Kalanchoe

Kalanchoe is ’n genus van sowat 125 spesies tropiese blomvetplante in die familie Crassulaceae, wat inheems is aan Suider- en Oos-Afrika, Madagaskar en Suidoos-Asië tot by China.

Kalanchoe
Kalanchoe
Kalanchoe blossfeldiana.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Saxifragales
Familie:
Subfamilie:
Kalanchoideae
Genus:
Kalanchoe

Adans. 1763

Eienskappe

Die meeste spesies is struike of meerjarige plante, maar ’n paar is een- of tweejarig. Die grootste een, Kalanchoe beharensis van Madagaskar, kan tot 6 meter hoog word, maar die meeste is minder as ’n meter hoog.

Die plante is gewilde sierplante: as huisplante of buite as rots- en vetplante. Hulle is maklik om voort te plant, het min water nodig en het in die winter blomme in ’n groot verskeidenheid kleure wat gewoonlik in trosse aan lang stingels gedra word.

Probleme

Sommige spesies is giftig. In die Karoostreek van Suid-Afrika kan dit krimpsiekte by diere veroorsaak.

As die plante in die winter te nat gehou word, kan hulle verrot en die blare kan afval. Swamvlekke wat swart word, kan dui op meeldou.

Spesies

Die groot verskeidenheid blomme van Kalanchoe.

Verskeie dwergkultivars van K. blossfeldiana kom voor met blomme wat rooi, oranje of pienk is. Van die ander spesies is:

  • Kalanchoe adelae
  • Kalanchoe arborescens
  • Kalanchoe beauverdii
  • Kalanchoe beharensis
  • Kalanchoe bentii
  • Kalanchoe blossfeldiana
  • Kalanchoe bouvetii
  • Kalanchoe bracteata
  • Kalanchoe crenata
  • Kalanchoe crundallii
  • Kalanchoe daigremontiana
  • Kalanchoe dinklagei
  • Kalanchoe eriophylla
  • Kalanchoe farinacea
  • Kalanchoe figuereidoi
  • Kalanchoe flammea
  • Kalanchoe gastonis-bonnieri
  • Kalanchoe glaucescens
  • Kalanchoe gracilipes
  • Kalanchoe grandidieri
  • Kalanchoe grandiflora
  • Kalanchoe hildebrantii
  • Kalanchoe jongmansii
  • Kalanchoe kewensis
  • Kalanchoe laciniata
  • Kalanchoe lateritia
  • Kalanchoe laxiflora
  • Kalanchoe linearifolia
  • Kalanchoe longiflora
  • Kalanchoe luciae
  • Kalanchoe macrochlamys
  • Kalanchoe marmorata
  • Kalanchoe marnieriana
  • Kalanchoe millottii
  • Kalanchoe miniata
  • Kalanchoe nyikae
  • Kalanchoe obtusa
  • Kalanchoe orgyalis
  • Kalanchoe petitiana
  • Kalanchoe porphyrocalyx
  • Kalanchoe pubescens
  • Kalanchoe pumila
  • Kalanchoe quartiniana
  • Kalanchoe rhombopilosa
  • Kalanchoe robusta
  • Kalanchoe rosei
  • Kalanchoe rotundifolia
  • Kalanchoe schizophylla
  • Kalanchoe serrata
  • Kalanchoe sexangularis
  • Kalanchoe streptantha
  • Kalanchoe suarezensis
  • Kalanchoe synsepala
  • Kalanchoe thyrsiflora
  • Kalanchoe tomentosa
  • Kalanchoe tubiflora
  • Kalanchoe uniflora
  • Kalanchoe velutina
  • Kalanchoe viguieri

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Kalanchoe EienskappeKalanchoe ProblemeKalanchoe SpesiesKalanchoe VerwysingsKalanchoe Eksterne skakelsKalanchoe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Guillain-Barré-sindroomLys van chemiese elemente volgens atoomgetalNelson MandelaErica BoyerLys van Afrikaanse skrywersPaulus van TarsusOu Apostoliese KerkBloeddrukMakazole MapimpiKewerSuikersiekteAfrikanersOlimpiese godeTrappe van vergelykingSamsung GroepSmall HandsGalblaasRooikatDeon MeyerJan BloukaasGriepGeurmiddelMenseregteMangelSeksuele stimulasieLys van veltoestandeGewone tarentaalE-posRefentse MorakeStrandbeestWoordeboek van die Afrikaanse TaalVratHernubare energieAntoniemNoord-KaapVolhoubaarheidMuggieSeekoeiSigaretHartParysMarsJan van RiebeeckLys van politieke partye in Suid-AfrikaPsigopatieAustraliëLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)BoomBTWBywoordXhosaSleurkragIdioomMeksikoHomoniemWes-KaapSpookvoëlEikelWaarheid-en-versoeningskommissieTobie Cronjé21 v.C.Bernice WestJodeTuberkuloseNamibiëSean CombsJerusalemKalenderBloemfontein🡆 More