Julius De Geyter

Julius de Geyter (25 April 1830, Lede – 18 Februarie 1905, Antwerpen) was 'n Vlaamse skrywer en digter wat 'n belangrike rol gespeel het in die Vlaamse Beweging.

Julius de Geyter
Julius De Geyter
Gebore25 April 1830
Lede, België
Sterf18 Februarie 1905 (op 74)
Antwerpen, België
NasionaliteitVlag van België België
Beroepskrywer, digter, aktivis
Bekend virRubenscantate
Keizer Karel en het Rijk der Nederlanden

Hy het sy loopbaan as onderwyser en joernalis begin. In 1874 word hy direkteur van die "Bank van Lening" te Antwerpen. Hy stig saam met J.F.J. Heremans en E. Zetternam die literêre tydskrif "De Vlaamsche School" (1855–1862). Saam met sy vriend Julius Vuylsteke behoort hy tot van die belangrikste politieke digters van sy tyd en was hy een van die leiersfigure in die Vlaamse Beweging. Hy speel ook 'n belangrike rol in die ontstaan van die Eerste Boerenbeweging in Vlaams-België met die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog 1880–1881) in Suid-Afrika. Hy vertoon baie belangstelling in die Boere in Suid-Afrika met wie se taalstryd hy erg verbonde voel vanuit sy algemeen-Nederlandse oortuiginge.

De Geyter het talle romantiese gedigte geskryf, asook tekste van verskeie kantates van Peter Benoit, onder andere van die Rubenscantate (1877). Hy herdig ook "Reinaert de Vos" (1874).

Julius de Geyter is op 18 Februarie 1905 in Antwerpen oorlede.

Verwysings

Tags:

18 Februarie1830190525 AprilAntwerpenVlaamse BewegingVlaandere

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Politieke partyAsynPoleVolksrepubliek ChinaTweede WêreldoorlogMenslike penisgrootteBorsklierVersamelnaamVolkekundePapegaaieHartversakingJan BloukaasGerrie PretoriusOnderwysOrganometaalchemieBybelSeksueel oordraagbare infeksieGNU-lisensie vir vrye dokumentasieLewerCLiturgiese jaarAnette EngelbrechtEierleierSmaakBorskankerAardeKonjunktivitisNuwe TestamentSemenEoraptorMolotofbomSeksuele penetrasieSuid-KoreaKnopiespinnekopRacheltjie de BeerKinkhoesEikelPubiese hareTegnologieOrkaan GustavMangelontstekingHorlosieBrasiliëHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalCSSKruisigingStrandbeestKalenderVergelykings (taalkunde)Steve HofmeyrHelm (geboorte)Martin BesterMenseregteFrankrykAlvin BruindersAfrikaanse naguilJaco du PlessisSelfstandige naamwoordEier (biologie)Danie du ToitNagmaalEnsiklopedieVulkaanOnderhandelinge om apartheid te beëindigRooikatMarkus JoosteVerkleurmannetjieNiersteenVratAntoniem🡆 More