Jonas Lie

Jonas Lauritz Idemil Lie (*6 November 1833 in Modum; † 5 Julie 1908 in Stavern) is een van die beduidendste skrywers en dramatici van die sogenaamde Goue Tydperk van die Noorse literatuur in die 19de eeu.

Saam met Bjørnstjerne Bjørnson, Alexander Kielland en Henrik Ibsen staan hy as een van die "Vier Groot Skrywers" van Noorweë bekend wat 'n beduidende rol in die literêre realisme gespeel het.

Jonas Lie
Jonas Lie
Gebore
Jonas Lauritz Idemil Lie

6 November 1833
Modum, Eiker, Noorweë
Sterf5 Junie 1908 (op 74)
Stevern, Larvik, Noorweë
NasionaliteitNoorweegs
BeroepSkrywer, digter, joernalis, prokureur
Handtekening
Jonas Lie

Lewe

Lie het as die seun van 'n beampte in Tromsø grootgeword en van 1851 tot 1858 'n akademiese opleiding aan die Fakulteit Regsgeleerdheid van die Koninklike Frederik-universiteit te Kristiania (tans Oslo) gevolg. Ná die voltooiing van sy studies het hy tussen 1859 en 1869 as advokaat in Kongsvinger gepraktiseer.

In 1866 het hy met sy digbundel Digte bekendheid verwerf. Vervolgens het hy sy beroep opgegee om as joernalis te werk. Die novella Den Fremsynte, wat in 1870 verskyn het, het hom finansieel onafhanklik gemaak. Gedurende 'n reis na die Poolgebied, wat hy in 1871 onderneem het, het hy 'n reeks volksverhale, Fortællinger og Skildringer fra Norge, geskryf. Met die roman Tremasteren Fremtiden het Lie een jaar later ook internasionale sukses behaal.

In 1871 het Lie hom in Italië gevestig waar hy tot 1874 gebly het. Die reise, wat hy in dié land onderneem het, is deur die Noorse regering geborg. In 1873 het sy verhaal Fanfulla ontstaan.

Ná sy terugkeer na Noorweë het die Noorse parlement, die Storting, 'n eresalaris aan Lie toegeken. Die verhaal Antonio Banniera en die gedig Faustina Strozzi, wat albei in 1875 ontstaan het, was nog sterk deur sy verblyf in Italië beïnvloed.

Vanaf die laat 1870's het Lie eers in Noord-Duitsland en daarna in Beiere gebly. Hier het hy die somers meestal in Berchtesgaden deurgebring, die winters in Parys. Nadat hy reeds in 1882 vir 'n kort tyd na Noorweë teruggekeer het, het Lie hom in 1893 vir goed in Holskogen naby Kristiansund gevestig.

Literêre werk

Lie het sy eerste literêre sukses met sy lewendige beskrywings van natuur en mense in Noord-Noorweë behaal. Dit was veral sy vriend Bjørnstjerne Bjørnson wat hom aangemoedig het om 'n literêre loopbaan te volg en sy werk steeds bevorder het. Lie se latere werke, wat deur 'n duidelik impressionistiese verhaaltegniek en mistiese tendense gekenmerk word, het aan sosiale konfikte 'n demoniese karakter gegee. Daarenteen het sy sprokies onder die invloed van die Nuwe Romantiek gekom.

Skrywers soos die Duitse Nobelpryswenner Thomas Mann en die Deense impressionis Herman Bang het Lie later as een van hul beduidendste literêre invloede genoem.

Tags:

183319085 Julie6 NovemberAlexander KiellandBjørnstjerne BjørnsonHenrik Ibsen

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BesoedelingStilleweMateriaalNeurenberg-verhoreAfrikaEerste WêreldoorlogAlkoholismeResensieVryheidsmanifesWerkloosheidWaterKonsonantEngelandAnneli van RooyenSkrywerMigrasie van diereAnglo-BoereoorlogKinderregteAtoomLieweheersbesieNicole StraussMangelontstekingApartheidItaliëWoordeskatDoelwitNapoleon BonaparteLys van Afrikaanse skrywers7de LaanAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeVersamelnaamBurgerregteLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)GemeenskapsorganisasieRelatiwiteitsteoriePoësieKaapstadse waterkrisis 2015-2018KindermishandelingPankreasHartseerEkonomie van Suid-AfrikaImmunologieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSeevlakstygingTweede WêreldoorlogDiepaartromboseSebraSwartbewussynsbewegingHoenderHernubare energieMonoloogVerkleurmannetjiePriemfaktorVaginaAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSaartjie BaartmanTafelbergMona LisaSirkelNasiebouVulvaCheslin KolbeMusieksimboleRefentse MorakeLugbesoedelingKalenderMuishondAssonansieRekeningkundeBeaufortskaalKrieketSkaapKrokodil🡆 More