Die Pondopalm (Jubaeopsis caffra) is 'n waaiervormige palmboom spesie.
Dit hoort aan die monotipise genus Jubaeopsis. Dit kom voor slegs op die oewers van die Mtentu- en Msikabariviere in die noordelike area van die Oos-Kaap. Op die SANBI-rooilys is dit as bedreigde spesies (EN) gelys. Daar is net twee populasies, elk het minder as 50 volwasse bome. Die een naby die Msikabarivier is beskerm in die Natuurreservaat Mkambati, maar die ander een aan die Mtenturivier is onbeskerm. Die vrugte wat op kokosneute lyk is 'n gewilde voedsel onder die bevolking en die boom is ook gewild vir handel in tuinplante.
Pondopalm | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Klade: | Commelinids |
Orde: | Arecales |
Familie: | Arecaceae |
Genus: | Jubaeopsis |
Spesie: | J. caffra |
Binomiale naam | |
Jubaeopsis caffra Becc., (1913) |
Die boom kom in die kusreënwoud voor en is waarskynlik 'n relik van Wes-Gondwana se flora. Die naasverwante spesie is Jubaea chilensis wat in Chili groei.
Die boom se FSA-nommer is 27
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Pondopalm, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.