John Smit: Suid-Afrikaanse rugbyspeler

John William Smit (gebore 3 April 1978 in Pietersburg, Suid-Afrika) was die 51ste kaptein van die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan, die Springbokke.

Hy het meestal op haker en soms op stut gespeel. John Smit het in drie wêreldbekers gespeel, in 2003, 2007 en 2011.

John Smit Rugbyportaal
John Smit: Vroeë jare, Provinsiale dae, Internasionale Rugbyloopbaan
Smit in 'n Springboktrui
Volle naam John William Smit
Geboortedatum 3 April 1978
Geboorteplek Pietersburg, Suid-Afrika
Lengte 1,88 m
Massa 117 kg
Skool Pretoria Boys High School
Universiteit Universiteit van Natal
Eggenote Roxy
Kinders Dogter: Emma-Joan, Seun: Tyron
Beroep Professionele Rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Haker
Stut
Springbokno. 691
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2007–2008
2011-huidig
Clermont
Saracens
19
5
(5)
(5)
korrek soos op 24 Junie 2012.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
1998–2011 Natal
korrek soos op 24 Junie 2012.
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
Jare Klub / span Weds (pte)
1998–2011 Sharks 125 (40)
korrek soos op 24 Junie 2012.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2000–2011 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 111 (40)
korrek soos op 24 Junie 2012.

Vroeë jare

John is die derde van drie seuns, sy broers is Brian en David, en sy pa is Basil en ma Valeria Ann Wetheral – nooi Graham. Sy ma was 'n onderwyseres. Sy pa was 'n meganiese ingenieur en het by verskeie myne in die ou Transvaal gewerk met die gevolg dat sy familie in verskeie dorpe gewoon het, onder andere: Mooinooi, Naboomspruit, Penge, Potgietersrus en Rustenburg.

Smit was 'n leerder aan Pretoria Boys High School, waar hy hoofseun was in 1996 en vir die eerste span rugby gespeel het in 1994 tot 1996. Hy is vir Noord-Transvaal se Cravenweekspan gekies in 1995 en 1996, en in 1996 is hy gekies vir die Suid-Afrikaanse Skolespan. Na die Cravenweek teken hy 'n kontrak met die Natal Sharks om vanaf 1997 vir hulle te speel.

Provinsiale dae

In 1997 speel hy vir die Natal o/19, Natal o/21 (toer na Wallis), SA o/19 (toer na Argentinië), SA o/21-span en Natal Wildebeeste. Hy maak ook sy provinsiale buiging vir die seniorspan met twee Curriebeker-wedstryde en speel ook teen die Britse Leeus.

Internasionale Rugbyloopbaan

Smit het sy eerste Springbokwedstryd in 2000 op 22-jarige ouderdom gespeel toe Suid-Afrika Kanada met 51-18 op die Basil Kenyon-stadion in Oos-Londen geklop het. Hy was gereeld op die reserwebank tot 2004 toe hy deur die nuwe afrigter Jake White as kaptein aangestel is.

Teen die einde van 2005 was Smit een van die suksesvolste kapteins wat Suid-Afrika nog ooit gehad het met 18 uit 26 Springbokoorwinnings, 'n wenpersentasie van 69%. Dit maak hom net so suksesvol soos die groot Suid-Afrikaanse kapteins Gary Teichmann en Francois Pienaar.

Met die aanloop tot die 2007 Rugby Wêreldbeker is hy verbonde aan die Franse klub Clermont. Hy het uiteindelik 'n tweejaarkontrak met Clermont geteken wat na die Wêreldbeker in werking getree het.

John het uit internasionale rugby getree na afloop van die Rugbywêreldbeker 2011, met 'n rekord 111 toetse waarin hy die Springbokke 'n rekord 83 keer aangevoer het. Sedertdien het Victor Matfield hom verbygesteek deur die meeste toetse te speel, nl. 127.

Notas en verwysings

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Bob Skinstad
Springbokkaptein
2003-2011
Opgevolg deur
Victor Matfield

Tags:

John Smit Vroeë jareJohn Smit Provinsiale daeJohn Smit Internasionale RugbyloopbaanJohn Smit Notas en verwysingsJohn Smit Eksterne skakelsJohn Smit19783 AprilPietersburgRugbywêreldbeker 2003Rugbywêreldbeker 2007Rugbywêreldbeker 2011SpringbokkapteinsSpringbokkeSuid-AfrikaSuid-Afrikaanse nasionale rugbyspan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BelgiëRonelda KamferSamestellende afleidingGroot GatAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeNederlandKoppeltekenChemiese reaksieDataverwerkingLeesKnopiespinnekopGroot vyfNag van die lang messeSatellietFinale OplossingLys van bekende Suid-AfrikanersRivierLys van Nederlandse skildersPaulus van TarsusKorrupsieLeestekenLys van myne in Suid-AfrikaMangelontstekingMuskietGeldGordelroosGrondsoorteApartheidEugenetikaWiskundeLenteVennootskapFossielbrandstofAkwariumSwawelBreinkaartAfro-AmerikanersTydVloeistofHeuningKonflik (proses)PerdSkooluniformResensieRumatiekVraag en aanbodJavaScriptDansHibernasieKwaZulu-NatalSkarlakenkoorsKatThabo MbekiBoor (element)WolkOraniaApostoliese GeloofsbelydenisLys van landeSowjetunieAfrikaanse TaalmonumentVakbondLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaBiologieTatoeëermerkMetaalSuikersiekteVratEtniese groepKangaroe7de LaanOlifantWoestynLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Byvoeglike naamwoordEmo AdamsDiskriminasieAfvalbestuur🡆 More