John Ajvide Lindqvist

John Ajvide Lindqvist (* 2 Desember 1968 in Stockholm-Blackeberg) is 'n Sweedse skrywer, illusionis en skerpskertser.

John Ajvide Lindqvist
John Ajvide Lindqvist
John Ajvide Lindqvist in Augustus 2008
Gebore2 Desember 1968
NasionaliteitVlag van Swede Swede
BeroepSkrywer, illusionis en skerpskertser

Lewe

Lindqvist is in die Stockholmse stadsdeel Blackeberg gebore en het ook daar grootgeword. Voordat hy met die skryf van gruwelromans begin het, het hy sy brood twaalf jaar lank as grapmaker en skerpskertser verdien.

Reeds met sy debuutroman oor 'n vampier-meisie, Låt den rätte komma in ("Laat die regte een binnekom"), wat hom in die vroeë 1980's in sy geboorteplek afspeel, het vir Lindqvist in 2004 die deurbraak gekom. Die roman het in elf lande verskyn, waaronder die Verenigde Koninkryk, Duitsland en die VSA. Sy tweede werk, die zombie-roman Hanteringen av odöda ("Die hantering van ondooies", 2005), is in agt lande gepubliseer.

Sy derde werk, Pappersväggar (2006), is 'n versameling novelles. Lindqvist se vierde en laaste werk tot dusver, Människohamn, is in die somer van 2008 vrygestel.

Naas romans het Lindqvist ook die draaiboeke vir die Sweedse uitsaaikorporasie SVT se dramareeks Kommissionen en groot dele van die televisiereeks Reuter & Skoog geskryf, net soos die draaiboek vir die verfilming van Låt den rätte komma in (internasionale Engelse titel: Let the Right One In). Ook Lindqvist se tweede boek, Hanteringen av odöda, is deur die rolprentmaatskappy Tre Vänner, wat die regte gekoop het, verfilm.

Bibliografie

  • Låt den rätte komma in (2004)
  • Hanteringen av odöda (2005)
  • Pappersväggar (2006)
  • Tindalos (in 2007 as oudioboek op die webtuiste van die dagblad Dagens Nyheters vrygestel).
  • Människohamn (2008)
  • Ansiktsburk av Erik Pettersson (Filmkonst 121, 2009)
  • Lilla stjärna (2010)
  • Låt de gamla drömmarna dö (2011)
  • Tjärven (uitsluitlik as e-boek en oudioboek beskikbaar, 2011)
  • The music of Bengt Karlsson, murderer (novelle in die antologie A book of horrors, 2012)
  • Sulky och Bebbe regerar okej (saam met Mia Ajvide, 2012)
  • Ett informellt samtal om den nuvarande situationen (saam met Tomas Alfredson, 2013)
  • Come unto me (novelle in die antologie Fearie tales, 2013)
  • Himmelstrand (2014)
  • Speciella omständigheter (novelle, 2014)
  • Rörelsen, den andra platsen (2015)
  • Våran hud, vårat blod, våra ben (2016)

Pryse en toekennings

  • Die Svenska Akademien se Harry Martinsson-gedenkprys 2007
  • Nöjesguidens pris vir die beste lesing in die literêre jaar 2005 (prys gedeel met Fredrik Strage en Klas Östergren)
  • Harry Martinsson-gedenkbeurs vir die literêre jaar 2007
  • Die dagblad Göteborgs-Posten se literêre prys van 2008
  • Literêre prys van die Selma Lagerlöf-stigting (literêre jaar 2008)

Eksterne skakels

Verwysings

  • Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: John Ajvide Lindqvist

Tags:

John Ajvide Lindqvist LeweJohn Ajvide Lindqvist BibliografieJohn Ajvide Lindqvist Pryse en toekenningsJohn Ajvide Lindqvist Eksterne skakelsJohn Ajvide Lindqvist VerwysingsJohn Ajvide Lindqvist19682 DesemberStockholmSwede

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Hannes van WykSenuweestelselStuitjieHoofstadAdolf HitlerMartin BesterKangaroeNuwe TestamentRooibokChristendomLongontstekingDemi Lee MooreGodNieuwoudtvilleFritz WepperEstlandVlag van BangladesjAsynAnilingusLys van chemiese elemente volgens atoomgetalLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierLys van Afrikaanse rolprenteGodsdiensBybelvertalingDrie SusterskerkeAkuutVingerseksSmaakLys van Joodse feeste en herdenkingsAardeErfenisdag (Suid-Afrika)Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024MieliePG du PlessisLiturgiese jaarEmfiseemMenseregteNazi-DuitslandSuid-KoreaIerse nasionale rugbyspanBloedsomloopstelselMisdaadPiet ByleveldHemelvaartsdagRolprentGianna MichaelsRam (sterreteken)Hottentot (vis)OrgasmeNaeltjiesTegnologieLionel MessiRussiesNierJodeA.J. ApplegateVolumeBakterieBeroerteGNU-lisensie vir vrye dokumentasiePlantJavaScriptDesiré GardnerOopbroninhoudMagda van BiljonPesachAalwynErnst Otto FischerOnderwys (geskiedenis)HematurieSkildklierSendelingposisieKlitorisDikdermKarpaletonnelsindroom🡆 More