Johan Heyns

Johan Adam Heyns (27 Mei 1928 – 5 November 1994), was 'n invloedryke Afrikaner Calvinistiese teoloog en moderator van die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK).

Hy is vermoor by sy huis in Waterkloofrif, Pretoria. Alhoewel sy moord nooit amptelik opgelos is nie, word dit algemeen aanvaar dat dit direk verwant was tot sy kritiek ten opsigte van apartheid. Nelson Mandela het aan hom hulde gebring as 'n martelaar vir sy land en 'n kryger vir vrede.

Johan Adam Heyns
Johan Heyns
Prof. Heyns in sy studeerkamer
Gebore27 Mei 1928
Tweeling, Suid-Afrika
Sterf5 November 1994
Pretoria, Suid-Afrika
TitelProf. Dr.
EggenootRené
KindersStefan, Christoff, JohanDirk

Vroeë lewe

Johan Adam Heyns is gebore op die plaas Bloemkraal te Tweeling in die Oranje-Vrystaat, Suid-Afrika.

Sy vader, Flip Heyns, wou gehad het dat hy 'n sendeling word, maar weens finansiële redes kon hy nie en het eerder 'n boer geword. Sy moeder, Maria Beukes, is met die Tweede Vryheidsoorlog as krygsgevangene verban en oorsee gestuur na Sint Helena. Haar huwelik met Flip Heyns was haar tweede huwelik. Aangesien haar eerste huwelik geen kinders opgelewer het nie, het Maria aan God 'n belofte gemaak dat, as sy met 'n seun geseën word, sy hom sal grootmaak vir diens aan God. Alhoewel sy nooit aan Heyns enigiets oor die belofte vermeld het tot ná sy legitimasie as predikant nie, het hy later in sy lewe toegegee dat sy moeder 'n belangrike rol gespeel het in sy keuse om 'n geestelike te word.

Om 'n Afrikaner te wees was iets wat Heyns na aan die hart gelê het sedert sy skooldae. Sy toetrede tot die politiek het vroeg reeds begin en hy het 'n leier van 'n jeuggroep in die Ossewabrandwag geword toe hy op laerskool was. (Tydens vakansies het hy vergaderinge gehou en toesprake gelewer – 'n aktiwiteit wat deur die hoofmeester gestaak is.) Alhoewel sy vader die leier van die plaaslike Nasionale Party was en Johan 'n belangstelling in politiek gehad het, het hy egter nooit by die heersende party aangesluit nie. Alhoewel hy 'n sterk pro-nasionale standpunt gehuldig het, was sy sieninge getemper deur sy vermoë om 'n unieke kritiese perspektief te handhaaf – 'n eienskap wat later 'n kenmerk van sy werk sou word.

Sy familie het tydens sy hoërskooljare na Potchefstroom verhuis en 'n losieshuis aldaar bedryf. Sy liefde vir die Bybel en sy geloof in God het verskeie teologiestudente, wat tuisgegaan het aan die Heyns-woning, opgeval. Op skool was Heyns 'n gemiddelde student, en het weinig belangstelling in die ter sake onderwerp getoon. Hy het egter 'n aanleg getoon vir debat en onafhanklike denke rakende komplekse aangeleenthede – na een sodanige bespreking (rakende Darwin se ewolusieteorie) het een teologiestudent aan Heyns se ouers opgemerk dat Heyns besig was om sy sinne te verloor.

Hoër onderwys

Johan Heyns het sy voorgraadse studies voltooi aan die universiteit in Potchefstroom, toe nog bekend as die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, waar hy 'n lewenslange vriendskap gesmee het met Hendrik Stoker, die Suid-Afrikaanse Calvinistiese denker en sentrale verdediger van die Filosofie van die Kosmonomiese Idee. Stoker se idees het 'n beslissende invloed gehad op die res van sy akademiese loopbaan.

Heyns het sy opleiding as predikant aan die Universiteit van Pretoria voltooi en besluit om sy doktorale studies voort te sit aan die Vrye Universiteit. Hy behaal sy PhD onder supervisie van G. C. Berkouwer in 1953 met 'n tesis getiteld Die Grondstruktuur van die Modalistiese Triniteitsbeskouing.

In 1961 behaal hy 'n tweede PhD (in filosofie) onder die toesig van Stoker. Sy tesis was getiteld Die Teologiese Antropologie van Karl Barth vanuit Wysgerig-Antropologiese Oriëntering.

Beroep

In 1954, na voltooiing van sy teologiese studies in Amsterdam, is Heyns georden as leraar en het hy as predikant gedien in die Ysterplaat gemeente van die NGK. Aan die einde van 1960 het hy oorgegaan na Rondebosch as studenteleraar, waar verskeie Afrikanerpolitici onder sy skape getel het (onder andere Hendrik Verwoerd, John Vorster, en PW Botha).

Heyns se akademiese loopbaan het begin toe hy in 1966 as dosent in dogmatiek aangestel is aan die Universiteit Stellenbosch. In 1971 het hy A.B. du Preez as professor opgevolg aan die Universiteit van Pretoria waar hy gebaseer was tot en met sy aftrede in 1993.

Tydens sy diens as professor aan die NGK vir bykans 20 jaar, het hy ongelooflike invloed uitgeoefen op die kerk. Hy sal onthou word vir 'n lang lys publikasies asook verskeie aanstellings wat hy beklee het tydens sy lewe. Dit het daartoe bygedra dat hy erken word as een van die belangrikste teoloë in die NGK.

Siening van apartheid

In die 1980’s en 1990’s het Heyns 'n sentrale figuur geword in die stryd om verandering van die NGK se siening van Apartheid, wat gelei het tot die kerk se teoretiese verwerping van die siening. In 1982 het Heyns openlik die siening dat Apartheid die wil van God is verwerp, en het 'n beroering veroorsaak tydens die sinode van daardie jaar deur openlik veelrassige huwelike voor te staan. Vir langer as 'n jaar is hy uitgesluit uit die hiërargie van die kerk, maar herverskyn in 1986 toe hy verkies is as moderator – die hoogste posisie in die kerk. Hy het onmiddellik begin om die kerk te oortuig dat Apartheid nie Bybels gefundeerd kan word nie.

Volgende op die NGK Sinode van 1986 het tienduisende kerklidmate en gemeentes weggebreek om die Afrikaanse Protestantse Kerk te vorm. In September 1989, 'n tydstip waarop die regering voor die voet alle vreedsame protesoptogte onderdruk het, het NGK onderhandelinge, gelei deur Heyns, die regering daartoe oortuig om vreedsame optogte toe te laat. Dit was die eerste beweging in die rigting van vreedsame protes weg van die gewapende konfrontasie-benadering.

In 1990 het die NGK, by monde van Heyns, Apartheid as 'n sonde verklaar. Sy teologiese bydraes het 'n groot invloed gehad op die verandering van die Afrikanerregering.

Moord

Op Saterdagaand, 5 November 1994, het Heyns kaart gespeel met sy vrou en drie kleinkinders (toe onderskeidelik 2, 8 en 11 jaar oud) in hulle huis in Pretoria. Hy is op slag gedood toe 'n onbekende aanvaller, wat 'n .303 kaliber geweer gebruik het, hom met 'n enkele skoot deur 'n oop venster doodgeskiet het. Die koeël het sy nek binnegedring en sy kop naby sy oë verlaat en 'n gat gelaat so groot soos 'n mens se vuis.

Alhoewel die polisie nie wou spekuleer oor 'n moontlike motief nie, was baie daarvan oortuig dat hy deur ekstremiste vermoor is. Kort ná die aanval het 'n sekretaresse van Die Burger, 'n Afrikaanse koerant, dreigemente ontvang dat drie ander Afrikaanssprekende kabinetsministers volgende aan die beurt is. Die persoon het aan die sekretaresse gesê dat hy reeds alles verloor het weens regstellende aksie: “Ons behoort...ek behoort aan geen organisasie nie. En dit sal nie die laaste een wees nie.” Soortgelyke dreigemente het gevolg wat daarop gedui het dat Madiba ook 'n teiken was.

Motiewe

  • Dit word algemeen aanvaar dat Heyns se Bybelse standpunt teen Apartheid wat gelei het tot die NGK-skeuring en stigting van die Afrikaanse Protestantse Kerk en die verklaring van Apartheid as sonde, die waarskynlike motief agter sy moord was.

Heyns se moordenaar het min leidrade gelaat, en tot nog toe is niemand in hegtenis geneem nie.

Verwysings

    Hierdie artikel (of gedeeltes daarvan) is vertaal vanaf 'n weergawe van die Engelse Wikipedia-artikel "Johan Heyns"

Sien ook

Bronne

Tags:

Johan Heyns Vroeë leweJohan Heyns Hoër onderwysJohan Heyns BeroepJohan Heyns Siening van apartheidJohan Heyns MoordJohan Heyns VerwysingsJohan Heyns Sien ookJohan Heyns BronneJohan Heyns1928199427 Mei5 NovemberApartheidMartelaarNederduitse Gereformeerde KerkNelson MandelaPretoriaTeoloog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Kaapstad se voorstedeKnieSeptimius AwardsPornografieWiskundige terminologieAborsieVigsGrondbesoedelingGeskiedenis van Suid-AfrikaWikiquoteLuiperdLimpopo (rivier)TydInfeksieBorsteBybelJohan BadenhorstViëtnamoorlogWeer (meteorologie)WinterBerghaanLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)ArendHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalAbstraksie (rekenaarwetenskap)GrondsoorteInternetWaterBrongitisLys van hoofstedeWitbankGeldSeksismeWaterpokkiesMisdaadromanGesonde dieetErosietipesToekoms van die AardeMoedersdagVerkoueSeksuele opwekkingVleilandTekstielPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika20ste eeuAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeNamibwoestynLeenwoordSlangSeekoeiCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaAardedagKameelperdWolfAtoomHaasWaarheid-en-versoeningskommissieAngolaVakbondLongontstekingStollingsgesteenteD.J. OppermanGewone breukeAkroniemVoëlFacebookIntensiewe vormJaco JacobsBruto binnelandse produkGevolge van aardverwarming op oseaneBreinvliesontstekingSint JorisdagEngelsOlimpiese Somerspele 2012Distrik SesIronie🡆 More