Jeffrey Epstein: Amerikaanse finansier en seksuele misdadiger

Jeffrey Edward Epstein (20 Januarie 1953 in New York – 10 Augustus 2019 in New York) was 'n Joods-Amerikaanse finansier en seksuele misdadiger bekend vir sy beweerde sekshandel van minderjariges en sy verbintenisse met menige van die wêreld se elite.

Epstein begin sy loopbaan in finansies by die beleggingsbank Bear Stearns, waarna hy sy eie firma, J. Epstein & Co., stig. Tot en met sy veroordeling vir seksmisdade in 2008 was hy 'n gerekende en vername multimiljoenêr wat in die kringe van die finansiële, politieke, en kulturele elite van die samelewing beweeg het.

Jeffrey Epstein
Jeffrey Epstein: Amerikaanse finansier en seksuele misdadiger
Epstein se laaste polisiefoto, 9 Julie 2019
Gebore
Jeffrey Edward Epstein

(1953-01-20)20 Januarie 1953
Sterf10 Augustus 2019 (op 66)
Metropolitan Correctional Center, New York Stad, Verenigde State
DoodsoorsaakBetwis; bepaal as selfmoord deur middel van hanging
Uitbeelding
  • Cooper Union
    (geen graad)
  • New York-universiteit
    (geen graad)
Beroep
  • Onderwyser
  • Finansier
  • Eienaar, Jeffrey Epstein VI Foundation
Kriminele aanklag(te)Verkryging van 'n minderjarige meisie vir prostitusie; sekshandel
Kriminele straf13 maande gevangenisstraf met werkvrylating (2008)
Jeffrey Epstein: Amerikaanse finansier en seksuele misdadiger
Polisiefoto van Jeffrey Epstein, 2008

In 2005 begin die polisie in Palm Beach, Florida om hom te ondersoek nadat 'n ouer beweer het dat Epstein haar 14-jarige dogter gemolesteer het. Epstein het uiteindelik skuldig gepleit en is in 2008 in 'n Florida-deelstaatshof vir die uitlokking van 'n prostituut en vir die verkryging van 'n minderjarige prostituut tot 13 maande gevangenisstraf met werkvrylating gevonnis. Federale amptenare het 36 meisies so jonk as 14 jaar geïdentifiseer wat deur Epstein gemolesteer is.

Epstein is weer eens op 6 Julie 2019 in hegtenis geneem op federale aanklagtes van sekshandel met minderjariges in Florida en New York. Hy sterf op 10 Augustus 2019 na bewering weens selfmoord in sy tronksel in Manhattan.

Daar is verskillende samesweringsteorieë rakende Epstein, waaronder: (1) dat hy nie dood is nie, maar in Israel woon en (2) dat hy in die tronk vermoor is om te verhoed dat hy skadelike inligting oor prominente persone kon openbaar.

Sien ook

Verwysings

Tags:

10 Augustus195320 Januarie2019JodeNew YorkVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SpysverteringstelselLys van elemente volgens simboolPampoentjiesReënspinnekopRuslandBasisinkomstePG du PlessisDroogteElandréDikdermSleurkragLys van nedersettings in Suid-AfrikaIerse nasionale rugbyspanRacheltjie de BeerJesus van NasaretPeniskankerBorsklierTydKunsDemokrasieSteve BikoWiskundeSean CombsBaarmoederNamakwalandSendelingposisieBybelvertalingTongKlankverskynselsPolitieke partyHartOsoonlaagAngina pectorisInligtingHottentot (vis)Europese RugbykampioenskapAswoensdag26 MaartOssewaMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaMisdaadLuiperdMaroela MediaPornografiese subgenresNierversakingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989MolotofbomTropiese sikloonGawes van die Heilige GeesOutismeSelfieGeorgiëVolumeFritz WepperEuropese UnieSteenkoolLys van Griekse mitologiese figureInternetCyril RamaphosaVoorhuidStaat PalestinaNarsistiese persoonlikheidsteuringGeslagsorgaanNuwe TestamentSkildklier🡆 More