Justin Fox: Suid-Afrikaanse skrywer, fotojoernalis en dosent van Kaapstad

Justin Fox (gebore 4 Mei 1967) is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, fotojoernalis en dosent van Kaapstad.

Hy was tot in 2020 redakteur van die tydskrif Getaway en het internasionaal vryskutwerk vir baie koerante en tydskrifte gedoen.

Justin Fox
Justin Fox: Lewe en loopbaan, Pryse en benoemings, Bibliografie
Gebore04 Mei 1967 (1967-05-04) (56 jaar oud)
NasionaliteitSuid-Afrikaans
BurgerskapVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Alma materSACS
Universiteit van Kaapstad
Universiteit van Oxford
BeroepSkrywer, fotojoernalis, dosent, redakteur
Ouer(s)Revel Fox,
Suzanne Krige
FamilieledeGrethe Fox (suster)
Uys Krige (oom)
François Krige (oom)
Noemenswaardige werke
  • The Marginal Safari
    Secret Cape Town
    The Impossible Five
ToekenningsMondiprys vir joernalistiek (1999, 2004)
Webwerfjustinfoxafrica.wordpress.com

Lewe en loopbaan

Fox is die seun van die bekende Kaapse argitek Revel Fox en sy vrou, Suzanne, die broer van die aktrise Grethe Fox en die susterskind van onder andere Uys Krige en Francois Krige. Hy het aan SACS gematrikuleer en in 1990 ’n BA-graad met Engels as hoofvak aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Hy het in 1991 ’n Rhodes-beurs gekry en het ’n meesters- en doktorsgraad in Engels aan die Universiteit van Oxford behaal.

Fox het in 1998 by Getaway begin werk en was van 2018 tot 2020 redakteur van die tydskrif. Hy is die skrywer van meer as ’n dosyn boeke, wat wissel van reis en kinderboeke tot fotografie en fiksie.

In sy boek The Impossible Five word Suid-Afrika se mees ontwykende diere behandel, insluitend die Afrikaluiperd, erdvark, Suider-Afrikaanse ietermagog, witleeu en oewerkonyn. Dit is byna onmoontlik om hulle in die natuur op te spoor en om een te sien word as ’n prestasie beskou.

Pryse en benoemings

  • 1991: Gekies as Rhodes-beurshouer vir die Universiteit van Oxford
  • 1999: Wenner van ’n Mondiprys vir joernalistiek
  • 2004: Wenner van ’n Mondiprys vir joernalistiek
  • 2006: JM Coetzee-PEN-kortverhaalprys, derde plek
  • 2009: PICA-reisskrywersprys van die jaar, naaswenner
  • 2011: Alan Paton-prys vir niefiksie, lang lys vir The Marginal Safari
  • 2012: Olive Schreiner-letterkundeprys, lang lys vir The Marginal Safari
  • 2012: PICA-reisskrywersprys van die jaar, naaswenner
  • 2012: ANFASA-beurs vir niefiksie
  • 2014: Etisalat-letterkundeprys, lang lys vir Whoever Fears the Sea
  • 2014: Patricia Schonstein-"Poetry in McGregor"-pryswenner

Bibliografie

  • My Great Expedition
  • Mijn Kleine Safari
  • Secret Cape Town
  • The Impossible Five
  • The Hobbsian Line
  • Whoever Fears the Sea: A Novel
  • African Epic: The Untamed Mountain-Bike Race
  • The Marginal Safari: Scouting the Edge of South Africa
  • Africa Lens: 20 years of Getaway Photography
  • Cape Town Calling
  • Under the Sway: a Photographic Journey Through Mozambique
  • Just Add Dust: Overland from Cape to Cairo
  • The Best of Getaway Gallery
  • With Both Hands Waving
  • The Life and Art of François Krige
  • Revel Fox: Reflections on the Making of Space

Verwysings

Skakels

  • Justin Fox: Lewe en loopbaan, Pryse en benoemings, Bibliografie  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Justin Fox Lewe en loopbaanJustin Fox Pryse en benoemingsJustin Fox BibliografieJustin Fox VerwysingsJustin Fox SkakelsJustin FoxJoernalisKaapstadSkrywerSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PoesBobby AngelWeer (meteorologie)VarkKrimpvarkieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKongo-krisisWatersuiweringNkosi Sikelel' iAfrikaBalletHamerkopOnomatopeeKakiebosLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike namePornografiese akteurMierGeboorteWiki CommonsDroomSamestellingSpinnekopTobie CronjéAlkoholismeDeon MeyerJode in Suid-AfrikaKompasEl (lengtemaat)Lys van Kaapstad se voorstedeMasturbasieSeksuele penetrasieSwitserlandBeroerteProsaKoue OorlogPikkewynInternetDesmond TutuHemelvaartSeeWêreld- Ekonomiese ForumNeurenberg-verhoreBlaarOlifantSharpeville-slagtingNamakwalandKondensasieWiskundige terminologieSonsteekNuwe TestamentKobus LombardIsraelChemiese elementTafeltennisKweekhuiseffekLys van elemente volgens simboolPenisVoegwoordRutenium(III)chloriedIranHorlosieEekhoringKlimaatsverandering in Suid-AfrikaWerkersdagEmfiseemNasionale VrouedagVerkleinwoordAfro-AmerikanersEvangelies Gereformeerde KerkMetafoorMaagdelikheidJan van TonderStereotipeFinansiële staatHomoniemStres in hoërskoolRieldansBestaansboerdery🡆 More