Kalifaat

Die term kalifaat (van Arabies خلافة khilāfa) verwys na die eerste regeringstelsels in Islam en verteenwoordig die politieke mag en eenheid van die Moslemwêreld.

Aanvanklik is dit gelei deur die dissipels van Mohammed as 'n voortsetting van die politieke mag wat gevestig is deur die profeet bekend as Alawitiese kalifat in die streek van Rojava

Kalifaat
Die eerste islamiese kalifaat


Die kalief, of staatshoof, was dikwels bekend as Amir al-Mu'minin (أمير المؤمنين), "Aanvoerder van die Gelowiges". Mohammed het Medina sy hoofstad gemaak en ná sy dood het dit die hoofstad gebly vir die res van die rasjidoen-tydperk.

Die eerste vier kaliefs was die sogenaamde "reggeleide" kaliefs: Aboe Bakr As-Siddiq, Omar ibn al-Khattab, Oethman ibn Affan en Ali ibn Abi Talib.

Hierna is die kalifaat opgeëis deur verskeie dinastieë, soos die Omajjadiese, die Abbasidiese en die Ottomaanse Kalifaat, en vir kort periodes deur ander mededingende dinastieë in Noord-Afrika. Mustafa Kemal Atatürk het die laaste kalifaat, die Ottomaanse Kalifaat, in 1924 amptelik afgeskaf en die Republiek van Turkye gestig.

Reggeleide kaliefs

Hier volg 'n lys van reggeleide kaliefs:

1. Aboe Bakr (632-634)

Hy was Mohammed se direkte opvolger en dus die eerste kalief. Hy was Mohammed se gunstelingvrou, Aisha, se pa. Mohammed en Ashia is getroud toe sy net nege jaar oud (of jonger) was.

Ná die Slag van Yamama, waarin 700 Moslems wat Mohammed se woorde gememoriseer het dood is, het hy Zaid ibn Thabit aangestel om Mohammed se openbarings neer te skryf. Zaid voltooi sy manuskrip twee jaar na Mohammed se dood in 634 n.C.

2. Omar ibn al-Khattab (634-644)

Hy was die pa van Hafsa, een van Mohammed se vroue. Hy is deur 'n Persiër vermoor.

3. Oethman ibn Affan (644-656)

Hy was die man van Mohammed se dogters Ruqayya en later Umm Kulthum.

In 651 n.C. (ongeveer 19 jaar ná die dood van Mohammed) was daar baie verskillende sienings oor wat in die Koran moes staan, en daarom het Oethman die volgende vier mense aangestel om ’n amptelike Koran saam te stel: Zaid ibn Thabit, Abdullah bin Az-Zubair, Sa’id bin Al-As en Abdur-Rahman bin Harith.

4. Ali ibn Abi Talib (656-661)

Hy was Mohammed se neef en die man van Mohammed se dogter Fatimah. Alle moderne afstammelinge van Mohammed is deur Ali.

Verwysings

Tags:

Kalifaat Reggeleide kaliefsKalifaat VerwysingsKalifaatArabiesIslamMohammed

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OorstromingVerdampingWieg van die MensdomAnneli van RooyenRudi ClaaseBonné de BodOvulasieSamestellingAmandelRassisme in AfrikaVaste stofSeksVloeistofBreingewasJansenvilleWêreld- Ekonomiese ForumKobus LombardWebblaaierWaterbesparing in Suid-AfrikaRugbyTelefoonHenry MurrayKongo-krisisKlawers (speelkaarte)SonnestelselTradisionele literatuurWielewaalLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaAardeChloorMiddeloorontstekingMaagsweerDeelstate van die Verenigde State van AmerikaMierNiemetaalLeah van NiekerkLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsWater (molekuul)VrouAprilAfrikaanse Protestantse KerkNasionalismeNG gemeente JansenvilleBloedvergiftigingBipolêre gemoedsteuringLandbouSharpeville-slagtingPrimêre sektor van die ekonomieSosiale mediaPapegaaieSelfoonPlae van EgipteBlaarMonopolieKernkragSkerpioenLys van Suider-Afrikaanse soogdiereErdwurmAkroniemAnilingusSwangerskapCutt GlasDiarreeSuikersiekteYstervarkWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaRooikatAlice MunroMagnesiumNasiebouApostelVulvaNoordwes🡆 More