Die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste (afgekort as Kruik of KRUIK) is in 1963 gestig nadat die Nasionale Teaterorganisasie die vorige jaar ontbind en deur vier provinsiale rade vervang is.
Die doel was om die uitvoerende kunste in die Kaapprovinsie te bevorder. Die raad het ’n subsidie van die staat gekry om verskillende kunsvorms aan te bied en ’n teater te bedryf.
Dit is geregistreer as ’n niewinsgewende vereniging en is bestuur deur ’n raad wat verteenwoordig is deur die provinsiale administrateur en verteenwoordigers van die provinsie, die stad Kaapstad, die departement van nasionale opvoeding, die sakesektor en kunstenaars.
Kruik het vier kunsvorms aangebied: orkes, opera, ballet en toneel. Die geselskappe het voltydse kunstenaars, tegniese en adminitratiewe personeel gehad. In 1994 moes die onderskeie geselskappe onafhanklik word. Kunstekaap is op 27 Maart 1999 gestig om Kruik te vervang. Hul basis, die Nico Malan-teater, is hernoem na die Kunstekaap-teatersentrum.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kruik, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.