Joya De Cerén

Joya de Cerén (Spaans vir Juweel van Cerén) is 'n antieke argeologiese Majaterrein in die department La Libertad in El Salvador, sowat 35 km noordoos van die hedendaagse hoofstad San Salvador.

Dit kenmerk 'n onder lae van vulkaniese as amper merkwaardig bewaarde Voor-Colombiaanse boeredorp. Daarna word dikwels verwys as "Pompeji van die Amerikas", in vergelyking met die bekende Antieke Romeinse ruïnes.

Argeologiese terrein Joya de Cerén*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Joya De Cerén
'n Uitsig oor die Majaterrein van Joya de Cerén
Ligging van Joya de Cerén op 'n kaart (El Salvador)
Joya de Cerén
Joya de Cerén
Ligging van Joya de Cerén in El Salvador
Koördinate: 13°49′39″N 89°22′09″W / 13.82750°N 89.36917°W / 13.82750; -89.36917 89°22′09″W / 13.82750°N 89.36917°W / 13.82750; -89.36917
Lande Vlag van El Salvador El Salvador
Tipe Kultuur
Kriteria iii, iv
Verwysings 675
Streek Noord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1993  (17de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
Joya De Cerén
Kaart van Joya de Cerén

Deur 'n klein boeregemeenskap bewoon so vroeg as 1200 v.C., is Cerén aan die suidoostelike kant van die kulturele Majagebied geleë. Dit is in 200 n.C. ontruim weens die uitbarsting van die vulkaan Ilopango, en is nie vroeër herbevolk as 400 n.C. nie. Dit was in die tyd van sy finale ontruiming 'n sytak van die nabygeleë San Andrés.

Rondom die jaar 590 het 'n ander nabygeleë vulkaan, Loma Caldera, uitgebars en die dorp onder 14 lae se as begrawe. Die dorpenaars was blykbaar in staat om betyds te vlug – geen lyke is gevind nie – alhoewel hulle gereedskap, keramiek, meubels, en selfs half-geëet kos in hul haas om te ontsnap agter gelaat het. Die terrein het besonders goed bewaar gebly as gevolg van die lae temperatuur van die as en se baie vinnige val, 'n 4 tot 8 meter dikke laag het die dorp binne ure bedek.

Die terrein is in 1976 onwetend deur 'n stootskraper bestuurder, wie grond vir 'n landbouprojek van die regering nivelleer het, ontdek. Dit is in 1978 en 1980 noukeurig ondersoek deur Payson Sheets, 'n professor van Antropologie aan die Universiteit van Colorado Boulder, waarna die werk op die terrein onderbreek is deur burgerlike twis en oorlogvoering. Die uitgrawings is voortgesit in 1988 en het sedertdien voortgegaan. Sowat 70 geboue is uitgegrawe, insluitend skure, kombuise, woonkwartiere, werkswinkels, 'n godsdienstige struktuur en 'n gemeenskaplike sauna.

Miskien selfs meer belangrik as die geboue self is paleoethnobotaniese oorblyfsels wat op die terrein gevind is. Die lae temperatuur van die nat as van Loma Caldera, sowel as sy vinnige val, verseker die bewaring van baie van die plantmateriaal. Van groot belang was die ontdekking van maniokvelde, die eerste keer dat verbouing van maniok op 'n argeologiese terrein in die Nuwe Wêreld gevind is. Hoewel die maniok lankal ontbind het, het navorsers gips-gooi deur die gevolglike holtes in die as in te vul geskep. Die boere het die maniok "net ure" voor die uitbarsting geplant.

Joya de Cerén is in 1993 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Verwysings

Verdere leesstof

  • Before the Volcano Erupted: The Ancient Cerén Village in Central America. Texas University Press, 2002. ISBN 0-292-77761-2

Eksterne skakels

Tags:

AmerikasEl SalvadorHoofstadMajaPompejiSan SalvadorSpaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KwaggaSatellietVarkSelSportGemeenskapsorganisasieVaalrivierNadia ValvekensNasionale VrouedagInfeksieSpringbokkeNasionale VrouemonumentWikiquoteMenseregteOrgasmeChemiese elementMIVKlawers (speelkaarte)Lys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMeningsverskil oor aardverwarmingMenslike skeletDoopTegnologieMagnesiumKatErosietipesEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaStaalApostelJaco JacobsDermpoliepBonné de BodLikkewaanModeontwerpJodeAardedagAdolessensieLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierIdioomJohan BadenhorstAfrikaanse taalleerLewerOlifantWaterbesoedelingErfenisdag (Suid-Afrika)SinoniemHeupSonnestelselRivierDuitse maselsMusiekteaterOu Apostoliese KerkRefentse MorakeKragopwekkingWinnie Madikizela-MandelaKhoikhoiRepubliek van Zoid AfrikaMieliestronkMasturbasieMaatskaplike verantwoordelikheidOnderhandelinge om apartheid te beëindigKoperEkonomiese sektorOrkney Snork NieGetalNierversakingSprokieAnton GoosenJode in Suid-AfrikaVratUitwerking van klimaatsveranderingKinderregteRudi Claase🡆 More