Jules Bianchi

Jules Lucien André Bianchi (* 3 Augustus 1989, † 17 Julie 2015, Nice, Frankryk) was 'n jong Franse motorrenjaer wat vir die Marussia F1-span in die FIA Formule Een-wêreldkampioenskap gejaag het.

Jules Bianchi
Bianchi by die 2012 Nürburgring World Series-ren
Bianchi by die 2012 Nürburgring World Series-ren
Geboortedatum 3 Augustus 1989
Geboorteplek Nice, Frankryk
Sterfte 17 Julie 2015 (op 25)
Nice, Frankryk
Volle naam Jules Lucien André Bianchi
Nasionaliteit Vlag van Frankryk Fransman
Aktiewe jare 2013-2014
Ou span(ne) Marussia
Inskrywings 34 (34 begin)
Kampioenskappe 0
Oorwinnings 0
Podiums 0
Loopbaanpunte 2
Voorste wegspronge 0
Vinnigste rondtes 0
Eerste F1-wedren 2013 Australiese Grand Prix
Laaste inskrywing 2014 Japannese Grand Prix

Bianchi het voorheen aan Formule Renault 3.5, GP2 en Formule Drie deelgeneem en was ook 'n Ferrari bestuurdersakademielid. Hy het in 2012 in Formule Een begin as 'n toetsbestuurder vir Sahara Force India. In 2013 het hy sy debuut gemaak vir Marussia met 'n 15de plek in sy eerste ren in Australië en sluit die seisoen af in 19de posisie, sonder enige punte. Sy beste vertoning in daardie jaar was 13de in die 2013 Maleisiese Grand Prix. In Oktober 2013 het die span bevestig dat hy weer vir die span die volgende seisoen sou jaag. In die 2014-seisoen 2014 behaal hy beide sy en die Marussia-span se eerste punte in Formule Een tydens die 2014 Monaco Grand Prix.

Ongeluk en dood

Op 5 Oktober 2014, tydens die Japannese Grand Prix, het Bianchi in swaar reëntoestande beheer verloor oor sy Marussia en teen 'n groot sleepvoertuig gebots, en het ernstige breinbeserings opgedoen. Hy het 'n noodoperasie ondergaan en is in 'n geïnduseerde koma geplaas, waarin hy gebly het tot en met sy dood op 17 Julie 2015. Bianchi is die eerste Formule Een-renjaer wat as gevolg van 'n ongeluk tydens 'n wedren sterf sedert Ayrton Senna tydens die 1994 San Marino Grand Prix.

Verwysings

Tags:

Formule EenFrankrykMarussia F1-spanNice

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EngelsDeelstate van die Verenigde State van AmerikaPersentasieBloedvergiftigingAtriale fibrillasieOntkiemingEnsiklopedieMakazole MapimpiWes-AfrikaVulvaMadison IvyWeer (meteorologie)TeologiePaasfeesOnderwysTweede WêreldoorlogPtolemeusNaeltjiesBeesNierversakingVerkouePornhubVerenigde State van AmerikaHondsdolheidEreksieLeeuSuid-Afrikaanse WeermagEikelKoppeltekenSlaapapneeGrasMarita NapierSeksualiteitSeekoeiChristeneRam (sterreteken)Roekelose DadeSamsung GroepOnse VaderLys van politieke partye in Suid-AfrikaAsmaKoorsblaarStaat PalestinaVyfsterVoornaamwoordKolorektale kankerNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweByvoeglike naamwoordKopieregAllergieSonsteekPoleOnderhandelinge om apartheid te beëindigCristiano RonaldoDikdermTegnologieLys van lande volgens bevolkingVerkleinwoordWortelkanaalAnnelize van der RystRepubliek ArtsachSkilpadSally EsterhuizenVrouLandbouLys van slangeKoreaanse nasionale rugbyspanBoeberMeervoud🡆 More