Jeremy Cronin

Jeremy Cronin (1949-) is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, digter, politikus en aktivis.

Hy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die ANC se nasionale uitvoerende komitee, asook ’n gewese adjunkminister in pres. Jacob Zuma se kabinet. In die 1970's voltooi hy sy meestersgraad in die filosofie in Frankryk. Sy werk in die SAKP se propaganda-eenheid lei in 1976 tot sy skuldigbevinding ingevolge die destydse Wet op Binnelandse Veiligheid en ’n vonnis van sewe jaar gevangenskap. In 1983 is hy met die Ingrid Jonkerprys vir sy bundel Inside and out bekroon.

Jeremy Cronin

Adjunkminister van Openbare Werke
Ampstermyn
12 Junie 2012 – Februarie 2018 (afgetree)
President Jacob Zuma

Adjunkminister van Vervoer
Ampstermyn
11 Mei 2009 – 12 Junie 2012
President Jacob Zuma

Persoonlike besonderhede
Gebore 12 September 1949
Kaapstad
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Politieke party Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party
Alma mater Universiteit van Kaapstad (BA)
Sorbonne Universiteit (MA)
Toekennings Ingrid Jonkerprys

Lewensloop

Cronin is op 12 September 1949 in Kaapstad gebore en het in 'n Rooms-Katolieke gesin in Rondebosch grootgeword. Gedurende sy tienerjare wou hy 'n priester word. Hy doen sy militêre diens in die Suid-Afrikaanse Vloot en ontvang in 1968 'n beurs om aan die Universiteit van Kaapstad te studeer. Hier word hy 'n lid van die Radikale Studentevereniging en is hy as 'n lid van die destyds verbande SAKP gewerf.

In die vroeë 1970's het Cronin sy meestersgraad in filosofie in Frankryk verwerf en na Suid-Afrika teruggekeer, waar hy aan die Universiteit van Kaapstad se Departement Filosofie gedoseer het.

Cronin se werk in die SAKP se propaganda-eenheid het hom onder die aandag van die Suid-Afrikaanse Buro vir Staatsveiligheid gebring. Hy is op aanklagte ingevolge die Wet op Terrorisme en Interne Veiligheid in hegtenis geneem en in September 1976 in die Kaapse Hooggeregshof verhoor. Die aanklagte sluit in sameswering met lede van die SAKP en die ANC (beide verbode organisasies), asook die voorbereiding en verspreiding van pamflette namens hierdie organisasies. Cronin is op al die klagtes skuldig bevind en tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis (1976–1983), wat hy in Pretoria uitgedien het. Sy vrou, Anne Marie, is tydens sy tronkstraf aan 'n breingewas oorlede.

Ná Cronin se vrylating het hy in 1983 met die United Democratic Front (UDF) begin saamwerk. Hy was die redakteur van hulle teoretiese tydskrif, Isizwe (Die Nasie). Hy was ook by onderwys betrokke, maar in die laat 1980's het toenemende teistering van die veiligheidsmagte hom en sy vrou genoop om Suid-Afrika te verlaat en eers na Londen te gaan, en daarna na Lusaka in Zambië, waar hy nou met Joe Slovo en die ANC/SAKP-alliansie saamgewerk het. Hy het die Chris Hani-gedenklesing getiteld Hoekom Suid-Afrika nooit soos Zimbabwe sal wees nie op 4 Mei 2008 in Durban gelewer. Op 10 Mei 2009 het president Jacob Zuma hom as adjunkminister van vervoer aangestel.

Werke

Digbundels:

  • More than a Casual Contact (2006)
  • Inside and Out (1999)
  • Even the Dead: Poems, Parables and a Jeremiad (1997)
  • Inside (1984)

Sien ook

Verwysings

Tags:

Jeremy Cronin LewensloopJeremy Cronin WerkeJeremy Cronin Sien ookJeremy Cronin VerwysingsJeremy CroninANCDigterFilosofieFrankrykIngrid JonkerprysJacob ZumaPolitikusSkrywerSuid-AfrikaSuid-Afrikaanse Kommunistiese Party

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

YsterKleurNedersettingStaalAfrikaanse TaalmonumentSwart menseKriekApartheidEkonomie van Suid-AfrikaMaagOligopolieAbstraksie (rekenaarwetenskap)Lodewyk XVI van FrankrykJaco JacobsVerantwoordelikheidMenslike seksuele gedragVerbondsarkBoontjieSeekatOnderwerp (taalkunde)KoolhidraatRooibokLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierPubiese hareGeldNamibiëWiskundeMaatskappyVioolGeskiedenis van die BoererepubliekeBeaufortskaalAnrich HerbstDiatomiese molekuulMotorvoertuigOogproblemeSneeuSpelerposisies in rugbyLys van visseOnomatopeeWithaaiCholeraKommunismeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeEmosieSelfoonHeupvervangingKasterolieAardeTierDemokrasieKalenderMosambiekkanaalLoftus MaraisDirekte en Indirekte redeGeslagsgelykheidKnieVlagterminologieDistrik SesBosvarkHartaanvalSaartjie BaartmanPizzaWikiquoteSonpaneelKitaarArmoedeKrampHoenderLimfvatstelselMigrasie van diereSnaarinstrumentLys van Suider-Afrikaanse soogdiereVarkgriepSelfmoordMetafoorAsemhaling🡆 More