Juan Pablo Montoya: Colombiaanse renjaer

Juan Pablo Montoya Roldán (gebore 20 September 1975) is 'n Colombiaanse renjaer wat tans vir Acura Meyer Shank Racing aan die WeatherTech Sportmotorkampioenskap deelneem.

Hy het in 2019 die kampioenskap vir Span Penske verower.

Juan Pablo Montoya
Juan Pablo Montoya in 2014
Juan Pablo Montoya in 2014
Geboortedatum 20 September 1975 (1975-09-20) (48 jaar oud)
Geboorteplek Bogotá, Colombia
Volle naam Juan Pablo Montoya Roldán
Nasionaliteit Vlag van Colombia Colombianer
Aktiewe jare 2001–2006
Inskrywings 95 (94 wegspronge)
Kampioenskappe 0
Oorwinnings 7
Podiums 30
Loopbaanpunte 307
Voorste wegspronge 13
Vinnigste rondtes 12
Eerste F1-wedren 2001 Australiese Grand Prix
Eerste wen 2001 Italiaanse Grand Prix
Laaste wen 2005 Brasiliaanse Grand Prix
Laaste inskrywing 2006 Verenigde State Grand Prix

Loopbaan

Juan het op die ouderdom van ses jaar met renstelle in Colombië begin deelneem en drie jaar later 'n nasionale kampioenskap gewen. Daarna het Montoya aan verskeie formule kampioenskappe deelgeneem, onder andere, Formule Renault, Formule Vauxhall, Formule Drie (Britse Kampioenskap).

In 1998 wen hy die Formule 3000 Internasionale Kampioenskap (Nick Heidfeld was die naaswenner), terwyl hy vir die Williams Formule Een Span toetswerk (ontwikkeling) verrig. In 1999 verhuis Montoya na die VSA en wen die CART-kampioenskap in sy eerste seisoen. In 2000 wen Montoya die Indianapolis 500 en verskuif in 2001 na Formule Een.

Formule Een

In 2001 vervang Juan Montoya vir Jenson Button by die BMW WilliamsF1 Span. In slegs Montoya se derde wedren (Brasilië 2001) steek hy vir Michael Schumacher verby en neem die eerste plek in die wedren, maar is later in 'n botsing met Jos Verstappen betrokke en kon nie die wedren voltooi nie.

Gedurende Montoya se eerste seisoen verbeur hy 'n paar geleenthede om sy eerste Grand Prix te wen, veral weens tegniese probleme (Hockenheim).

By die Italiaanse Grand Prix in Monza wen Montoya sy eerste wedren in sy eerste seisoen.

2002 is nie 'n goeie jaar vir WilliamsF1 nie. Montoya toon egter sy staal in die kwalifiserende rondtes op Saterdae deur sewe voorste wegspringposisies agtermekaar te verower.

In 2003 wen Montoya byna die Wêreldkampioenskap na oorwinnings in Monaco (Monte Carlo) en Hockenheim (Duitsland). Na 'n ongeluk met Barrichello in die Verenigde State Grand Prix by Indianapolis is Montoya se kanse op die kampioenskap verby.

Na interne struwelinge met die Williams-span, kondig Montoya vroeg in 2004 aan dat hy vanaf 2005 vir McLaren Mercedes sal ry. 2004 is 'n baie teleurstellende jaar vir Williams, maar Montoya wen sy laaste Grand Prix vir sy "ou" span in Brasilië aan die einde van die seisoen.

Vroeg in 2005 beseer Montoya sy skouer (verskeie bronne beweer in 'n tenniswedstryd, ander beweer op 'n motorfiets) en mis twee Grands Prix by sy nuwe McLaren-span. Montoya wen drie Grands Prix vir McLaren in sy eerste jaar (Brittanje, Italië en Brasilië).

Montoya se verhouding met die McLaren-span vorder nie juis goed nie, en nadat McLaren nie in 2006 sy kontrak hernu nie, verlaat Montoya McLaren en Formule Een in die helfte van die seisoen (na die VSA Grand Prix).

NASCAR

Montoya het kort na die 2006 VSA Grand Prix aangekondig dat hy na NASCAR gaan verskuif vir sy ou CART-span, Chip Ganassi Racing. Montoya het in sy eerste NASCAR-wedren 'n derde plek behaal.

Gemeenskap

Juan Montoya en sy vrou, Connie, doen verskeie welsynswerk in Colombië en in die res van die wêreld.

Loopbaanhoogtepunte

Juan Pablo Montoya: Loopbaan, Formule Een, NASCAR 
Juan Pablo Montoya in 2021

Eksterne skakels

Tags:

Juan Pablo Montoya LoopbaanJuan Pablo Montoya Formule EenJuan Pablo Montoya NASCARJuan Pablo Montoya GemeenskapJuan Pablo Montoya LoopbaanhoogtepunteJuan Pablo Montoya Eksterne skakelsJuan Pablo Montoya197520 SeptemberColombia

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaagBreinWillie JoubertUnited Democratic FrontKatNarsistiese persoonlikheidsteuringAfleiding (taalkunde)VulvaSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeMaatskappyRekeningkundeMotorvoertuigSkoenlapperNeerslagWerkersdagKoue OorlogDruiweFrankrykSeekoeiInvloed van vigs op die ekonomieMiljardByvoeglike naamwoordHokkieErfenisdag (Suid-Afrika)IdioomVlagterminologieHannes van WykTermiese geleidingsvermoëDrie-eenheidEjakulasieAarde se atmosfeerWet op BevolkingsregistrasieItaliëNiersteenKolitisHerfsApokriewe boekeLys van visseFilistyneEienaamLeestekenProteaGedigDwelmmiddelTelwoordFinale OplossingGesonde dieetKleurTweede VryheidsoorlogGautengLys van politieke partye in Suid-AfrikaLabia (geslagsdele)AgtervoegselJan van RiebeeckMigrasie van voëlsHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalNazi-DuitslandBloedsomloopstelselVierkantswortelHortologieEkonomiese sektorBreinvliesontstekingSkisofrenieWaterpokkiesDansGemeenskapInflasieVolhoubare ontwikkelingVerlede tydMonopolieHomoniemIntensiewe vormSneeuSkaakGemeenskapsorganisasieWoordeboek van die Afrikaanse Taal🡆 More