Joelfees

Die Joelfees is 'n Noord-Europese sonnewendingsfees wat oorspronklik tussen 23 Desember en 6 Januarie gevier is.

Die dae voor en na 21 Desember is die wintersonstilstand in die Noordelike Halfrond waartydens die dag- en naglengte nouliks verskil. Eers vanaf 25 Desember begin die daglengtes weer rek.

Die ou Voor-Christelike fees het sy naam in die Skandinawiese tale ook aan die huidige Kersfees verleen wat hier Jul genoem word. Ook Engels (Yule, Yuletide) en Noordfries (Jül) het hierdie Germaanse naam bewaar.

Etimologie en gebruik

Joelfees 
1832

Die Gotiese kalenderfragment Codex Ambrosianus A uit die 6de of 7de eeu n.C. bevat die oudste verwysing na die term Joel. Die fragment beskryf die einde van Oktober en die maand November, waarby die Novembermaand die opskrif Naubaimbair: fruma Jiuleis dra. Hierdie titel kan óf as "November: Die eerste Joelmaand" óf as "November: Die maand voor Joelfeestyd" vertaal word. Die term Prosabbaton in die Evangelie volgens Markus is in hierdie fragment as fruma sabbato vertaal. Daarnaas dui ook die Oudengelse benaming vir Januarie, æftera Geola, in hierdie rigting.

In Oudnordies het die terme Júl en Jól bestaan, wat in Fins as leenwoorde (juhla en joulu) oorgeneem is. Juhla het 'n meer algemene betekenis en kan na enige fees verwys, terwyl Joulu, wat eers later uit Noord-Germaans ontleen is, steeds die spesifieke betekenis "Kersfees" gehad het. In sy wyer betekenis was die begrip jól 'n algemene sinoniem vir "feesmaal" soos in Hugins jól ("die drinkfees van die raaf").

In die Voor-Christelike tydperk is die Joelfees in die Midwinternag met die bring van offers gevier. Verwante terme is jóln (onsydige meervoudsvorm, "Gode") en Jólnir (letterlik "Heer van die Gode", moontlik ook "Heer van die Jólfees"), een van die benamings waaronder Odin (Oðinn) bekend gestaan het. Volgens die Flateyarbók het die Heidense Germane die Joelfees ter ere van Oðinn gevier, maar ons het tans min kennis oor die presiese rol wat hierdie Godheid by die Joelfees gespeel het. Die etimologiese afleiding is betwisbaar. 'n Ander afleiding beskou Joel as 'n term wat nou verwant is met él ("sneeujag").

Verwysings

Tags:

Noordelike HalfrondWintersonstilstand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LongontstekingKunsmatige intelligensieHennie MaasVoornaamwoordRooibokLettergreepUniversiteit StellenboschMagda van BiljonSeksuele stimulasieSerafín DengraDieregeluideWikiProstaatkankerKoreaanse nasionale rugbyspanPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaAntoniemEmfiseemVrouOopbroninhoudNuwe TestamentDikdermNamibiëOntbinding van die SowjetunieSkrikkeljaarHadjEier (biologie)VleesbaaiNederduitse Gereformeerde KerkDiplopodaFinlandAkkedisJavaScriptSmaakDemokrasieWeer (meteorologie)OrgasmeKoorsblaarGeorgiëKasterolieHondeklipbaaiMuggieAntjie KrogVaginaLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsSuid-Afrikaanse InkomstediensMangelByvoeglike naamwoordNamakwalandKlimaatNic de JagerGrysstofAsiëTuisbladAfkappingstekenJeuksiekteDepressie (gemoedstoestand)Vaginale kankerGemengde ekonomieOraniaTegnologieMaroela MediaMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaGeografie van Suid-AfrikaEpilepsieBatePornografiese akteurDanie du ToitGodsdiensKopieregPankreasAswoensdagSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Afrikaanse woordelys en spelreëls🡆 More