Justus Tshungu (18 Oktober 1925 – 29 April 2019) was 'n omroeper en die eerste swart Suid-Afrikaner wat Afrikaans oor die radio gepraat het.
Hy is in Kranskop, Modimolle, gebore. Hy is in 1960 as omroeper by die SAUK se Noord-Sotho-diens aangestel. Later is hy tot senior openbare skakelbeampte van die Sotho- en Ngunidiens van die SAUK bevorder. Hy was in die beginjare by televisie betrokke en het 'n Artes-toekenning vir sy televisiereeks Kamera II ontvang. Hy kon Afrikaans, Engels, Sepedi, Tsonga en Suid-Sotho vlot praat.
Justus Tshungu | |
---|---|
Gebore | |
Sterf | 29 April 2019 (op 93) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Radio-omroeper |
Bekend vir | die eerste swart Suid-Afrikaner wat Afrikaans oor die radio gepraat het |
Hy sterf op 29 April 2019 aan natuurlike oorsake.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Justus Tshungu, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.