wasPalmsondagVlag van Afghanistan🡆 More