Die Kaapstad-hawe is ’n hawe in Kaapstad, Suid-Afrika.
Dit is in Tafelbaai geleë en was voorheen bekend as die Tafelbaaise Hawe.
Kaapstad-hawe | ||
’n Lugfoto van die hoofdeel van die Kaapstad-hawe met Leeukop en Vlaeberg op die agtergrond. | ||
Land | Suid-Afrika | |
Ligging | Tafelbaai | |
Besonderhede | ||
Soort hawe | Kunsmatig | |
Gebou | Vanaf 1860 | |
Bestuur deur | Transnet | |
Statistiek | ||
Houers p.j. | 719 825 TEU's (2010) | |
Webtuiste | Transnet |
Vanweë sy posisie aan een van die wêreld se besigste handelsroetes is dit een van die bedrywigste hawens in die land; dit hanteer die grootste hoeveelheid vars vrugte en is naas die Durban-hawe die grootste houerhawe. Dit het ook groot herstel- en onderhoudsgeriewe wat deur talle groot hengelvlote en ’n deel van Wes-Afrika se olienywerheid gebruik word. Danksy talle toeriste-attraksies in die hawe en omgewing doen baie passasierskepe ook daar aan.
Die hawe het deur die eeue saam met Kaapstad ontwikkel, vanaf 6 April 1652 toe Jan van Riebeeck van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) ’n voorsieningstasie vir matrose daar begin het. Vroeëre ontdekkingreisigers het dit reeds van die laat 15de eeu af Tafelbaai genoem.
Die eerste konstruksie in die hawe was ’n hawehoof wat Van Riebeeck in 1654 laat bou het. Skepe het in die baai anker gegooi en goedere is met kleiner skuite na en van die land vervoer.
Tafelbaai is bekend vir sy woeste storms in die winter. Die VOC het enorme verliese gely – in so ’n mate dat die hawe later vir die wintermaande gesluit is. Skepe het dan eerder Simonsbaai (deel van Valsbaai, waar Simonstad nou geleë is) aangedoen.
’n Hewige storm in 1858, lank ná die ontbinding van die VOC, het 30 skepe laat strand en tot groot lewensverlies gelei. Lloyd's of London het geweier om daarna skepe in die winter in Tafelbaai te verseker, en dit het daartoe gelei dat die Britse koloniale regering in 1860 begin het met die bou van die eerste breekwater en daarna die Victoria- en die Alfred-dok, die eerste veilige hawe. Sedertdien is die hawe in ’n groot mate uitgebrei.
Die hawe is deur die eeue aansienlik uitgebrei en bestaan vandag uit verskillende dele:
Die hawe is 24 uur per dag, sewe dae per week oop. Dit word deur Transnet bestuur. Alle skepe wat die hawe binnekom, moet ’n haweloods aan boord hê.
18°26′O / 33.900°S 18.433°O
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kaapstad-hawe, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.