Johannes Jacobus Poortman (Rotterdam, 26 April 1896 – Den Haag, 21 Desember 1970) was 'n Nederlandse filosoof, en buitengewone hoogleraar in die metafisika aan die Rijksuniversiteit Leiden.
Hy is veral bekend vir sy Repertorium der Nederlandse Wijsbegeerte.
Johannes Jacobus Poortman | |
Gebore | Rotterdam, Nederland | 26 April 1896
---|---|
Oorlede | 21 Desember 1970 (op 74) Den Haag, Nederland |
Nasionaliteit | Nederland |
Vakgebied | Filosofie |
Poortman studeer in die filosofie en sielkunde aan die Rijksuniversiteit Groningen onder Gerard Heymans, waar hy in 1919 gradueer. Verder studeer hy in Hamburg, Genève en aan die Sorbonne Universiteit in Parys. Sy doktoraat in die Lettere en Wysbegeerte behaal hy aan die Gemeente Universiteit Amsterdam met sy proefskrift Ochêma, Geschiedenis en zin van het Hylisch Pluralisme, wat hy in die publiek verdedig op 30 November 1954.
Poortman was lid van die Teosofiese Vereniging en betrokke by die oprigting van die Teosofiese Wêrelduniversiteit. Vanweë 'n Koninklike Besluit word die leerstoel in die "Metafisika van die Gees van die Teosofie" aan die Stigting Proklos toevertrou en word Poortman in 1966 benoemd as die eerste buitengewone hoogleraar om hierdie leerstoel te beklee aan die Rijksuniversiteit Leiden.
Hy formuleer die idee van 'n "hyliese pluraliteit" of 'n pluraliteit van materie, 'n model van die heelal waarin die wetenskap en metafisika nie meer weersprekend is nie. Hierdie visie word verduidelik in sy vierdelige werk, Vehicles of Consciousness.
Poortman identifiseer ses verskillende metafiesiese sienings van die wêreld wat hy in kategorieë van Alpha tot Zeta ingedeel het.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Johannes Jacobus Poortman, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.