Johan Breedt

Ds.

Johannes Jacobus Breedt (9 Augustus 1943 – 31 Maart 2013) was tussen 1969 en sy emeritaat in 1999 predikant in een kombinasie en twee gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA): Ficksburg-Senekal 1969–1975, Bultfontein 1975–1981, Wolmaransstad 1981–1999.

Sarel du Plessis, 'n lidmaat van Wolmaransstad, het in ds. Breedt se lewensberig in die GKSA se Almanak van 2014 onder meer geskryf: "Om Johan Breedt 18 jaar lank (1981–1999) as predikant te kon hê in Wolmaransstad, was ’n besonderse voorreg. In dié tyd het hy ons nie net geestelik versorg met suiwer Woordbediening nie; ook het hy ons beste vriend geword. Sy voorbereidingspreke was dikwels vol oordeel, net om die volgende Sondag met Nagmaal te hoor van die liefde en genade van God.

"Hierdie beste vriend het in almal se hartseer gedeel, en ook in almal se vreugde. Hy was die onselfsugtigste mens wat ons ooit geken het. Jy kon hom in die middel van die nag nodig kry en hy was daar, telkens met bemoedigende woorde uit Jesaja en ander Skrifgedeeltes. Selfs buite die gemeentegrense het hy gereeld gehelp waar daar nood was. Hy was altyd gereed om vir sy medemens iets te beteken.

"Sy werkywer was ongekend. In ’n japtrap het hy die tuin om die nuwe pastorie en om die kerk in ’n lushof omskep. Hy het dadelik die werkskeppingsprojek van die destydse regering aangegryp om die kerkterrein te plavei vir meer parkeerplek — sonder dat dit die gemeente wat op daardie stadium 'n bietjie swaargekry het, ’n sent gekos het. Sy onselfsugtige geaardheid het hom hierdie selfde projek last implementeer by die swart gemeente Knapdaar. Hy het met onvermoeide ywer gewerk en Knapdaar se kerk het ’n vloer gekry. Hy was ’n gewaardeerde staatmaker vir dié gemeente.

Breedt is kort nadat hy in Wolmaransstad aangekom het, as kapelaan van die plaaslike kommando aangewys. "Ook daar het hy wonderlike werk verrig," skryf Du Plessis, "en is deur lede as ’n yster beskou. Hy was nie iemand wat ooit stilgesit het nie. Die roostuin wat hy en (sy vrou) Johanna aangelê het, was ’n fees vir die oog. En dan het dit nie daar geëindig nie, want die pragtige roosknoppe is kunstig gedroog en het dan in droë rangskikkings gepryk in ons almal se huis."

Ná sy uittrede uit die bediening weens swak gesondheid het ds. Breedt en sy eggenote na Bloemfontein verhuis. Later was hy weer gesond genoeg om in die Gereformeerde kerke Reddersburg, Brandfort en Bethulie te preek en, volgens Du Plessi, "sy wonderlike talente weer te kon gebruik tot eer van die Here. Dit was vir ons baie swaar om hom te sien agteruitgaan ná Johanna se dood."

Bronne

  • (af) Du Plessis, Sarel in Vogel, ds. Willem (et al). 2013. Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2014. Administratiewe Buro: Potchefstroom.

Tags:

1943201331 Maart9 AugustusEmeritaatGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk BultfonteinGereformeerde kerk FicksburgGereformeerde kerk SenekalGereformeerde kerk Wolmaransstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Padtekens in Suid-AfrikaGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaAfleiding (taalkunde)Kaapstadse waterkrisis 2015-2018ChristendomEksodus (uittog)Deelteken en umlautNederduitse Gereformeerde KerkWekkerWaarheid-en-versoeningskommissiePampoentjiesBeroerteSokkerMenslike seksuele gedragVierde Industriële RevolusieAfrikanernasionalismeIndustriële RevolusieRocco SiffrediMediaWikiBelgiëEpilepsieTsjeggiesRMS TitanicDistrik SesKasteel die Goeie HoopMeningsverskil oor aardverwarmingDiamantParasitiese siektesGenesisSleutel (musiek)EmfiseemHeupValiant SwartSuid-AfrikaTrianthemaPornografiese subgenresOrgasmeKunsGordelroosSlawernyKarpaletonnelsindroomErfenisdag (Suid-Afrika)EwenaarOliver TamboSosiale mediaWaterpokkiesKoppeltekenNatuurrampBeurtkragBukkakeJagluiperdBrongitisPlae van EgipteYsterHerfsWaterbesoedelingAntisemitismeLys van bekende Suid-AfrikanersLatynEierleierSteenkoolAppel (sanger)Menslike-ontwikkelingsindeksFransCarike KeuzenkampRoland GarrosCSSKlein-KarooVerkleinwoordHeuningbyMiddelburg, Oos-KaapRenosterVaginale kankerHennie Maas🡆 More