Jurga Ivanauskaitė (* 14 November 1961 in Vilnius; † 17 Februarie 2007 in Vilnius) was 'n Litause skrywer, essayis, toneelskrywer, skilder en digter.
Jurga Ivanauskaitė | |
---|---|
Gebore | 14 November 1961 |
Sterf | 17 Februarie 2007 (op 45) Vilnius, Litaue |
Nasionaliteit | Litaue |
Beroep | Skrywer, essayis en kinderboekskrywer |
Bekend vir | The Day that Never Happened Gone with the Dreams |
Ivanauskaitė, wat grafiese ontwerp gestudeer het, het verskeie romans en twee kinderboeke met sprokies geskryf, asook essays en reisverhale in koerante gepubliseer. Haar werke is in Engels, Sweeds, Lets, Pools, Russies, Duits en ander tale vertaal.
Haar roman "Die Reënheks" vertel die verhaal van drie vroue in verskillende historiese tydperke wat aan tydgebonde onderdrukking blootgestel word en wie se liefde vir besondere mans onvervul moet bly. Die roman speel af in die moderne Vilnius kort ná die ontbinding van die Sowjetunie, in Jerusalem in die tyd van Jesus en in die Middeleeuse landelike Litaue. Haar kritiese benadering tot die Rooms-Katolieke geloof het vir Jurga Ivanauskaitė probleme in haar tuisland geskep. Die roman is intussen verfilm.
In haar latere lewe het Ivanaskautė, wat in 1994 'n besoek aan Indië gebring het, tot die boeddhisme aangetrokke gevoel en 'n aktivis vir Tibet geword. Drie van haar romans handel oor dié land. Met haar roman Placebo het sy tematies weer na haar tuisland Litaue en die huidige tydperk teruggekeer.
Ivanauskaitė is in 2007 op die ouderdom van 45 jaar in haar geboortestad Vilnius aan kanker oorlede.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Jurga Ivanauskaitė, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.