John Johnstone Kirkness

John Johnstone Kirkness (1857–1939) was 'n bouaannemer in die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Transvaal wat 'n aantal historiese geboue in Suid-Afrika opgerig het.

Kirkness was 'n Skot wat in 1887 uit die Orkneyeilande geïmmigreer het. Geboue waarvoor hy verantwoordelik was sluit in die Ou Raadsaal op Kerkplein in Pretoria, die Ou Letteregebou op die Universiteit van Pretoriakampus, aanbouings aan die Sammy Marks Museum in die vroeë 1890's, die Lewis en Marks gebou in Barberton in Mpumalanga, die ry van 15 offisiershuise in Artilleriestraat, die eerste brug oor die Apiesrivier wat in 1890 in 'n vloed weggespoel het en met die Leeubrug vervang is wat ook deur Kirkness gebou is, en die Bank van Afrikagebou in Palacelaan by Kerkplein in Pretoria wat ook as die Kirknessgebou bekendstaan.

John Johnstone Kirkness
John Johnstone Kirkness.

Hy het ook die eerste bakstene in Pretoria in Groenkloof teen die suidelike hang van Muckleneukheuwel vervaardig. Geboue so ver as die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad en die Poskantoor in die voormalige Salisbury (nou Harare) is uit Kirkness-stene gebou.

Kirkness het in omtrent 1929 die argitek Vivian Sydney Rees-Poole opdrag gegee om vir hom 'n huis te ontwerp in Muckleneuk, Pretoria. Kirkness was 'n bewonderaar van Herbert Baker en wou hê die huis moes in die dissipline gebou word, maar die Kirknesshuis in Pomonastraat is eintlik eerder 'n monument na die beroemde Kirknesss-stene.

Verwysings

Tags:

1887ApiesrivierBarberton, MpumalangaKerkplein, PretoriaLeeubrugMpumalangaOrkneyeilandeOu LetteregebouOu Raadsaal, PretoriaPretoriaSammy Marks MuseumSkotlandSuid-AfrikaTransvaalUniversiteit van PretoriaZuid-Afrikaansche Republiek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kunsmatige intelligensieMaagVaginale kankerSteentydperkRonelda KamferUnited Democratic FrontNiersteenVakbondLeeuCutt GlasYstervarkPubiese hareBestaansboerderyBeeldspraakSelfvertroueLys van Suid-Afrikaanse skrywersBelastingRutenium(III)chloriedOntbossingWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaWerkloosheidTurksvyLPêrelCounter-Strike (videospeletjie)BeesSkildklierMaanAtoomCheslin KolbeAnilingusKindermishandelingMetafoorKinderregteDoelwitRookgewoonteProstaatkankerLys van bekende Suid-AfrikanersArgitektuurCarike KeuzenkampGriepHeuningPlaasjapieKoringVergelykings (taalkunde)MasturbasieKwaggaBelvidere Holy Trinity-kerkSarel Jacob PretoriusRoossenekalVraag en aanbodBloemfonteinKonjunktivitisWet op NaturellengrondTennisWayback MachineKliniese depressieEskomTrevor NasserPersoonlikheidDikdermGrondwet van Suid-AfrikaBloedsomloopstelselPoësieFopnuusDawidWikimedia-stigtingLandbou🡆 More