Köppen-Klimaatklassifikasie

Die Köppen-klimaatklassifikasie is een van die mees gebruikte klimaatklassifikasiestelsels.

Dit is die eerste keer in 1884 deur die Russies-Duitse klimatoloog Wladimir Köppen gepubliseer, met verskeie latere aanpassings deur Köppen, veral in 1918 en 1936. Later het die Duitse klimatoloog Rudolf Geiger saam met Köppen aan veranderings gewerk (1954, 1961), en daarom word dit soms die Köppen-Geiger-klimaatklassifikasiestelsel genoem.

Köppen-Klimaatklassifikasie
’n Köppen-klimaatkaart

Die stelsel is in die middel 1960's weer aangepas binne die Trewartha-klimaatklassifikasiestelsel (en in 1980 hersien).

Betekenis van die simbole

Simbole van die Köppen-klimaatklassifikasiestelsel
1ste 2de 3de
A (Tropies) f (Reënwoud)
m (Moeson)
w (Savanna, nat)
s (Savanna, droog)
B (Droog) W (Woestyn)
S (Steppe)
h (Warm)
k (Koud)
n (Met gereelde mis)
C (Gematig) s (Droë somer)
w (Droë winter)
f (Sonder droë seisoen)
a (Baie warm somer)
b (Warm somer)
c (Koue somer)
D (Koud (kontinentaal)) s (Droë somer)
w (Droë winter)
f (Sonder droë seisoen)
a (Baie warm somer)
b (Warm somer)
c (Koue somer)
d (Baie koue winter)
E (Polêr) T (Toendra)
F (Ewige winter (yskap))

Die Köppen-klimaatklassifikasiestelsel deel klimate in vyf hoofklimaatgroepe in: A (tropies), B (droog), C (gemiddeld), D (kontinentaal) en E (polêr). Die tweede letter dui die soort seisoenneerslag aan en die derde letter die hittevlak.

Groep A: Tropiese (megatermiese) klimate

Dié soort klimaat het elke maand van die jaar ’n gemiddelde temperatuur van 18 °C of hoër, met aansienlike neerslag.

  • Af = Tropiese reënwoudklimaat; gemiddelde neerslag van minstens 60 mm elke maand.
  • Am = Tropiese moesonklimaat; droogste maand (wat amper altyd met of naby die wintersonstilstand vir daardie kant van die ewenaar voorkom) met neerslag van minder as 60 mm, maar meer as 4% van die totale jaarlikse neerslag.
  • Aw of As = Tropiese nat en droog of savannaklimaat; met die droogste maand wat neerslag van minder as 60 mm en minder as 4% van die totale jaarlikse neerslag het.

Groep B: Droë (dor en halfdor) klimate

Dié soort klimaat word gekenmerk deur min neerslag.

Vermenigvuldig die gemiddelde jaarlikse temperatuur in Celsius met 20 en voeg dan by

    (a) 280 as 70% of meer van die totale neerslag in die lente en somer voorkom (April-September in die Noordelike Halfrond of Oktober-Maart in die Suidelike Halfrond)
    (b) 140 as 30%-70% van die totale neerslag in die lente en somer voorkom
    (c) 0 as minder as 30% van die totale neerslag in die lente en somer voorkom.

As die jaarlikse neerslag minder as 50% van hierdie drempel is, is die klassifikasie BW (dor: woestynklimaat); as dit tussen 50% en 100% van die drempel is, is die klassifikasie BS (halfdor: steppeklimaat).

’n Derde letter kan bygevoeg word om die temperatuur aan te dui. Volgens die moderne gebruik beteken h die koudste maand het ’n gemiddelde temperatuur van bo 0 °C en k dat minstens een maand gemiddeld kouer as 0 °C is. Die n word gebruik om ’n klimaat aan te dui wat deur gereelde mis gekenmerk word.

  • BWh = Warm woestynklimaat
  • BWk = Koue woestynklimaat
  • BWn = Woestynklimaat met gereelde mis
  • BSh = Warm, halfdor klimaat
  • BSk = Koue, halfdor klimaat
  • BSn = Halfdor klimaat met gereelde mis

Groep C: Gematigde (mesotermiese) klimate

Dié soort klimaat se koudste maand is gemiddeld tussen 0 °C en 18 °C en minstens een maand is gemiddeld warmer as 10 °C.

  • Cfa = Gematigde reënklimaat; koudste maand is gemiddeld bo -3 °C, minstens een maand gemiddeld bo 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene en geen droë maande in die somer nie.
  • Cfb = Gematigde oseaniese klimaat; koudste maand gemiddeld 0 °C, alle maande gemiddeld onder 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene.
Köppen-Klimaatklassifikasie 
’n Köppen-klimaatkaart van Afrika.
Köppen-Klimaatklassifikasie 
’n Köppen-klimaatkaart van Oseanië.
  • Cfc = Subpolêre oseaniese klimaat; koudste maand gemiddeld bo 0 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene.
  • Cwa = Humiede subtropiese klimaat beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld bo 0 °C, minstens een maand gemiddeld bo 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Cwb = Subtropiese hooglandklimaat of gematigde oseaniese klimaat beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld bo 0 °C, alle maande gemiddeld onder 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Cwc = Koue subtropiese hooglandklimaat of subpolêr oseaniese klimaat beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld bo 0 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Csa = Mediterreense klimaat met baie warm somers; koudste maand gemiddeld bo 0 °C, minstens een maand gemiddeld bo 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, en die droogste maand van die somer kry minder as 30 mm.
  • Csb = Mediterreense klimaat met warm somers; koudste maand gemiddeld bo 0 °C, alle maande gemiddeld onder 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, en die droogste maand van die somer kry minder as 30 mm.
  • Csc = Mediterreense klimaat met koel somers; koudste maand gemiddeld bo 0 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, en die droogste maand van die somer kry minder as 30 mm.

Groep D: Kontinentale (mikrotermiese) klimate

Dié soort klimaat het minstens een maand wat gemiddeld kouer is as -3 °C en minstens een maand bo 10 °C.

  • Dfa = Humiede kontinentale klimaat met baie warm somers; koudste maand gemiddeld onder -3 °C, minstens een maand gemiddeld bo 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene nie.
  • Dfb = Humiede kontinentale klimaat met warm somers; koudste maand gemiddeld onder -3 °C, alle maande gemiddeld onder 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene nie.
  • Dfc = Subarktiese klimaat; koudste maand gemiddeld onder -3 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene.
  • Dfd = Uiters koue subarktiese klimaat; koudste maand gemiddeld onder −38 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Geen aansienlike neerslagverskil tussen seisoene.
  • Dwa = Humiede kontinentale klimaat met baie warm somers beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld onder 0 °C, minstens een maand gemiddeld bo 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Dwb = Humiede kontinentale klimaat met baie warm somers beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld onder 0 °C, alle maande gemiddeld onder 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Dwc = Subarktiese klimaat beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld onder 0 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Dwd = Uiters koue subarktiese klimaat beïnvloed deur moesonwinde; koudste maand gemiddeld onder −38 °C en een tot drie maande gimiddeld bo 10 °C. Minstens 10 keer soveel reën in die natste maand van die somer as in die droogste maand van die winter.
  • Dsa = Humiede kontinentale klimaat met baie warm somers beïnvloed deur die Mediterreense klimaat; koudste maand gemiddeld onder 0 °C, warmste maand gemiddeld bo 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, met minder as 30 mm in die droogste maand van die somer.
  • Dsb = Humiede kontinentale klimaat met warm somers beïnvloed deur die Mediterreense klimaat; koudste maand gemiddeld onder 0 °C, warmste maand gemiddeld onder 22 °C en minstens vier maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, met minder as 30 mm in die droogste maand van die somer.
  • Dsc = Subarktiese klimaat; koudste maand gemiddeld onder 0 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, met minder as 30 mm in die droogste maand van die somer.
  • Dsd = Uiters koue subarktiese klimaat; koudste maand gemiddeld onder −38 °C en een tot drie maande gemiddeld bo 10 °C. Minstens drie keer soveel neerslag in die natste maand van die winter as in die droogste maand van die somer, met minder as 30 mm in die droogste maand van die somer.

Groep E: Polêre en alpynse (berg-)klimate

In dié soort klimaat is elke maand van die jaar gemiddeld onder 10 °C.

  • ET = Toendraklimaat; warmste maand gemiddeld tussen 0 °C en 10 °C.
  • EF = Yskapklimaat; ewige winter, met al 12 maande van die jaar gemiddeld onder 0 °C.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jan van TonderMosesSpringbokkeDemokrasieAustraliëYstervarkDrakensbergeDemografie van Suid-AfrikaAandagstreepDeelwoordOorstromingProstaatklierBraaiTweede WêreldoorlogNamibiëMetaalDonkieC. Louis LeipoldtBreinAtoomKartografieEmfiseemKunsmatige intelligensieErfenisGianna MichaelsGoudResensieNazi-DuitslandTuberkuloseGriekwa-AfrikaansWikiquotePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaChemiese elementVryheidsmanifesVolstruisElandréPampoentjiesLabia (geslagsdele)Cristiano RonaldoAnneli van RooyenHemelBesemDistillasieApartheidMynbedryf van Suid-AfrikaNatuurwetenskapAgtergrond (narratief)Olimpiese SomerspeleMahatma GandhiNuwe TestamentWayde van NiekerkWitrenosterVerkleurmannetjieOos-KaapOnderhoudProstaatkankerGloeilampKindersiektesN.P. van Wyk LouwKunstenaarStikstofMiddeloorontstekingSeksueel oordraagbare infeksieHemelvaartGeelsugLys van Nederlandse skildersHorlosieBoor (element)AardeSikloonErfenisdag (Suid-Afrika)Narsistiese persoonlikheidsteuringMieliestronkLiesbreukAborsieAnrich HerbstEkonomie van Suid-Afrika🡆 More