Joko Widodo

Joko Widodo (gebore Mulyono, 21 Junie 1961), ook bekend as Jokowi, is 'n Indonesiese politikus en sedert 2014 die 7de president van Indonesië.

Hy is die land se eerste president wat nie uit die land se politieke of militêre elite gekom het nie. Voor sy verkiesing as president was hy die goewerneur van Djakarta tussen 2012 en 2014 en die burgemeester van Soerakarta.

Joko Widodo
Joko Widodo
Amptelike portret, 2019

7de president van Indonesië
Ampsbekleër
Termynaanvang
20 Oktober 2014
Vise Jusuf Kalla (2014-2019)
Ma'ruf Amin (2019-huidig)
Voorafgegaan deur Susilo Bambang Yudhoyono

14 goewerneur van Djakarta
Ampstermyn
15 Oktober 2012 – 16 Oktober 2014
Vise Basuki Tjahaja Purnama
Voorafgegaan deur Fauzi Bowo
Opgevolg deur Basuki Tjahaja Purnama

15de burgemeester van Soerakarta
Ampstermyn
28 Julie 2005 – 1 Oktober 2012
Vise F. X. Hadi Rudyatmo
Voorafgegaan deur Slamet Suryanto
Opgevolg deur F. X. Hadi Rudyatmo

Persoonlike besonderhede
Gebore Mulyono
21 Junie 1961 (1961-06-21) (62 jaar oud)
Soerakarta, Indonesië
Politieke party Indonesiese Demokratiese Party van Stryd
Eggenoot/-note Iriana
Kind(ers) 3
Alma mater Gadjah Mada-universiteit
Handtekening Joko Widodo

Biografie

Jokowi is op 21 Junie 1961 as Mulyono gebore. Hy is van Javaanse afkoms. Hy is die oudste van vier broers en susters en is die enigste seun van Noto Mihardjo en Sudjiatmi Notomihardjo. Jokowi was dikwels siek as 'n kleuter, en sy naam is dus verander - 'n algemene praktyk in die Javaanse kultuur - na Joko Widodo, met widodo wat "gesond" in Javaans beteken.

Jokowi het sy skoolloopbaan by die Staat Laerskool 111 Tirtoyoso begin. Hy het later by Staat Junior Hoërskool 1 Soerakarta skoolgegaan. Hy wou baie graag die Staat Senior Hoërskool 1 Soerakarta bywoon, maar hy het nie 'n hoog genoeg punt in die toelatingseksamen behaal nie. Jokowi het toe eerder die nuwer Staat Senior Hoërskool 6 in die stad bygewoon.

Sakeloopbaan

Na universiteit het Jokowi begin werk by PT Kertas Kraft Aceh (id), 'n staatsbeheerde firma in Aceh, Soematra. Hy het tussen 1986 en 1988 by die hedendaagse Bener Meriah Regency gewerk as 'n toesighouer by 'n Soematraanse denneplantasie. Jokowi het egter gou belangstelling in die firma verloor en teruggekeer huis toe. Hy het vir 'n jaar in sy oupa se meubelfabriek begin werk voordat hy sy eie maatskappy, Rakabu, gestig het, wat na sy eerste kinder vernoem is. Hy het sy aanvanklike kapitaal verkry uit 'n Rp 15 miljoen belegging van sy pa en 'n banklening. 'n Franse kliënt het vir hom die bynaam "Jokowi" gegee.

Teen 2002 het Jokowi die voorsitter van Soerakarta se meubelvervaardigersvereniging geword. Hy het besluit om 'n politikus te word en hervorming in sy tuisdorp, Soerakarta, te bevorder nadat hy die netjiese uitlegte van sommige Europese stede gesien het terwyl hy sy meubels daar bemark het.

Politieke loopbaan

Nadat hy by die Indonesiese Demokratiese Party van Stryd aangesluit, is hy in 2005 as burgemeester van Soerakarta verkies. Hy is in 2010 herverkies nadat hy meer as 90% van die stemme ontvang het.

In 2012 is Jokowi as goeweneur van Djakarta verkies. Hy is twee jaar daarna as president verkies Hy is in 2019 vir 'n tweede en finale termyn as president herverkies.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Joko Widodo BiografieJoko Widodo SakeloopbaanJoko Widodo Politieke loopbaanJoko Widodo VerwysingsJoko Widodo Eksterne skakelsJoko WidodoDjakartaIndonesiëSoerakarta

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MuskeljaatkatKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMeettegniekAtoomSpierGlasEeuDeelwoordAnale seksNierLionel PetersonAarde se atmosfeerLys van Afrikaanse rolprenteSuid-EuropaKatMusieksimboleVoedingAbstraksie (rekenaarwetenskap)InfeksieKoringSinoniemBreingewasWiki CommonsMcDonald'sKorrupsieDramaDialoog in fiksieLangste woordAarverkalkingPlastiekJavaScriptKwame NkrumahHemelvaartAdolf HitlerMuishondPapierFotosinteseElektroniese of digitale mediaStikstofDricus du PlessisKoppeltekenInentingKlimaatHamburgerJode in Suid-AfrikaLemoenPaasfeesOnderhandelinge om apartheid te beëindigSeisoenMaroela MediaSportWitbloedselGoudOopbroninhoudBosluisbytkoorsEskomAfrikaanse WikipediaTelefoonDataverwerkingDiarreeKommunikasieBTWChemiese reaksieRekenaarPersKnopiespinnekopRivierLys van Nederlandse skildersSteenkool in Suid-AfrikaMagnetismeAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidBoelieryJeugdagAsemhalingHart🡆 More