Johann Georg Christian Lehmann (25 Februarie 1792 – 12 Februarie 1860) was 'n Duitse plantkundige.
Johann Georg Christian Lehmann | |
Prof. Johann Lehmann | |
Gebore | 25 Februarie 1792 Haselau, Hertogdom van Holstein |
---|---|
Oorlede | 12 Februarie 1860 (op 67) Hamburg, Duitse Bond |
Blyplek | Duitsland |
Nasionaliteit | Duits |
Vakgebied | Plantkunde |
Instelling(s) | Gymnasium Academicum; Alter Botanischer Garten Hamburg |
Alma mater | Friedrich-Schiller-Universität, Jena |
Bekend vir | Stigter van die Hamburg Botaniese Tuin |
Lehmann is in Haselau, naby Uetersen, Sleeswyk-Holstein gebore. Lehmann studeer geneeskunde in Kopenhagen en Göttingen en behaal 'n doktorsgraad in geneeskunde in 1813 en 'n doktorsgraad in filosofie aan die Friedrich-Schiller-Universität in Jena in 1814. Daarna word hy 'n professor in fisika en natuurwetenskap, asook hoofbibliotekaris, aan die Gimnasium Academicum in Hamburg.
Hy was 'n produktiewe wetenkaplike met 'n skynbare bakleierige karakter. Hy was lid van 26 akademiese verenigings en die stigter van die Hamburg Botaniese Tuin, vandag bekend as die Loki-Schmidt-Garten, de:Loki-Schmidt-Garten. Lehmann is in 1860 in Hamburg oorlede.
Die standaardafkorting Lehm. word gebruik om in botaniese verwysings na hierdie individu as outeur te verwys.
Lys van botaniste volgens outeursafkorting
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Johann Georg Christian Lehmann, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.