John Couch Adams

John Couch Adams FRS (5 Junie 1819 - 21 Januarie 1892) was ’n Britse wiskundige en sterrekundige.

Sy bekendste prestasie was om die bestaan en posisie van die planeet Neptunus te voorspel deur net wiskunde te gebruik. Die berekenings is gebruik om afwykings in Uranus se wentelbaan en die wette van Kepler en Newton te verduidelik. In dieselfde tyd het die Fransman Urbain Le Verrier onafhanklik dieselfde berekenings gedoen. Le Verrier het egter sy koördinate aan Johann Gottfried Galle van die Berlynse Sterrewag gestuur om te verifiseer, en hy het die bestaan van die planeet op 23 September 1846 bevestig nadat hy dit net 1° van Le Verrier se voorspelde posisie af ontdek het.

John Couch Adams
John Couch Adams
Adams omstreeks 1870.
Gebore(1819-06-05)5 Junie 1819
Laneast, Launceston, Cornwall, VK
Sterf21 Januarie 1892 (op 72)
NasionaliteitBrits
BeroepWiskundige, sterrekundige

Ná die ontdekking was daar ’n kwaai nasionalistiese wedywering tussen die Franse en Britte oor wie saam met Galle die krediet daarvoor moet kry. Eindelik was die internasionale konsensus dat Le Verrier en Adams albei erkenning moet kry. Sedert 1966 het die Amerikaanse sterrekundige en historikus Dennis Rawlins die geloofwaardigheid van Adams se aanspraak as mede-ontdekker bevraagteken en historici het die saak heroorweeg met die terugbesorging in 1998 van die "Neptunusdokumente" (historiese dokumente) aan die Royal Observatory in Greenwich. Nadat hulle dit bestudeer het, het hulle voorgestel dat "Adams nie gelyke aanspraak as Le Verrier gehad het op die ontdekking van Neptunus nie. Daardie eer kom net die persoon toe wat daarin geslaag het om die planeet se plek te voorspel asook om ander sterrekundiges te oorreed om daarna te soek."

Adams was van 1859 tot met sy dood ’n professor in sterrekunde en geometrie aan die Universiteit van Cambridge. Hy het in 1866 die goue medalje van die Royal Astronomical Society gewen.

’n impakkrater op die Maan is gesamentlik na hom en die sterrekundiges Walter Sydney Adams en Charles Hitchcock Adams genoem. Neptunus se heel buitenste ring en die asteroïde 1996 Adams is ook na hom genoem. Die Adamsprys van die Universiteit van Cambridge gedenk sy voorspelling van Neptunus se posisie.

Sien ook

Verwysings

Skakels

  • John Couch Adams  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Isaac NewtonJohann Gottfried GalleJohannes KeplerNeptunusRoyal SocietySterrekundigeUranusUrbain Le VerrierWentelbaanWiskundeWiskundige

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BetonOnomatopeeVoedingAfrikaanse TaalmonumentMaatskappyAnale seksWet op NaturellengrondRobbeneilandTelwoordSebraVersamelnaamWikiJanie du PlessisPornografiese subgenresLettergreepKrieketErosietipesVreesPesachAppendiksMikro-ekonomieKrimpvarkieLeierWielewaalEkonomiese sektorMiskruierJesus van NasaretSaldanhabaaiMetaalSekondêre sektor van die ekonomieAlliterasieGalblaasWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaTierGeslagNaaldekokerHelga UysKwaggaSywurmKarooWilna SnymanLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandErns GrundlingBywoordKakiebosEekhoringBeurtkragSelfieJudaïsmeVerfIngenieursweseGeografie van Suid-AfrikaInsekVlagterminologieAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidWeer (meteorologie)Lys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesVulkaanRooms-Katolieke KerkLabia (geslagsdele)KaapstadDeelstate van die Verenigde State van AmerikaStresTegnologieVeeartsEpilepsiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaEvangelies Gereformeerde KerkFluoorBysteekSelWaterkringloopNeerslag🡆 More