Jupiter Se Ringe

Die planeet Jupiter het ’n stelsel planetêre ringe.

Dit is die derde ringstelsel wat in die sonnestelsel ontdek is naas dié van Saturnus en Uranus. Dit is die eerste keer in 1979 waargeneem deur die ruimtetuig Voyager 1 en in die 1990's deeglik bestudeer deur die Galileo-wenteltuig. Dit is ook die afgelope 23 jaar deur die Hubble-ruimteteleskoop en van die Aarde af bestudeer. Laasgenoemde vereis die grootste beskikbare teleskope.

Jupiter Se Ringe
’n Voorstelling van Jupiter se ringstelsel met die vier hoofkomponente.

Die ringe is dof en bestaan hoofsaaklik uit stof. Dit het vier hoofkomponente: ’n dik binnering bekend as die "halo-ring"; ’n relatief helder, uiters dun "hoofring"; en twee breë, dik en dowwe buitenste "gaasringe" wat genoem is na die Jupiter-mane waarvan die materiaal die ringe van stof voorsien: Amalthea en Thebe.

Die hoof- en halo-ring bestaan uit stof van die mane Metis, Adrastea en ander onontdekte liggame wat ontstaan het ná hoëspoedbotsings.

Die ringe het ’n rooierige kleur, behalwe die halo-ring, wat neutraal of blouerig is. Die totale massa van die ringstelsel (insluitende onbekende voorwerpe wat hulle van stof help voorsien) is nie goed bekend nie, maar is moontlik sowat 1011 tot 1016 kg. Dit is nie bekend hoe oud die ringe is nie, maar dit is waarskynlik dat hulle sedert die ontstaan van Jupiter bestaan.

Daar is dalk ’n ring om die maan Himalia se wentelbaan, wat kon ontstaan het indien S/2000 J 11 daarteen gebots het.

Ringe

Die hoofeienskappe van die ringe om Jupiter is:

Naam Radius (km) Breedte (km) Dikte (km) Optiese diepte [c] Massa, kg Notas
Halo-ring 92 000–122 500 30 500 12 500 ~1 x 10-6  —
Hoofring 122 500–129 000 6 500 30–300 5.9 x 10-6 107– 109 (stof)
1011– 1016 (groot deeltjies)
Begrens deur Adrastea
Amalthea-gaasring 129 000–182 000 53 000 2 000 ~1 x 10-7 107– 109 Verbind met Amalthea
Thebe-gaasring 129 000–226 000 97 000 8 400 ~3 x 10-8 107– 109 Verbind met Thebe

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Jupiter Se Ringe RingeJupiter Se Ringe Sien ookJupiter Se Ringe VerwysingsJupiter Se Ringe Eksterne skakelsJupiter Se RingeAardeHubble-ruimteteleskoopJupiter (planeet)PlaneetPlanetêre ringSaturnus se ringeSonnestelselTeleskoopUranus se ringeVoyager 1

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DikdermAfleiding (taalkunde)TydsoneVerenigde State van AmerikaJapanHipertensieOmtrek, oppervlakte en volumeVerantwoordelikheidEllipstekenPaddaInvloed van vigs op die ekonomieSamestellingWinnie Madikizela-MandelaBurgerregteLuiperdAfrikaInligtingAfrikaanse taalleerKewerHoofpynOm-te-infinitiefkonstruksieAfrikanersGroot vyfNiemetaalMensVarkgriepFrederik Willem de KlerkAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidOutismeHartversakingSpelerposisies in rugbyDermpoliepOlifantSwart menseInternetKaapse florarykAngssteuringWoordVerenigde KoninkrykOopbroninhoudSelfmoordFibonacciKankerDemokrasieLys van veltoestandeDemi Lee MooreGeweldKasterolieRamsar-vleilande in Suid-AfrikaOnse VaderAardeWet op NaturellengrondFilosofieChemiese elementKappie (skryfteken)E-posSeksuele stimulasieJacobus Hendrik PierneefMierPolisieWoudKaapstadse waterkrisis 2015-2018XenofobieLidwoordDrakensbergeVerdampingOrtopedieHoenderKookpuntGevolge van aardverwarming op oseaneBoer Soek 'n VrouWeer (meteorologie)BreinvliesontstekingWikimedia-stigtingKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSeevlakstyging🡆 More