Jean De Villiers

Jean de Villiers (gebore 24 Februarie 1981, Paarl) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Suid-Afrika se vier-en-vyftigste Springbokkaptein.

Hy het sy rugbyloopbaan as 'n vleuel begin, maar later hoofsaaklik op senter gespeel. De Villiers het lank vir die Westelike Provinsie en die Stormers en op internasionale vlak vir die Springbokke gespeel. In 2008 word hy as Suid-Afrika se speler van die jaar aangewys.

Jean de Villiers Rugbyportaal
Jean De Villiers
Volle naam Jean de Villiers
Geboortedatum 24 Februarie 1981 (1981-02-24) (43 jaar oud)
Geboorteplek Paarl, Suid-Afrika
Lengte 190 cm
Massa 100 kg
Skool Paarl Gimnasium
Universiteit Universiteit van Stellenbosch
Beroep Professionele rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Senter; vleuel
Springbokno. 735
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2009–2010
2015–2016
Munster
Leicester Tigers
23
2
(40)
(5)
korrek soos op 18 Junie 2017.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2001–2009
2011–2015
Westelike Provinsie
Westelike Provinsie
37
13
(125)
(25)
korrek soos op 31 Oktober 2017.
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
Jare Klub / span Weds (pte)
2005–2009
2011–2015
Stormers
Stormers
53
52
(90)
(50)
korrek soos op 31 Oktober 2017.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2002–2015 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 109 (135)
korrek soos op 31 Oktober 2017.
Nasionale Sewesspan
Jare Land Toernooie
2001–2002 Blitsbokke Wêreld-7'sreeks

Jeug

De Villiers matrikuleer by Paarl Gimnasium, 'n skool wat al verskeie groot rugbyspelers opgelewer het. Hy maak sy debuut op internasionale vlak vir die Suid-Afrikaanse sewes-span. Hier speel hy 'n belangrike rol in die spanne wat tweede in die Wêreld-Sewesreeks van 2001/02 en derde in die 2002-Statebondspele geëindig het. In 2002 speel hy sy eerste internasionale 15-man wedstryd in die onder-21 Rugbywêreldbeker. Tydens die toernooi druk hy vier drieë vir die Junior Bokke.

Springbok

Hy het sy eerste toets op seniorvlak op 9 November 2002 teen Frankryk in Marseille gespeel, maar doen 'n ernstige knie-besering in die eerste vyf minute van die wedstryd op. Na sy herstel speel hy 'n belangrike rol in die Bokke se "Renaissance van 2004", wat hulle 'n onverwagte oorwinning in die Drienasies-reeks daardie jaar besorg. Beide de Villiers en sy spanmaat van Paarl Gimnasium, Joubert, druk elk drie drieë tydens dié wedstryd.

Hy wen die Rugbywêreldbeker 2007 as deel van die Suid-Afrikaanse span, maar hy skeur sy biseps (bo-armspier) tydens die eerste wedstryd en het nie verder aan die toernooi deelgeneem nie. In 2009 wen hy sy tweede Drienasies-reeks saam met die Suid-Afrikaanse span. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.

Kaptein

In Junie 2012 word hy deur Heyneke Meyer as die Springbokkaptein aangewys. Sy toetsrekord as kaptein is 24 gewen, 11 verloor en twee gelykop (teen Engeland en Argentinië) uit 37 wedstryde.

Uittrede

Op 27 September 2015 kondig De Villiers sy uittrede uit internasionale rugby aan na hy weer sy kakebeen gebreek het op 26 September in 'n wedstryd teen Samoa.

Verwysings

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Johann Muller
Springbokkaptein
2012-2014
Opgevolg deur
Schalk Burger

Tags:

Jean De Villiers JeugJean De Villiers SpringbokJean De Villiers KapteinJean De Villiers UittredeJean De Villiers VerwysingsJean De Villiers Eksterne skakelsJean De Villiers1981200824 FebruariePaarlSenterSpringbokkapteinSpringbokkeStormers (Superrugbyspan)Suid-AfrikaVleuelWestelike Provinsie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Onderhandelinge om apartheid te beëindigDwelmmiddelSuurstofVoëlNelson MandelaGevolge van aardverwarming op oseaneGroot DepressieZack du PlessisDie BrielsPersentasieLemoenduifWikiMuisvoëlAborsieToekoms van die AardePoolsRobert SobukweMorfologie (taalkunde)Tobie CronjéMaatskaplike verantwoordelikheidAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSleutel (musiek)SonnestelselLys van indringerplante in Suid-AfrikaSamestellingEngelsLikkewaanStaalInvloed van vigs op die ekonomieHartversakingGoogle MapsPornhubRumatiekEwenaarTsongaNasionalismeKlem-in-die-kaakSmall HandsLabia (geslagsdele)Grondwet van Suid-AfrikaFransBosvarkLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike namePoesNatuurbewaringKoorsblaarMusiekBasterhartbeesLongontstekingBySteenkoolPoësieRefentse MorakeBayer 04 LeverkusenMenstruasieIndo-Europese taleVarkKarakteriseringVingerseksChemiese verbindingPlantBywoordVerkleinwoordDinteranthusLys van nedersettings in Suid-AfrikaMediaWikiKitaarAntoniemVlagterminologieCSSLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSpinnekopBeroerteVerkleurmannetjie🡆 More