Jennifer Aniston: Amerikaanse aktrise

Jennifer Joanna Aniston (geb.

11 Februarie 1969) is ’n Amerikaanse aktrise, vervaardiger en sakevrou. Sy is die dogter van die akteur John Aniston en aktrise Nancy Dow.

Jennifer Aniston
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Aniston in Februarie 2012 met die inhuldiging van haar ster op die Hollywood Walk of Fame.

Geboortenaam Jennifer Joanna Aniston
Geboorte 11 Februarie 1969 (1969-02-11) (55 jaar oud)
Los Angeles, Kalifornië, VSA
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Aktrise
Aktiewe jare 1987–tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Vroeë lewe

Aniston is in Sherman Oaks in Los Angeles, Kalifornië, gebore as die dogter van twee akteurs. Haar pa, John, is Grieks en ’n boorling van Kreta, en haar ma, Nancy Dow, is in New York-stad gebore. Aniston het twee halfbroers.

As kind het Aniston vir ’n rukkie saam met haar ouers in Griekeland gewoon. Hulle het daarna na Pennsilvanië verhuis en later na New York. Haar ouers is geskei toe sy nege jaar oud was. Haar pa is veral bekend vir sy rol as Victor Kiriakis in die sepie Days of Our Lives, wat hy in 1985 geskep het.

Loopbaan

Aniston het internasionaal bekend geraak danksy haar rol as Rachel Green in die gewilde TV-sitkom Friends (1994–2004), waarvoor sy ’n Emmy, Golden Globe en Screen Actors Guild Award gewen het. Die karakter was baie gewild en is erken as een van die 100 beste vrouekarakters op Amerikaanse TV.

Aniston het die vroulike hoofrol in verskeie komedie- en romantiese komedieprente vertolk. Treffers waarin sy te sien was, sluit in Bruce Almighty (2003), The Break-Up (2006), Marley & Me (2008), Just Go with It (2011), Horrible Bosses (2011) en We're the Millers (2013). Elkeen van hulle het wêreldwyd meer as $200 miljoen laat inrol. Sy het die beste resensies gekry vir haar spel in The Good Girl (2002) en Cake (2014). Vir laasgenoemde is sy benoem vir ’n Golden Globe en Screen Actors Guild Award vir beste aktrise. Ander prente sluit in Along Came Polly (2004) en He's Just Not That Into You (2009). In 2008 was sy ’n medestigter van die vervaardigingsmaatskappy Echo Films.

Aniston het in 2012 ’n ster gekry op die Hollywood Walk of Fame. Sy is een van die bes betaalde aktrises in Hollywood en in 2014 is haar fortuin op $150 miljoen geraam. Sy is ook al ’n paar keer aangewys as een van die wêreld se mooiste vroue.

Haar persoonlike lewe wek ook wyd belangstelling. Sy is in 2005 geskei van Brad Pitt, met wie sy vyf jaar getroud was. Sy is in 2015 getroud met die akteur Justin Theroux.

Filmografie

Prys Gewen Benoem
1 3
1 6
    Screen Actors Guild
1 10
Jennifer Aniston: Vroeë lewe, Loopbaan, Filmografie 
Aniston in 2009 by die première van He's Just Not That Into You.
  • Leprechaun (1993)
  • She's the One (1996)
  • Picture Perfect (1997)
  • The Object of My Affection (1998)
  • Office Space (1999)
  • The Iron Giant (1999)
  • Rock Star (2001)
  • The Good Girl (2002)
  • Bruce Almighty (2003)
  • Along Came Polly (2004)
  • Derailed (2005)
  • Rumor Has It... (2005)
  • The Break-Up (2006)
  • Marley & Me (2008)
  • He's Just Not That into You (2009)
  • The Bounty Hunter (2010)
  • The Switch (2010)
  • Just Go with It (2011)
  • Horrible Bosses (2011)
  • Wanderlust (2012)
  • We're the Millers (2013)
  • Life of Crime (2014)
  • Horrible Bosses 2 (2014)
  • Cake (2015)
  • She's Funny That Way (2015)
  • Mother's Day (2016)
  • The Yellow Birds (2016)

Verwysings

Verdere leesstof

  • Smith, Sean (2008). Jennifer: The Unauthorized Biography. Macmillan UK. ISBN 978-0330449977.
  • Marshall, Sarah (2007). Jennifer Aniston: The Biography of Hollywood's Sweetheart. John Blake. ISBN 978-1844544004.
  • Lynette, Rachel (2010). Jennifer Aniston. Lucent Books. ISBN 978-1420502350.
  • Bonner, Mike (2001). Jennifer Aniston. Chelsea House Publications. ISBN 978-0791064658.

Eksterne skakels

Tags:

Jennifer Aniston Vroeë leweJennifer Aniston LoopbaanJennifer Aniston FilmografieJennifer Aniston VerwysingsJennifer Aniston Verdere leesstofJennifer Aniston Eksterne skakelsJennifer AnistonAmerikaJohn AnistonNancy Dow

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HefboomWitbloedselAluminiumRekenaarOogproblemeDemi Lee MooreDriehoekSonnestelselPretoriaKlimaatsverandering in AfrikaMenslike seksuele gedragHeupvervangingKonsentrasiekampVraag en aanbodGeskiedenis van Suid-AfrikaSwartbewussynsbewegingNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaOorstromingEskomKoolhidraatRenosterOrthopteraSpoorvervoer in Suid-AfrikaTienie HollowayTuisbladOrale seksSan Andreas-breukSwartkwasmuishondVoorvoegselBevolkingTegnologieLys van Griekse mitologiese figureMuskeljaatkatAppel (sanger)GeslagPriemfaktorEngelandSeisoenKasteel die Goeie HoopLys van visseReënspinnekopLangste woordOorkruipersApokriewe boekeMotorvoertuigPerdNasionale PartyGriepVingerseksInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandMaagsweerRamsar-vleilande in Suid-AfrikaPersoonlike voornaamwoordVryheidsmanifesHamburgerKaapse florarykSteenkool in Suid-AfrikaDriedimensioneelInentingVierkantswortelAnilingusPussy RiotBurgerregteFilosofieJeugdagHomofoonGroot TrekGriekwa-AfrikaansLeonardo da VinciWapen van Suid-AfrikaNetbalFinansiële staatMeeueErfenisParasitiese siektes🡆 More