Jekoeno Amlak

Jekoeno Amlak (Ge'ez: ይኩኖ አምላክ); troonnaam Tasfa Jesus, ተስፋ ኢየሱስ täsfa iyyäsus) was van 10 Augustus 1270 tot 19 Junie 1285 keiser van Ethiopië.

Hy was ook die stigter van die Salomoniese Dinastie, wat tot in 1974 in dié land regeer het. Hy was ’n prins van die provinsie Bete Amhara (in vandag se Wollo-streek) wat koning van konings van Ethiopië geword het nadat hy die laaste Zagwe-koning verslaan het.

Jekoeno Amlak
Koning van Ethiopië
Jekoeno Amlak
’n Vroeë skildery van keiser Jekoeno Amlak.
Dinastie Huis van Salomo
Bewind 10 Augustus 1270 - 19 Junie 1285
Volle naam Tasfa Jesus (troonnaam)
Gesterf 19 Junie 1285
Voorganger Jetbarak
Opvolger Jagbe'oe Sejon

Magsverkryging

Baie van dit wat van Jekoeno Amlak bekend is, kom uit mondelinge tradisies en Middeleeuse hagiografieë. Hy is opgevoed aan die Istifanos-klooster naby Ambassel. Daar is ’n storie wat in die geskrifte "Die lewe van Jesus Mo'a" en die Be'ela nagastat vertel word, dat ’n haan drie maande lank buite Jekoeno Amlak se huis verkondig het dat wie ook al sy kop eet, koning sou word. Die destydse koning het toe die hoender laat doodmaak en hom geëet, maar die kok het die kop weggegooi. Jekoeno Amlak het dit geëet en toe die heerser van Ethiopië geword.

Volgens die tradisionele geskiedenis is Jekoeno Amlak deur die Zagwe-koning Za-Ilmaknoen ("die onbekende, die verborge een") op berg Malot aangehou, maar hy het ontsnap. Hy het die koning met die hulp van ’n sultan van Shewa by die Slag van Ansata verslaan. Die Ethiopiese historikus Taddese Tamrat meen dié koning was Jetbarak, maar weens ’n poging om sy nagedagtenis te besoedel is sy naam uit historiese rekords verwyder. ’n Meer onlangse kroniekskrywer van Wollo se geskiedenis, Getatchew Mekonnen Hasen, dink egter die laaste koning was Na'akueto La'ab.

Bewind

Jekoeno Amlak 
Die kerk van Genneta Maryam, wat vermoedelik deur Jekoeno Amlak laat bou is.

Jekoeno Amlak het glo ’n veldtog teen die Koninkryk Damot gevoer nadat die afgsette sultan van Shewa hom in 1279 gevra het om sy heerskappy te help herstel.

Volgens die aangetekende geskiedenis het Jekoeno Amlak nie net per brief met die Bisantynse keiser Michael VIII gekorrespondeer nie, maar ook vir kom verskeie kameelperde as geskenk gestuur. Sy betrekkinge met sy Moslemse bure was aanvanklik vriendskaplik, maar sy poging om ’n biskop van die Ethiopies-Ortodokse Kerk te kry, het ’n stremming op die betrekkinge geplaas. ’n Brief het bewaar gebly wat hy aan sultan Baibars van die Mamelukke, die opperleenheer van die hoof van die kerk, die patriarg van Alexandrië, in 1273 geskryf het waarin hy ’n nuwe biskop (aboena) vra. Dit blyk uit die brief dat dit nie sy eerste versoek was nie. Toe een nie opdaag nie, het hy die skuld gepak op die sultan van Jemen, wat glo sy boodskapper na Kaïro vertraag het.

Jekoeno Amlak kry erkenning vir die bou van die Kerk van Gennete Maryam naby Lalibela, wat die vroegste oorblywende muurskilderings in Ethiopië bevat wat gedateer kan word.

Sy afstammeling keiser Baeda Marjam I het Jekoeno Amlak se liggaam laat herbegrawe in die Kerk van Atronsa Marjam.

Verwysings

Skakels

  • Jekoeno Amlak  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Jekoeno Amlak MagsverkrygingJekoeno Amlak BewindJekoeno Amlak VerwysingsJekoeno Amlak SkakelsJekoeno AmlakEthiopiëGe'ezSalomoniese DinastieZagwe-dinastie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OlifantWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaKarakteriseringEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaOorstromingLübeckKarooWinterNic de JagerLettergreepGreen PornoMonopolieSeilvaartOnderwerp (taalkunde)VoorsetselGewone breukeSuurreënStam (taalkunde)KindersiektesMeningsverskil oor aardverwarmingStaalKontinentJoodse kalenderWerkersdagIndustriële RevolusieNadia ValvekensHoofpynSamestellende afleidingAardverwarmingChapmanspiek-rylaanStilleweBrandbergKolitisLys van musiekinstrumenteDistrik SesAvbobKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVoedselkettingBewussynEngelsBurgerregteNasiebouTikTokSelfoonSamestellingHindoeïsmeHoopTweede WêreldoorlogNaaldekokerGawes van die Heilige GeesMondVaginale kankerSpelerposisies in rugbySinkLewerInfeksieInsekEkonomie van Suid-AfrikaDolfynHomoniemVerkragtingLys van chemiese elemente volgens atoomgetalBloemfonteinOutismeJansenvilleAtoomPropagandaSteve BikoMoedersdagMenslike seksuele gedragNG gemeente JansenvilleWisselkoersMaatskappyDialoog in fiksie🡆 More