Die Kaapse tiptol word 19–21 cm lank, hul kleur is grysbruin met 'n diagnostiese wit oogring en geel onderstertdekvere.
Kaapse tiptol | |
---|---|
In die Addo-Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. capensis |
Binomiale naam | |
Pycnonotus capensis (Linnaeus, 1766) | |
Kaapse tiptol-verspreiding in Suid-Afrika |
Op die kop pronk 'n klein kuifie. Die kort, reguit snawel, bene en pote is swart en die oog se iris is donkerbruin. Die geslagte se verekleed is soortgelyk. Hierdie spesie is baie donkerder as die ander Suid-Afrikaanse tiptolle, en verskil van oogringkleur en bruin laerbuik, waar ander donker tiptolle 'n ligter buikkleur het. Die donker buikkleur help mens om jongelinge te identifiseer, wat nie die kenmerkende oogring van die volwassene besit nie.
Die Kaapse tiptol is 'n algemene en opvallende voël, wat geneig is om bo-op 'n bos te sit. Hulle is baie aktief en lawaaierig, gewoonlik saam in pare of klein groepies op soek na kos soos vrugte, nektar en insekte.
Hul neste word in sekere gebiede geparasiteer deur die Bontnuwejaarsvoël, wat haar eiers saam in die nes lê en van die tiptol verwag om dit vir haar uit te broei (tipiese koekoekgedrag).
Die tipiese roep van hierdie spesie is 'n gefluit van twee of meer verskillende note van pit-peet-pitmajol, piet-piet-patata.
Sien kaart regs.
Wiki Commons bevat media in verband met Kaapse tiptol. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kaapse tiptol, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.