Jody Scheckter: Suid-Afrikaanse motorrenjaer

Jody David Scheckter (gebore op 29 Januarie 1950) is 'n voormalige renjaer en die Formule Een wêreldkampioen van 1979.

Hy is te Oos-Londen in Suid-Afrika gebore.

Jody Scheckter
Jody Scheckter in 1976
Jody Scheckter in 1976
Geboortedatum 29 Januarie 1950 (1950-01-29) (74 jaar oud)
Geboorteplek Oos-Londen, Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika en Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Aktiewe jare 1972 – 1980
Inskrywings 113 (112 begin)
Kampioenskappe 1 (1979)
Oorwinnings 10
Podiums 33
Loopbaanpunte 246 (255)
Voorste wegspronge 3
Vinnigste rondtes 5
Eerste F1-wedren 1972 Verenigde State Grand Prix
Eerste wen 1974 Sweedse Grand Prix
Laaste wen 1979 Italiaanse Grand Prix
Laaste inskrywing 1980 Verenigde State Grand Prix
Jody Scheckter: Suid-Afrikaanse motorrenjaer
Jody Scheckter tydens die Britse Grand Prix 1974
Jody Scheckter: Suid-Afrikaanse motorrenjaer
Jody Scheckter in die seswiel Tyrrell P34, 1976

Scheckter het vinnig opgang gemaak in Formule Een nadat hy na Brittanje toe verhuis het in 1970. Hy het sy debuut in Formule Een gemaak by Watkins Glen in 1972 in 'n McLaren en op 'n stadium die derde plek beklee voordat hy beheer verloor het en getol het om sodoende in die 9de plek te eindig. Hy het in die daaropvolgende jaar gewys dat hy 'n naam is om dop te hou deur die Formule 5000 kampioenskap te wen. Hy het ook 5 keer aan F1 wedrenne deelgeneem. In Frankryk het hy byna gewen na sy derde deelname aan 'n F1 wedren, maar ongelukkig het hy in 'n botsing met Emerson Fittipaldi betrokke geraak. In sy daaropvolgende wedren was die aggressiewe Scheckter in 'n groot ongeluk betrokke waarin byna 'n dosyn motors uit die wedren is, 'n insident wat kenmerkend was van sy vroeë loopbaan.

Ken Tyrrell het desnieteenstaande nie geskroom om die ratse jongeling aan te stel nie en hy word in 1974 vir die eerste keer 'n voltydse jaer in F1. Scheckter het hulle daarvoor met 'n derde plek in die renjaerkampioenskap beloon asook met wedrenoorwinnings in Swede en Brittanje. Hy het in daardie jaar in 8 opeenvolgende wedrenne punte aangeteken wat op daardie tydstip een van die mees konsekwente vertonings was. Tydens die seisoen het Tyrrell ook die mees radikale motorontwerp ooit in F1 bekend gestel, naamlik die seswiel Tyrrell P34. Scheckter het die seswiel sy enigste wen besorg op die Sweedse Anderstorpbaan en in sy 12 wedrenne het hy 10 keer met die motor punte aangeteken.

Scheckter het toe in 1977 na Walter Wolf se nuwe span verskuif en 'n oorwinning vir die span in hul eerste wedren besorg. Hy het daarna twee verdere oorwinnings vir die span behaal en gereeld op die podium verskyn, maar uiteindelik tweede in die puntestand geëindig na die meer dominante Niki Lauda.

In 1978 het hy 'n sewende plek behaal en die span verlaat om by Scuderia Ferrari aan te sluit. Hy het daardie jaar alle verwagtinge oortref en vir F1 se mees herkenbare span 'n vervaardigerstrofee besorg terwyl hy self deur konsekwente vertonings deur die jaar, waaronder 3 oorwinnings getel het, die renjaerskampioenskap gewen het. Hy het egter in 1980 gesukkel om sy titel te verdedig en het selfs misluk in 'n poging om vir een van die wedrenne te kwalifiseer. Na hy slegs 2 punte kon aanteken het Scheckter besluit om uit te tree.

Scheckter was dus die laaste kampioenjaer vir Ferrari tot Michael Schumacher dit 21 jaar later weer vir Ferrari verower het. Na Scheckter se uittrede het hy 'n maatskappy gestig wat opleidings-nabootsers vervaardig het. Hy het daarna heelwat aandag aan sy seuns Tomas en Toby se renloopbane bestee. Tomas jaag in die Indy Racing League en het die voorste wegspringposisie in die 2003 Indianapolis 500 wedren beklee. Jody se broer Ian Scheckter het ook vir 'n paar jaar lank aan wedrenne deelgeneem.

Eksterne skakels

Tags:

1950197929 JanuarieFormule EenOos-LondenSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PretoriaRonelda KamferGewasboerdery in Suid-AfrikaKlimaatveranderingTydsoneWet op NaturellengrondKameelperdNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyKrieketBernice WestDriehoekLys van veltoestandeOmtrek, oppervlakte en volumeRepubliek die KongoTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)Verlede tydRefentse MorakeKaapstadse waterkrisis 2015-2018AustraliëWoordeskatZack du PlessisWiki CommonsGriekwa-AfrikaansEuropaAanpassingskapasiteitDierSwaelGoogleKoue OorlogFilistyneOlimpiese SpeleBek-en-klouseerAsiëTafelbergCorioliskragInfeksieSwartbewussynsbewegingLys van visseDrie-eenheidSeekoeiLodewyk XVI van FrankrykSuid-Afrikaanse GrensoorlogAborsieKlein-KarooNiemetaalLongSwart nasionalismeMadison IvyOlimpiese SomerspeleBywoordTradisionele literatuurHoenderDiamantKoedoeMediese diagnoseMuishondKultuurParasitiese siektesSeptimius AwardsVlagterminologieRenteGeelsugMorfologie (taalkunde)MantisOrthopteraDaggaVormDirekte en Indirekte redeNatuurSamestellingLionel PetersonD.J. OppermanNag van die lang messeDuitslandKunsmatige algemene intelligensie🡆 More