Jupiter (Latyn: Iuppiter, gen.
Hy was deur die tydperke van die republiek en die ryk die hoofgod van antieke Rome se staatsgodsdiens, totdat die Christendom die oorheersende godsdiens geword het.
Jupiter | |
---|---|
Romeinse god | |
’n Marmerstandbeeld van Jupiter, ca. 100 n.C. | |
Naam | Jupiter |
God van | lug en donderweer |
Ouers | Saturnus en Ops |
Broers, susters | Ceres, Juno, Neptunus, Vesta en Pluto |
Gade | Juno |
Kinders | Hercules, Mars, Vulcanus, Bellona, Juventas, Apollo, Diana, Mercurius, Minerva |
Griekse eweknie | Zeus |
Die Romeine het Jupiter beskou as die Latynse eweknie van die Griekse god Zeus. Onder die Griekse invloed was hy die broer van Neptunus en Pluto. Elkeen het oor een van die drie ryke van die heelal regeer: die lug, die water en die onderwêreld. Die Italiaanse Diespiter was ook ’n luggod wat die daglig verteenwoordig het en hy is gewoonlik, maar nie altyd nie, met Jupiter vereenselwig.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Jupiter (mitologie), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.