Jou Lewe...vir My Liefde

Jou lewe...vir My liefde is ’n fantasie roman gemik op die meer volwasse leser.

Jou Lewe...vir My Liefde Die neutraliteit van hierdie artikel (of dele daarvan) word tans betwis.
Wiki se beleid is dat alle artikels vanuit ’n neutrale standpunt geskryf moet wees. Sien die besprekingsbladsy vir besonderhede of ons riglyne wat kan help om die artikel meer onpartydig te maak.

Die boek is geskryf deur Petronel en in 2013 deur Thompson Boekdrukkery gepubliseer.

Jou Lewe...vir My Liefde
Omslag

’n Wilde verjaarsdagviering, ’n dronkie in ’n donker stegie, ’n vreemde hand op sy skouer... dood. Dit is die verhaal van Alix Mitchell se lewe. Behalwe dat Alix se dood, in die gedaante van ’n liplekker lyfie onder ’n stywe korset en glinsterende silwer-groen katoë bokant ’n paar ek-belowe-jou-die-hemel pruil lippies, toe nie die dood soos in rigor mortis begrawe-dood was nie. Dit is veel erger. Na honderd en agt jaar se desperate soeke na wraak en vergelding spoor Alix haar uiteindelik op. Die Satans-Delilah van daardie lank-verby stegie. Dit is definitief sy! Dieselfde gesig, dieselfde hare, dieselfde onmiskenbare tatoeëermerk. Presies net soos wat hy dit in elke een van sy nagmerries kan onthou. Maar iets is fout. Groot fout! Hierdie Delilah wat bewusteloos en half verskeur in sy arms lê en veg vir haar lewe ruik na angeliere en appelkose en...menslik!

Titel beskrywing

In sy hele bestaan was daar nog net twee vroue wat hierdie dringendheid van vlees in hom kon aanwakker. Caitlin en nou Muirin. Met Caitlin, daardie eerste dag op die brug; daar was ’n magnetiese iets wat hom by haar wou hou, tesame met die gevoelens van hoop en vrees wat haar stywe korset-bedekte lyf in hom opgewek het. Hoop dat sy hom ook aantreklik vind en vrees dat die aantrekkingskrag net van sy kant af kom. Later, in daardie stegie...dit was duidelik dat sy ook iets vir hom voel... en hy het met sy lewe daarvoor betaal. Met Muirin was daar van die begin af geen hoop vir hom nie. Geen opwekking van daardie eerste gevoelens van opgewondenheid, hoop, of die magtelose vrees vir aanvaarding nie. Net ’n onverklaarbare nie-onderhandelbare instink wat hom na haar toe trek met dieselfde trefkrag as dié van ’n guillotine se vlymskerp lem na sy blok toe. Wat kon hy anders doen as om haar lewe te neem? Haar verander in wat hy is; waarin Caitlin hom verander het?

Milieu

Londen aan die begin van die 19 honderds

Waar Alix gebore is, grootgeword het en sy menslike lewe gelei het. Stad van kontras en uiterstes. Waar idealiteite soos die pragtigste, doodstilste parke botsend uitstaan met die oorverdowende geraas van speekwiel motorkarre en perde wat beangs runnik voor ’n volgepropte buswa. En mense wat met ’n deurmekaar warboel van harde stemme en opgewonde handgebare probeer beduie waar hulle bestemmings moet wees. Waar die fabelagtige glinstering van die eens Romeinse stad van Londinium se Flaviaanse mosaïek en oop ruimtes hand aan hand kompeteer met die digte walm van vuil onderdorpse klipstraatjies besaai met die laagste laag van die Victoriaanse samelewing; half-kaal prostitute wat saam met boemelaars, dwelmverslaafdes en die reuk van ou sweet en vrot sigaret-asems in rou desperasie vir die dag se broodnodige verkwikking aan eeue oue gotiese metaal paaltjies hang. En net so deel van Londen soos die Paddington beer en Wellington stewels is daardie blomryke grasperke van Middeleeuse kasteel-binnehowe, katedrale en kloosters wat soos groepe klein dorpies parallel loop met ’n hedendaagse middestad van graffiti bekrapte mure en donker gangetjies gevul met digte bolle verstikkende steenkool mis. En reg deur die middel van al die patriargiese glinstering, ontugtige warboel en liederlike agterbuurte kronkel die donker waters van die ou Teems deur die diepste siel van ’n millennium se geskiedkundige gebeure.

Die Mordak

Kryger van die see. Wat begin het as een van Alix en Faolan se, kom-ons-maak-hierdie-oneindige-bestaan-van-ons-’n-bietjie-interesanter projekte het ’n lewenswyse geword. Die Mordak is ’n 5- mas klipper wat deur Alix en Faolan self gebou is, met elke plankie en balkie in haar slanke romp deur hul eie twee hande uitgesoek en aanmekaargetimmer – natuurlik met die hulp van die dronk matroos wat in sy alkohol waan seker is dat die natuur self die hout sal uitsoek. Met die eerste toetslopie na die Mediterreense Mojácar het hulle al die eerste van hulle ‘kinders’ aan boord verwelkom. Nou, ’n volle 80 jaar later is Die Mordak meer as net ’n skip vir hierdie klompie uitgeworpe siele van oor die wêreld heen. Sy is ’n toevlug en ’n tuiste.

Kuslyn van Antrim, Noord-Ierland

Muirin se tuiste en Caitlin se geboorte plek. Ook die tuiste van die legendariese Giant’s Causeway, een van die natuur se rare fenomenale. Volgens een van Ierland se baie legendes was die Giant’s Causeway lank gelede presies net dit wat die naam voorstel, ’n oorgangsbrug tussen Ierland en Skotland wat deur Bres, die leier van ’n eertydse reuse- stam die Fomorian’s, gebou is. Natuurlik het geologiese navorsing anders bewys. Die Giant’s Causeway, sê die geleerde mense, is gevorm nadat ’n vulkaan oopgebars het. Die warm basaltiese lawa het afgeloop na die see en waar dit met die water kontak gemaak het, het dit afgekoel, gekrimp, gebars en die kolom formasies gevorm. Agter die Giant’s Causeway se kolom formasies strek die Antrim Bergreeks geheimsinnig en misterieus oor die horison uit. Eeue gelede was die grotte en valleie van die Antrim Bergreeks die tuiste van die magtige Keltiese Druïdes. Al wat vandag egter sigbaar is van hierdie magtige volk met hulle misterieuse anderwêreld superstisie en verborge gewoontes is die erosie verweerde ruïnes van dolmens, feëtjieforts en klip sirkels.

Storielyn

Inleiding

In die nat, besige hoofstad van Engeland verloop die jonge Alix Mitchell se lewe sy normale gang. Hy is jonk en gelukkig en sy toekoms as bekende akteur aan die Globe teater strek blink en rooskleurig voor hom uit. Tot die dag van sy sewe-en-twintigste verjaarsdag. In ’n opeenvolging van ‘gelukkige’ insidente wat later blyk om noodlottig te wees beland Alix daardie selfde nag in die onderdorp van Londen. Hy is sterk aangeklam, maar die gelukkigste wat hy nog in sy lewe was as hy al laggend van straatjie na straatjie strompel om by die huis te kom. Nog ’n dronkie wat uit ’n stegie gestrompel kom stamp teen Alix. Hy lag en hou die man teen die muur regop en lag nog harder as die idee skielik by hom opkom dat hy nog nugter genoeg blyk te wees om ’n ander dronkie regop te hou. Die man teen die muur lag nie saam nie en Alix vererg hom effens. Maar dan sien hy iets wat hom verskrik laat terug steier. Die man is nie dronk nie...hy het hulp nodig! Dit is daardie hulp wat Alix aan die ander man verleen wat die laaste plig teenoor sy medemens blyk te wees...

Ontvouing

Die volgende tien lange jare bring Alix deur in ’n gestig vir geestes versteurde kriminele nadat hy, vasgevang in ’n greep van bloed waansin, sy beste vriend en sy huishoudster grusaam vermoor. Dit is waar Faolan hom opspoor. Hy help Alix ontsnap en leer hom hoe om in sy nuwe lewenswyse aan te pas. Saam bou hulle aan Die Mordak en maak haar ’n tuiste. In sy soeke na wraak en vergelding vir die Delilah van daardie lank-verby stegie help Alix en Faolan ander vampiere wat daardie selfde noodlottige paadjie as hulle gestap het. Op hulle eerste toetsvaart al red hulle die jonge Carlos wat vasgevang is in die kloue van ’n sadistiese Arnaldo. Vir die volgende negentien jaar word Carlos vir Alix soos die seun wat hy nooit gehad het nie en dit is ook Carlos wat Alix oorreed om sy storie aan die bemanning van Die Mordak te vertel. Natuurlik met ’n noodlottige gevolg...

Intrige

Volgens Alix se beskrywings sien Carlos Muirin aan as die Delilah van Alix se stegie. As vergelding vir Alix val hy haar aan. Na Carlos nie terugkeer na Die Mordak nie besluit Faolan om hom te gaan soek. Met Faolan se terugkeer bring hy twee verrassings saam. ’n Bewustelose Carlos onder sy een arm en Alix se Delilah, sy maker onder die ander. Daardie roos...dis definitief sy! Maar iets is fout... Behalwe dat hierdie meisie wat veg vir haar lewe op ’n druppel water na háár lyk, is sy duidelik menslik. En wat makeer Carlos? Hoe gaan hulle uitvind as die meisie sterf? Daar is net een genade, verander haar. Nie vêr vanwaar Die Mordak vasgeanker lê nie doen Caitlin O’Caelleigh ’n magtige Druïde spel om haar enigste oorblywende menslike nasaat op te spoor. In haar visioen sien sy Muirin op ’n bed lê, dit lyk of sy op ’n skip is. ’n Man draai in die deur om. Alix! Die een wat sy daardie aand moes agterlaat omdat ’n ander agter haar bloed aan was. Sy het haar voorgeneem dat sy nooit sal toelaat dat daardie ander een naby haar Alix en sy bloed sal kom nie. Háár bloed wat nou in sy are vloei maak dat hy ook in gevaar verkeer, dus het sy hom net daar op die sypaadjie gelos en nooit weer gewaag om naby hom te kom nie. Net vir ingeval. Wat sal die een mens waarvoor sy met ’n glimlag haar eie lewe sal afstaan doen saam met haar laaste oorblywende nasaat? En wat het hy aan Muirghean gedoen? Daar is net een manier om uit te vind...

Samevloeiing

In die noodlot se siek sin vir humor blyk dit dat die laaste sadistiese samevloeiing van omstandighede nog ’n onaangename verrassing vir Alix, Muirin, Caitlin en die bemanning van Die Mordak inhou. Waar gaan dit eindig? Caitlin is toe nie die sadistiese Satans-Delilah wat Alix gedink het sy is nie. Haar storie is maar net soos die res van hulle s’n. Maar wat van sy wraak? En sy vergelding? Dit kriewel onder sy vel, soos ’n jeuk wat nie wil weggaan voor dit nie gekrap word nie. Hy moet iets daaraan doen, maar wat? Alix raak verlief op Muirin en Muirin haat hom vir wat hy haar in verander het. Of doen sy? Caitlin red Carlos se lewe en raak in die proses bewus van die blonde reus met die staal in sy arms en watte in sy hart. Muirin en Maria, nog ’n ‘weeskind’ wat Alix en Faolan aangeneem het, verdwyn van Die Mordak af. Caitlin roep ’n visioen op en wat sy sien laat elke een van hulle in afgryse terugsteier. Caitlin en die jong Carlos het iets in gemeen. ’n Wrede, sadistiese Iets wat niks goeds vir Muirin, of die Portugese Maria inhou nie...

Karakters

Hoof karakters

Alix Mitchell

Alix Dominique Mitchell word op 17 April 1878 in Victoria straat, Londen gebore as enigste seun van Harley en Alice Mitchell. Met Harley as een van die stad se besigste bankiers het die gesin genoeg van ’n inkomste om vir Alix ’n rosige toekoms te verseker. Toe Alix na skool besluit om akteur te word ondersteun sy ouers hom ten volle en Harley betaal met ’n glimlag aan sy impulsief en koppige kunssinnige seun se universiteitsgelde. Nie Harley of Alice bly egter leef om hul seun te sien presteer nie, maar Alix se toekoms is gelukkig klaar vir hom oopgelê en hoewel hy sy ouers geweldig mis lê sy lewe blink en gelukkig voor hom uitgestrek. Of so het hy gedink. Daardie aand van 17 April 1905, die aand van sy sewe-en-twintigste verjaarsdag en die makabere gebeure van die week agterna...sal hy ooit daardie tydperk in sy lewe uit sy gedagtes kan wis? Nou, honderd en agt jaar later onthou Alix daardie aand in die donker stegie van die mistige onderdorp asof dit net gister was wat hy hom in die Satan’s – Delilah vasgeloop het. Die een wat hom gemaak het wat hy vandag is, grusame monster, mensejagter. As hy daardie rooikop met die tatoeëermerk van die roos oor haar bors net opgespoor kan kry... sy sal betaal – al is dit die laaste ding wat hy doen!

Muirghean Bhán Ceallaigh a.k.a. Muirin Kelly

Op 21 Julie 1985 gebore in ’n grot in die Antrim Bergreeks in Noord-Ierland. Jongste van die magtige Druïde paar Ivan en Maire Caellaigh. Lei ’n bykans normale kinderlewe tot en met haar sestiende verjaarsdag wanneer sy ’n tatoeëermerk van ’n bloedrooi roos met ’n verstrengelde stingel bokant haar bors kry as inlywing by haar bloedlyn se verborge geheime. Kort daarna begin haar opleiding as Druïde geneser maar word ru onderbreek wanneer albei haar ouers op ’n grusame wyse vermoor word. Tot en met nou toe is die skuldige soek en die rede vir haar ouers se moord nog net so duister soos daardie dag toe sy op hulle lyke afgekom het, maar tyd bring aanvaarding en vandag kan Muirin amper ’n normale lewe lei...totdat Caitlin, Carlos, Alix en die bemanning van Die Mordak met eienaardige bedoelings en duistere gevolge oor haar lewenspad stap.

Ondersteunende karakters

Faolan Knox

Massiewe liggaamsbou, blonde hare en welige baard, nes die Skotse Viking wat hy in die 1200’s was. Sonder twyfel die oudste op dek. En die sterkste. Wolf, soos hy onder die bemanning van Die Mordak bekend staan. Alix se redder en sy beste vriend. Mede-eienaar van Die Mordak en ook mede ouer vir hulle talle ‘aanneem kinders’.

Caitlin O’Caelleigh

Alix se maker. Die Satan’s-Delilah van die stegie. Ook Muirin se 500 jarige voorsaat en ’n magtige Druïde priesteres. Caitlin O’Caelleigh is eintlik waar die storie van Jou lewe...vir my liefde begin. In haar rebelse tienerjare raak sy verlief op ’n man wat nie was wat hy voorgegee het nie. Nadat hy uitvind dat daar baie magtige Druïde bloed deur haar are vloei verander hy haar in ’n vampier, met die uitsluitlike doel vir wat die vermenging van die twee tipes bloed vir hom kan beteken. Nog voor Caitlin die regenerasie proses voltooi het, sterf haar maker. Sy ander ‘student’, Arnaldo sweer wraak op Caitlin en poog ook om Victor se navorsing vir ’n vinniger, sterker en magtiger vampier voort te sit. Vir 500 jaar is Caitlin ’n voortvlugtige voor die obsessie van ’n psigopatiese Arnaldo. Selfs daardie aand toe sy op Alix afgekom het... haar doel was om hom ’n metgesel te maak... maar Arnaldo het haar opgespoor en noodgedwonge moes sy Alix alleen agterlaat. Hoe lank nog sal sy kan aanhou vlug? Veral nou met beide die psigopatiese Arnaldo sowel as die wraakgierige Alix warm op haar spoor?

Carlos Azaña

Die jong Spanjaard en Alix se ‘seun’ wat hy nooit gehad het nie. Op 19 jarige ouderdom beland Carlos in die hande van ’n sadistiese vampier met die voorliefde vir jong seuns. Hy verander Carlos, met die doel om hom as ’n seksslaaf aan te hou en nadat Carlos hom nie goed genoeg in sy ‘taak’ kwyt nie, straf hy die seun deur hom eers uit te honger en hom dan in die bloedige son vas te maak. Faolan en Alix red Carlos uit die kloue van sy sadistiese maker en bring hom na Die Mordak. Vyftien jaar later maak Alix een aand na ’n tifoon sy hart oop en vertel hy sy storie aan die bemanning. Toe Carlos die volgende oggend op die rooikop afkom het hy sommer geweet, hierdie is Alix se Delilah en as bedanking hy sal die wraak van sy redder op sy hande neem. Gaan sy manier van bedanking hom egter sy lewe kos? En waarom is sy verlede so met die rooikop s’n verstrengel...wat het hy met Caitlin in gemeen?

Die res van Die Mordak se bemanning

Maria Da Costa, die donker skoonheid van Portugal

Die petite donker koppie, Christene Badoglio van Italië

Die hooghartige Buhta, Ashoka Nqoroji

Michael Cuza van Romania

Die aristokratiese Fransman Nicolas de Montfort

Yaroslaf Polotsk, die verstrooide Rus van Tulun

Antonio Cortés van Mexico

Otto Barbarossa, die humeurige Duitser met die min woorde en vinnige vuiste

Met soveel uiteenlopende persoonlikhede en gewoontes saam op die dek van Die Mordak ingehok, kan die vonke nie anders as spat nie.

Publikasie

  • Eerste druk: November 2013 deur Thompson Boekdrukkery

Verwerkings

Toekennings en Vermeldings

“Jou lewe...vir my liefde... is ’n volwasse fantasie roman, propvol tone krul aksie, rooiwarm romanse en verbeeldingryke, asem snak-gruwel karakters.” – Mimi-Jean Pretorius.

Bibliografie

  • Fodor’s London
  • Life science library / Ships
  • Microsoft Encarta / Boats and Boat building
  • Eyewitness Travel/ Great Brittain/London/Ireland
  • Microsoft Encarta / Creutzfeldt-Jakob Disease/ Bovine Spongiform Encephalopathy (BSE)/ The Prion Diseases
  • Google/Wicca/Wiccan Practices
  • The World in Focus/Ireland
  • Wiki/Druids
  • Microsoft Encarta/Giant’s Causeway

Verwysings en skakels

Tags:

Jou Lewe...vir My Liefde Titel beskrywingJou Lewe...vir My Liefde MilieuJou Lewe...vir My Liefde StorielynJou Lewe...vir My Liefde KaraktersJou Lewe...vir My Liefde PublikasieJou Lewe...vir My Liefde VerwerkingsJou Lewe...vir My Liefde Toekennings en VermeldingsJou Lewe...vir My Liefde BibliografieJou Lewe...vir My Liefde Verwysings en skakelsJou Lewe...vir My LiefdePetronelThompson Boekdrukkery

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van oseane, seë en mereAnale seksNederduitse Gereformeerde KerkKunsmatige algemene intelligensieEjakulasieDie GelofteBetonCleopatra VIIApostoliese GeloofsbelydenisAnton GoosenProstaatkankerWolkJoseph LynchMetafoorPikkewynPseudowetenskapWikiKrimpvarkieSeksuele penetrasieKlimaatSuid-Afrikaanse MenseregtekommissiePad na jou hartSaartjie BaartmanOseaanBreingewasBuffelNederduitsch Hervormde KerkSirkusHemelvaartBreinvliesontstekingMaagdelikheidFrankrykVoedingLJode in Suid-AfrikaSuiwelprodukGeestesgesondheidAkroniemSlawernyNag van die lang messeNagapieSosiale mediaBobby AngelMensDramaVoortrekkermonumentJannie du ToitBloemfonteinKankerRugby, WarwickshireMetamfetamienMuskeljaatkatDonderstormKasteel die Goeie HoopVersamelnaamDemokratiese Republiek die KongoEngelsKrieketBrandmondsindroomSkilpadAfrikaanse Protestantse KerkOrkney Snork NieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaJo BlackLys van Afrikaanse televisiereekseNiersteenSonja HerholdtUniegebouErns GrundlingAnrich HerbstSomerGroepsdrukBloedvergiftigingDulcie van den BerghLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)🡆 More