John Norman is die skrywersnaam van John Frederick Lange, Jr.
Lange was 'n filosofie professor aan Queens College van die City University of New York. Professor Lange het 'n PhD in Filosofie aan die Princeton Universiteit verwerf. Volgelinge van Norman se filosofie staan bekend as Goreane.
John Norman | |
---|---|
Gebore | 3 Junie 1931 |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Professor vir Filosofie, skrywer |
Bekend vir | Gor |
Eggenoot | Bernice L. Green (1956–hede) |
Kinders | John, David, Jennifer |
Ouer(s) | John Frederick Lange (vader) Almyra D. Lange née Taylor (moeder) |
Norman is 'n protégé van Edgar Rice Burroughs, en sy invloedryke Gor reeks toon parallelle met Burroughs se John Carter of Mars. Sy romans sluit in lang filosofiese en sosiologiese disertasies wat die onbehaaglikheid van die moderne samelewing (alles van algemene oneerlikheid tot kernwapenvernietiging) kontrasteer met die genesende skoonheid van die natuurlike gemeenskap. Hy plaas klem op om te lewe in ooreenkoms met 'n Nietzschianse natuurlike orde en steun 'n hiërargie van talent.
Gebaseer op hierdie hiërargie en sy gebruik van evolusionêre sielkunde analiseer hy geslagsverskille en suggereer dan dat die vrou 'n ondergeskikte natuurlike helper is en die figuurlike slaaf van die dominante man is. In sy werk het hy dikwels, maar nie altyd nie, hierdie waarneming letterlik toegepas; helde verslaaf die heldinne, wat na verslawing hul verlustig in die ontdekking van hulle natuurlike rol. Norman en die Goreane word gekritiseer vir hierdie sienings.
Sommige entoesiaste beweer dat sy boek Imaginative Sex aantoon dat Norman nie 'n vrouehater is nie maar eerder 'n pionier in menslike seksuele gedrag is en verbind is tot die veilige, verstandige en konsensuele elemente van die BDSM-fantasie. Hierdie positiewe siening word nie deur almal gedeel nie aangesien lesbiërs en feministe in 'n slegte lig gestel word en sy boeke feitlik sonder uitsondering vroue in 'n ondergeskikte rol plaas.
Norman, ook 'n politieke aktivis het sy politieke oriëntasie verskuif van 'n konserwatis na 'n libertyn nadat kritiek teen sy werk opgebou het. Die mate waartoe hy homself beskou as 'n Goreaan is onduidelik.
Norman se loopbaan as 'n filosoof/skrywer kan in vier stadia verdeel word:
Wikiquote het aanhalings in verband met John Norman |
Wiki Commons bevat media in verband met John Norman. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article John Norman, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.